Onmiddellike optrede nodig om aanvalle op vragmotors te keer

Een van die vragmotors wat in Mpumalanga aan die brand gesteek is. (Foto: SA Polisie)

Die vlaag aanvalle op vragmotors en vragmotorbestuurders in Suid-Afrika is nie ’n nuwe verskynsel nie en kom al oor jare. Dit was ook die voorloper vir die onrus in 2021 in KwaZulu-Natal.

“Volgens adjunkpres. Paul Mashatile en die minister van polisie, Bheki Cele, weet die intelligensiedienste wie agter die aanvalle skuil. Dit laat die vraag ontstaan waarom daar nie onmiddellik opgetree word nie,” sê dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus.

“Die indruk word sodoende geskep dat die betrokkenes moontlik verbintenisse het met persone in hoë posisies en dat polisie-optrede hulle sal ontbloot.”

Groenewald meen pres. Cyril Ramaphosa was vinning om te sê dat die aanvalle niks anders as ekonomiese sabotasie is nie. “Dit is baie ernstig en sou sekerlik die strengste optrede vereis. Soos gewoonlik sê die president die regte goed, maar die optrede ontbreek. Ek sê deurentyd in my toesprake in die parlement dat straffeloosheid een van die groot redes is waarom misdaad in Suid-Afrika buite beheer is.”

Volgens Groenewald volg die huidige situasie dieselfde onrusbarende patroon as met die uitgebreide onrus in KwaZulu-Natal in 2021 wat ook begin het met aanvalle op vragmotors.

“Minister Cele sê hy weet wie die persone agter die aanvalle is. Die VF Plus eis daarom dat daar onmiddellik opgetree word voordat die situasie totaal buite beheer raak.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Johan Tredoux ·

Onmiddelike optrede? Dan? Toe Toe Toe!! Klim dan van julle rusbanke af en spring. Moet nou nie net praat nie, hoor? Ek wil nie een keer weer lees van hierdie dinge nie. Ek watch julle, ANC! Ek watch julle…

HPJ ·

Wat jy weet en wat jy in n hof kan bewys is nie altyd dieselfde ding nie Ek dog politikuste weet alles maar hier bewys almal van hulle se die regte goed maar weet dit is nie uitvoerbaar nie

GWS ·

Ek stem met Groenewald saam, iets moet onmiddelik gedoen word en dringend!!!

Manie ·

As ek my nie misgis nie, het Cele direk na die eerste aanval gesê dat dit gewone kriminele dade is, nou sing die oukie ‘n ander deuntjie en is daar ewe skielik woerts warts 12 persone van belang wat die aanvalle beplan.

SomeOne ·

“Minister Cele sê hy weet wie die persone agter die aanvalle is”, maar kan hul nie gevang kry nie, lol

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.