Onderwysamptenaar in oprit doodgeskiet

Siza Mbhalati (Foto: Verskaf)

Siza Mbhalati (52), ʼn onderwysspesialis van Johannesburg, is Donderdag by sy huis in Protea Glen, Soweto, doodgeskiet.

Matome Chiloane, LUR vir onderwys in Gauteng, sê inligting tot hul beskikking dui daarop dat Mbhalati ná werk deur onbekende verdagtes huis toe agtervolg is, waarna hulle hom in sy oprit doodgeskiet het.

Mbhalati is ongeveer agt keer geskiet en was steeds in sy voertuig met paramedici se aankoms op die toneel.

Die oorledene het vir die Gautengse departement van onderwys se arbeidsverhoudinge-eenheid in Johannesburg-Suid gewerk en was verantwoordelik vir die fasilitering van arbeidsverwante dispute by skole in die distrik.

“Ons is hartseer oor die ontydige heengaan van een van ons toegewyde staatsamptenare wat die departement met eer en waardigheid gedien het,” sê Chiloane.

“Ek wil graag ons innige meegevoel namens die departement met sy familie en geliefdes betuig.

“In dieselfde asem veroordeel ons hierdie vlak van wetteloosheid en doen ʼn beroep vir die spoedige aankeer van hierdie brutale misdadigers,” sê Chiloane.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Aai ·

Die wat weet van misdaad word vermoor die wat skuldig maak aan misdaad floreer.

Charles ·

Jy weet dat die engelse geweet het dat n “conscience” teen iemand gaan werk in hierdie wêreld. Ongelukkig het van ons n gewete wat teen ons werk . LW: Con – Science. n “Fake Wetenskap”

Rocco ·

RIV. Ramaphosa, jy en Bheki Cele het bloed op jul hande. Julle twee, laat die burgers van Suid Afrika in steek. Nog ‘n familie in rou gedompel, nog ‘n belastingbetaler vermoor, nog ‘n opvoedkundige minder, waarvan die land baie nodig het. Te veel, is te veel

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.