
Godfrey Lebeya, hoof van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke) (Foto: Chantall Presence/ANA)
Die parlement se portefeuljekomitee oor polisie het lt.genl. Godfrey Lebeya, hoof van die Valke, se aankondiging dat ʼn span aangestel is om die ondersoek oor aantygings rakende staatskaping te bespoedig, verwelkom.
Francois Beukman, voorsitter van die komitee, het Sondag gesê dat dié proaktiewe stappe deur Lebeya noodsaaklik en gepas is.
“Die Valke moet die voortou neem om met georganiseerde kommersiële misdaad af te reken asook met ernstige ekonomiese strafregtelike ondersoeke. Deurslaggewend in dié verband sal wees om die kommersiële misdaadafdeling van die Valke te versterk in terme van leierskap en kritieke vaardighede,” het Beukman gesê.
Beukman het gesê die komitee neem ook kennis van Lebeye se aankondiging oor die skorsing van genl.maj. Zinhle Mnonopi ná openbaringe by die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping.
Beukman het lede van die publiek wie se regte negatief beïnvloed is deur die onwettige gedrag of onbehoorlike ondersoekwerk van die Valke, aangemoedig om ʼn klag by adjunkhoofregter Raymond Zondo te gaan lê.
Beukman het gesê die komitee sal vandeesweek vir regter Frans Kgomo na die parlement nooi om die komitee toe te spreek oor die status van klagtes wat deur sy kantoor ontvang is, asook die verwerking van die ondersoeke.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
9 Kommentare
Wat presies word beoog met die ondersoek? Gaan opgetree word teen skuldiges? Hulle gaan tog nie die skakers terugkry in Suid Afrika nie.
Hou die spasie dop.
Ag gaan dit ooit tot iets kom …zuma en travante loop nog vrylik rond en daar gebeur net mooi NIKS ! !
Check all Advocates
Shawn Abrahams het klaar die sake teen sy pelle Zuma en Guptas afgewater-hulle gaan niks oorkom nie.