Ongeluk eis Mundolene Vosloo se broer

Marnuwico Vosloo is blykbaar op slag dood. Foto: Facebook

Twee jaar nadat die tiener Mundolene Vosloo in Mauritius dood is, het haar broer Marnuwico Vosloo (14) in ʼn ongeluk met sy veldfiets gesterf toe hy blykbaar op Margate in ʼn boom vasgejaag het.

Kol. Thandeka Mbele, KwaZulu-Natalse polisiewoordvoerder, het Sondagaand bevestig dat ʼn seun in ʼn ongeluk aan die Suidkus gesterf het en dat die polisie van Margate ʼn saak van strafbare manslag ondersoek.

Luidens berigte was Vosloo saam met sy au pair toe die ongeluk gebeur het. Marnuwico is die seun van Marietjie Vosloo. Sy pa, Mike, wat oorsee werk, was blykbaar juis op pad terug na Suid-Afrika.

Mundolene Vosloo (17) is in Oktober 2016 in die Hotel Riu Creole in Le Morne dood. Sy was saam met haar pa, stiefma Marietjie en twee broers met vakansie.

Sy het die aand inmekaargesak en ʼn dokter by die hotel het haar ondersoek voordat sy dood verklaar is. Die polisie was kort hierna op die toneel en dit het glo aan die lig gekom dat Mundolene en haar stiefma in ʼn rusie betrokke was. Vosloo het haar na bewering geslaan en sy is in hegtenis geneem.

In April vanjaar is Marietjie Vosloo vrygelaat ná ʼn jaar en ʼn half in ʼn gevangenis in Mauritius.

Landdros Navina Parsuramen het Vosloo op 2 April tot 15 maande tronkstraf gevonnis. Vosloo is egter oomblikke ná die vonnisoplegging vrygelaat aangesien sy reeds 532 dae in die tronk deurgebring het.

Die nuuswebwerf lexpress.mu berig dié vonnis het as ʼn verligting vir Vosloo en haar regspan gekom aangesien sy tot 60 jaar in die tronk sou kon deurbring.

Dié vonnis kom nadat Parsuramen Vosloo op 28 Maart skuldig bevind het aan aanranding. Parsuramen het in sy uitspraak gesê hy is nié oortuig dat Vosloo skuldig is aan ʼn ernstiger aanklag van aanranding met die doel om te moor nie.

Hy het gesê hoewel dit volgens die nadoodse ondersoek duidelik is dat Mundolene wel geslaan is, is daar nie bewyse dat Vosloo besef het dat Mundolene sou sterf of dat sy die bedoeling gehad het om haar te vermoor nie.

Klik hier om Maroela Media se beriggewing oor Mundolene Vosloo en dood en haar stiefma se verhoor te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Wenz ·

Dit is so so hartseer. 2 kinders is 2 jaar. My hart gaan uit na julle.

Skerpioen ·

Dis bitter hartseer nuus. Ek is in trane. Baie sterkte aan sy ouers…

Annelize ·

Dit is standaard prosedure waar iemand dood is weens ‘n ongeluk of wees ‘n frats gebeurtenis, en waar geen vuil spel of opset om te dood, vermoed word nie.

Patty ·

Ek stem 100% saam. Die berig gaan oor die seun nie wat destyd gebeur het nie. Bly tragies om 2 kinders te verloor.

Linda ·

Hierdie was Marietjie se enigste kind saam met Mike Vosloo. Mike het hierdie kind van Marietjie n bietjie vervreem…nou dit. Dis bitter moeilik. Marietjie wees sterk asb.

Lientjie ·

Haar man het nie haar kind van haar vervreem nie SY WAS IN DIE TRONK GEWEES!

Maraai ·

En vandat sy uit is mag sy hom net 1 keer gesien het. Noem jy dit nie vervreem nie ???

