Brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het gesê Elphas Ndlovu is tot lewenslange tronkstraf gevonnis nadat hy verlede week aan verkragting skuldig bevind is.
“Die saak spruit uit ʼn voorval wat in 2001 plaasgevind het,” het Hlathi gesê. “ʼn 15-jarige leerling by ʼn skool in Piet Retief was swanger nadat Ndlovu haar verkrag het. Hy het onderneem om die gesin finansieel te vergoed, maar hy het daarna verdwyn. Die gesin het die saak in Februarie 2002 by die polisie aangemeld.”
Ndlovu is uiteindelik aangekeer en skuldig bevind.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
9 Kommentare
Mag sy naels in vishoeke varander en sy dinges vir ewig jeuk
Hoekom het dit so lank geneem om die skuimbol agter tralies te kry? Die dogter en haar familie is ook vir meer as 14 gestraf voordat reg geskied het.
Dit is hoe pedofiele te werk gaan. Baie uitgeslape om hulle slagoffers sorgvuldig te kies. En dit is nie altyd mense in gesagsposisies nie. Ouers moet wakker wees want hulle is oral op die uitkyk vir prooi
skielik weer Piet Retiefnie Mkondo nie. was Mkondo nie altyd n plaas op die Piet Retief /Volksrust pad nie?
Soooo dankbaar die uitvaagsel is gevang en goed gestraf, aan die meisie en ouers, mag daar nou vir jul vrede kom!