Ongeluk eis vier op Moloto-pad

(Foto: SA Polisie)

Die polisie ondersoek ʼn saak van strafbare manslag nadat vier mense dood is ʼn kop-aan-kop-botsing in Limpopo.

Die ongeluk het Saterdag 17:30 op die Moloto-pad by die Rust de Winter-kruising plaasgevind. Volgens polisie het die bestuurder van ʼn wit Opel Monza met vier insittendes deur ʼn stopteken gery sonder om te stop en reg van voor met ʼn bus gebots.

“Die vier insittendes van die Opel is op slag dood. Die bestuurder en die passasiers in die bus het niks oorgekom nie,” sê brig. Motlafela Mojapelo, polisiewoordvoerder van Limpopo.

Die bus was na wat verneem word op pad van Hammanskraal en die Opel in die teenoorgestelde rigting op pad van Moloto.

Dié pad van Gauteng na Limpopo is berug vir die groot aantal ongelukke wat jaarliks hier plaasvind. Mojapelo sê die slagoffers moet nog geïdentifiseer word. “Die polisieondersoek duur voort.”

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

koos10 ·

Hoeveel jaar terug is al belowe dat die pad oor gebou gaan word en dat treine weer tussen Moloto en Pretoria gaan loop?

Michael 1 ·

Dit het niks met die pad te doen nie dit is die bestuurders van voertuie wat die probleem is op die moloto pad wat hulle aan geen reëls steur nie

DieKriek ·

Ek ry vier dae n week omtrent 40 km na Pretoria en 40 km terug op die Molotopad. Doen dit al vir 18 jaar. Daar is weining fout met die pad maar die padgebruikers se verontagsaming van verkeersreëls is afgryslik. Dit is n wonderwerk dat daar nie baie meer “ongelukke” is nie.

Party mense kruie voort teen n slakkepas en veroorsaak baie frustrasie en veral busse ry langs mekaar op die dubbel gedeeltes wat verhoed dat mense verby kan kom. Dan is daar die jaagduiwels wat geen respek het vir aankomende verkeer nie.

Totdat daar opgetree word teen die gewoonte misdadigers, in plaas van om die sagte teikens te beboet, sal die Molotopad bekend bly as die pad van die dood. Hulle kan dit maar 6 bane in elke rigting maak, dit sal niks help nie want mense doen net wat hulle wil, met min gevolge.

JohanR ·

Ja nee Porseleintjie. Weet nie wie hulle in die geval hof toe gaan vat nie!

Magda ·

mmmm – Drank dalk, maar wees verseker dat Sigarette nie dit sou veroorsaak het as dit DRANK was nie. Sterkte aan die Familie van al die oorledenes

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.