Linda ·

Marietjie, jy is deur soooo baie trauma, die gedagte aan jou seuntjie, het jou aan die lewe gehou in die tronk in Mauritius. Ek het nie woorde nie !!!

pikkewyn ·

marietjie ek kan net vir jou bid. jy is deur diep waters en nou dit. sterte meisiekind xxx

marieta ·

mike het blykbaar haar en die kind uitmekaar gehou…..wou haar seker straf…..al was sy nie verantwoordelik vir die ‘moeilike moedswillige kind’ se dood nie…

PIPPIE LANGKOUS ·

Seun het by hom in Margate gebly, Au Pair gekry om na kind te kyk terwyl hy in buiteland werk. Hy het seun half en half van Marietjie weggehou…

VanAfrika ·

Marieta, sy was skuldig bevind, lykskouings vertel meer as wat jy dink. Hoekom aan n ander vrou se kind slaan? As sy stout was, moes sy dit met die ouers adresseer instede van om te dink sy kon n beter ma wees en pak slae uit deel soos sy wou. My kinders hou alleen saam hul pa vakansie en die ander vrou gaan glad nie saam nie. Dis sy tyd saam met sy kinders en so hoort dit. As sy die ander vrou in my eks se lewe wil wees na sy my gesin en huwelik opgebreek het, moet sy kry, sy hoort nie in my kinders se teenwoordigheid nie en nog minder is sy hulle ma en nog minder sal sy n hand lig vir hulle.

Cheryl ·

Baie sterkte aan hierdie gesin wat al so baie deurgemaak het, my hart breek vir julle

Maraai ·

So bitter jammer om dit te verneem Marietjie en Mike … Marietjie Ek bid vir jou deur hierdie moeilike tyd … jy het jou kind soos ek gestaan legs Een keer gesien nadat jy terug is in S.A. Jy het nou nog meer om te verwerk. Ek bid dat God jou sal toevou in Sy arms van Liefde en vertroosting baie sterkte vir jou

Onnie ·

Hierdie was nie marietjie se seun nie maar mike se seun uit sy vorige huwelik dus mundolene se regte boetie. Dis vreeslik tragies DAT albei mike en mariska se kinders so jonk en tragies van hulle weggeruk is. Ek sou mal geword het. Mag julle eendag vrede vind

Skerpioen ·

Miguele was sy ander seun uit sy 1ste huwelik… Marnuwico was Mike se jongste kind saam met Marietjie.

Wonder ·

Volgens huisgenoot en Marietjie se fb blad is dit haar eie seun. Mmmmm

Wonder net ·

Hoekom Marietjie se storie vertel as die berig lees van die seuntjie se ongeluk? Hoekom word saak van manslag ondersoek? Wat het gelei na die ongeluk? Dis bitter hartseer, sterkte aan die familie en naas bestaandes. Die ongelooflik hartseer!!!!

DS ·

Dit staan duidelik in die berig dat hy is die seun van Marietjie Vosloo?

marieta ·

Baie jammer aan Marietjie en Mike met die dood van julle seun…. ek vind dit net verbaas dat genoem word dis Mandolene se broer…. ek sou eerder se die ouers behoort genoem te word met die dood en dat dit Mike se 2de kind is…. ek is baie jammer vir die ouers….maar wanner gaan ouers leer dat jong kinders waaghalsig is en nie regtig op kragtige fietse hoort nie…. maar dit sal seker nooit gebeur nie…. dis nie n paadjie vir sissie om te loop sonder jou kind nie….sterkte aan al die geliefdes …. dis jammer sy ma en hy was hulle laaste tyd wat hulle saam kon wees misgun….. ek is doodseker sy was geen bedreiging vir hom nie….

nannie ·

Sal julle nou op hou stry oor wie se kind dit is. Die ouers het n kind verloor. Sterkte aan die ouers mag julle vertroosting vind in hierdie tyd van rou en seer.

Ook Ma ·

Ek stem saam sy was beslis geen bedreiging vir hom nie; inteendeel, sy sou eerder met moederlike instink en vroulike aanvoeling bietjie kon keer vir te veel, te vinnig. Enige sport met spoed is gevaarlik. Ja, en verlore tyd kan nie omgekeer word nie. Meegevoel met julle Marietjie, Mike en die ander broer.

Linda ·

Mike Vosloo het nog EEN SEUN, MIGUELE wat leef en in Springs by sy ma bly !

Regtig ·

Innige meegevoel met albei ouers. Vir die res alleenlik God het die reg om te “judge”. En dan Marieta al is ‘n tiener “moeilik” of “moedswillig” verdien hulle nie om so hard geklap/geslaan te word dat hulle sterf nie. En almal se opinies en verwyte help nie die situasie nie. Dit maak niks ongedaan nie. Dit is iets wat Mike & Marietjie moet uitwerk. Ons almal hanteer verlies anders, kom tot op ‘n plek van vergifnis wanneer die tyd reg is.

