Onderwysspesialis gevonnis vir verkragting

(Argieffoto)

ʼn Onderwysspesialis verbonde aan die Oos-Kaapse departement van onderwys is tien jaar tronkstraf opgelê vir die verkragting van ʼn 18-jarige meisie.

Mkhuseli Xamleko het die meisie in Februarie verlede jaar verkrag. Hy is gister in die Grahamstad-streekhof skuldig bevind en vandag gevonnis.

Anelisa Ngcakani, woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) in die Oos-Kaap, het gesê Xamleko was op 11 Februarie by ʼn vriend se huis in Grahamstad toe die meisie verby die huis gestap het. Sy het ʼn groep vriende by die huis gegroet en Xamleko het haar ʼn saamrygeleentheid huis toe aangebied omdat dit in daardie stadium reeds donker was.

Sy het ingestem en saam met hom gery.

Die twee het eers stilgehou om kos te koop.

“Xamleko het aan die meisie gesê hy wil gou by sy woonstel in Grahamstad stilhou om die ligte aan te skakel en het haar verseker dat hy haar daarna dadelik huis toe sou neem,” het Ngcakani gesê.

“Nadat hulle daar aankom, het hy die ligte aangeskakel en die deur gesluit. Hy het seks by haar geëis en nadat sy haar teëgesit het, het hy haar met ʼn ysterstaaf gedreig en verkrag.”

Xamleko is die volgende dag reeds in hegtenis geneem.

Die vonnis van tien jaar is in ooreenstemming met die voorgeskrewe minimum vir verkragters wat die eerste keer skuldig bevind word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Cherokee ·

‘Die vonnis van tien jaar is in ooreenstemming met die voorgeskrewe minimum vir verkragters wat die eerste keer skuldig bevind word.’
Tydens die vorige bestel, toe witmense die land regeer het, sou die vonnis die galg gewees het.

Flip ·

Ek stem saam Cherokee en hoekom in die minimum vonnis en nie maksimum vonnis nie?

Keelvol ·

Ek het n beter voorstel vir n vonnis….. maar almal huil mos oor menseregte die heeltyd.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.