Ongeluk eis twee vroue; geliefde hond soek

Bennie van der Merwe en Jessie. (Foto: Verskaf)

’n Man van Boksburg is rasend van bekommernis nadat sy hond Jessie weggehardloop het toe die familie Vrydag in ’n motorongeluk naby Winburg in die Vrystaat betrokke was. Sy vrou en skoonma het in die ongeluk omgekom.

Bennie van der Merwe (51), sy vrou, Aletta (47), en sy skoonma, Elsie van Straaten (77), was saam met hul drie honde op pad na die familieplaas in die Colesberg-omgewing toe hulle op die N1 teen ’n vragmotor wat sy vrag verloor het, gebots het. Die bestuurder het beheer oor die motor verloor en die voertuig het gerol.

Die ongeluk het by die Virginia-aansluiting sowat 20 km buite Winburg plaasgevind.

Aletta van der Merwe (Foto: Verskaf)

Roline Labuschagne, Bennie se suster, sê aan Maroela Media die egpaar se worshond is in die ongeluk dood, terwyl hul schnauzer en die geliefde Jessie, ’n optelhond, van die toneel weggehardloop het. Die schnauzer is sedertdien in die veld gevind.

Labuschagne sê Jessie en haar oubaas het ’n baie noue band. “Dit sal vir my broer baie beteken. Dit was swaar vir hom om haar daar te los en terug te gaan Boksburg toe,” vertel ’n emosionele Labuschagne.

Die familie doen ’n beroep op Vrystaters in die omgewing om op die uitkyk vir Jessie te wees. ’n Beloning van R5 000 is uitgeloof vir die persoon wat Jessie veilig aan haar eienaar kan terugbesorg.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

katerinadiekat ·

Ai dis vreeslik..hoop van harte Jessie word veilig gevind. My innige meegevoel aan die familie van die oorlede dames.

Lulutjie ·

Baie sterkte en gebede aan die familie. Dit is regtig hartseer. Ek hoop Jessie word gou gevind.

Leonie ·

Nou net gehoor Jessie is vanoggend gevind deur ‘n vrou langs die pad. Beste nuus ooit!

Destarte ·

Ek wonder hoe lank voor die onskuldige mense in die vrag vasgery het die vragmotor gerol. Die rede hoekom ek vra is, ek het dit al baie gesien, dan sit n stilstaande voertuig sy nood driehoek iets soos 5m agter sy voertuig. Dit help absoluut niks. Die driehoek moet iets soos 45m van die probleem af staan sodat aankomende voertuie betyds gewaarsku kan word. Hierdie is regtig vir my n baie hartseer en onnodige voorval. My innige meegevoel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.