'n Ma ·

Sensasie? ‘n Kind is tragies oorlede, en dan word die hele Marietjie en Mundolene saga met ‘n skakel na al die vorige artikels oorheersend ingewerk.
Is die vrou nie al genoeg gestraf nie, moet daar in elke berig na haar verlede verwys word? Ek glo sy betaal genoeg vir haar fout.

Janice ·

Mike het GEEN kind van niemand gehou nie!…….Hy is een van die goeie pappa’s wat sy kinders in sy hande gedra het! En hulle, hulle eie keuses laat maak waar hulle wil wees of vir wie hulle wil sien!
Kom ons hou op verwyte gooi en dinge sê wat ons nie eers weet nie!
Hierdie is n hartseer wat geen ouer moet oorkom nie!!

lynette ·

Geen ouer moet ‘n kind begrawe nie, wat te sê nog van twee. Baie baie sterkte aan die ouers, julle is in ons gebede!

Jacky ·

Dit bly hartseer, dit is ‘n ma wat haar eenigste kind verloor het. Op die statium van die geveg kan NIKS van die verlede in die selfde bootjie geplaas word nie, hierdie is ouers wat hul kind verloor het. Net soos Marietjie het haar man nou nog ‘n kind verloor. Ons moet vir hulle bid, nie uitmekaar skeur nie. Ek het nog nie ‘n kind verloor nie, weet nie waardeur hulle gaan nie, maar ek kan my indink dat al die kommentaar dit nie makliker gaan maak nie. En nee die Here het nie hier vir Marietjie gestraf nie!

Elize Nicholas ·

Tragies, tragies, ontsettend tragies. Daar bly 2 ouers betrokke,oumas, oupas, stief-broer, maatjies. Kom ons dink aan hulle almal.

Lizelle Gibson ·

Wat is tragedies. Nou weet Marietjie hoe dt voel om n biologiese kind aan di dood af te staan. Ek is seker sy ht ook verwyte teen oor di Au Pair. Baie sterkte aan albei ouers

Lizelle Gibson ·

Skies, wou tik ‘Wat n tragedie’ – spel correct.

LOUISA ·

Ai mense jul ken nie eers hierdie mense persoonlik nie nou gooi julle klippe, en sty oor die omstandighede…. dit het in elk geval niks met niemand te doen nie….Sterkte aan die ouers!!

What ·

Drie paragrafies oor die kind wat oorlede is en die res van die berig gaan oor die sussie wat dood is. Rus in vrede seun.

Marietjie ·

Mense mense asb niemand ken ons verlede en wat in ons huis gebeur het nie. Mike het my nie van my kind gehou nie in teen deel hy het my petrol geld gegee om vir my/ons kind te kom kuier ek het hom meer as een keer gesien vandat ek terug is in SA. Ek het weg getrek sodat die media weg is van my kind sodat hy nie deur kinders kan geboelie word nie. Ek het aan sy lewe gedink om hom te beskerm. Niemand het my weg gehou van my kind nie. Dit was n gesonde belsuit van n ma wat lief is vir haar kind en tot die beste van sy vermoe wou optree. Mike het my nog nooit weg gehou van my kind nie om die waarheid te se hy het die 2 jaar my elke dag ondersteun en bygestaan en hy doen nog steeds. Hoekom oordeel oor ander se hardseer en wat in hulle lewe aangaan. Het mense niks anders om te doen om hulle te verlekker om nonsens en slegte dinge oor mense te se wat hulle van geen kant af ken nie. Net die Here kan oordeel want net Hy ken elke mens inside out. Los die oordeel en straf in Sy hande.

Marietjie ·

Mense asb. Mike het nie my kind van my weg gehou nie. Ekt die besluit geneem om vir eers weg te trek van hom omdat die media so op my was. Ek wou hom beskerm teen boelies en die media. Dis n besluit watnek as ma gevat het omdat ek hom so lief het en net wou beskerm. Mike ondersteun my van die eerste tragedie van sy dogter nog elke dag hy is daar my. Niemand van julle weet al die hoekoms en waaroms nie maar oordeel wil julle oordeel. Niemand anders as God kan ons oordeel nie Hy is die enigste Een wat ons inside out ken. Dis so hartseer om te sien dat daar mense is wat hulle so verlustig in ander se pyn en hartseer. Mag liewe Jesus julle vergewe vir wat julle doen want julle besef nie wat julle doen nie. Ek dra julle in my gebede op.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.