Onderwys in gesprek: Skoleinfrastruktuur kwel

18 klaskamers by Hoërskool Roodepoort is ontruim. (Foto: Mia Slabbert)

Jaarliks word die onderwyskwessies in Suid-Afrika al meer kontroversieel en relevant.

Carien Bloem, koördineerder van onderwys by AfriForum en Elaine Krige, nuusredakteur van Maroela Media, gesels maandeliks oor die onderwysgebeure van dié spesifieke maand. Ons lewer kommentaar en reflekteer oor die gebeure en kry soms ook kenners in om saam met ons te gesels.

In Februarie was dit presies ʼn jaar gelede sedert die loopbrug by die Hoërskool Driehoek in Vanderbijlpark ineengestort het. Dit het die soeklig opnuut laat val op gebrekkige infrastruktuur by skole. Luister die potsending om te hoor wat skole te doen staan as die departement nie wil help nie.

Ons het ook in Februarie Moedertaaldag gevier. Alana Baily, hoof van kultuursake by AfriForum, lig vir ons tien belangrike punte uit rondom die waarde van moedertaalonderrig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Louis ·

Uitstekende inisiatief. Stadig maar seker maak Solidariteit homself ‘n onmisbare faktor in die samelewing. Dit is ware roeping wat julle dryf in dit wat julle doen en se. Die suksesse sal nie uitbly nie.

Megan Swart ·

Dagsê Spiekeries
Dit was inderdaad ‘n fout. Ons vra om verskoning. Die artikel is gewysig.
Dankie! Groetnis
Megan
nms Maroela Media

Ronel ·

My kinders se skool in Kroonstad het 2 brue wat toe is sedert die ramp by Driehoek. WOnder hoe lank di tdie Vrystaatse departement gaan neem om hier iets te doen.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.