Onnie vas vir statutêre verkragting

(Foto: SA Polisie)

Die Volkskool Orania gee sy volle samewerking aan die polisie ná ʼn leerlingonderwyser van dié skool van statutêre verkragting aangekla is.

Carel Boshoff, die skool se direksievoorsitter, het gesê die skoolhoof, Anja Boshoff, is op 16 September ingelig dat ʼn onderwyser aan die skool moontlik seks met ʼn minderjarige leerder gehad het, nadat lede van die polisie se kinderbeskermingseenheid die skool as deel van hul ondersoek besoek het. Die betrokke onderwyser was in dié stadium nie in die dorp nie, maar in Johannesburg waar hy besig was om ʼn praktiese gedeelte van sy studies te voltooi. Die skool se bestuurskomitee en uitvoerende komitee het die kwessie bespreek en die onderwyser is met sy terugkeer na die dorp, op 21 September, skriftelik in kennis gestel dat hy nie die skoolterrein mag betree nie en ook geen kontak met leerders mag hê nie.

Hy is die daaropvolgende Maandag in hegtenis geneem op aanklag van statutêre verkragting en het die volgende dag in die distrikshof op Hopetown verskyn.

“Hoewel die polisielede om omsigtigheidsredes en vanweë die verreikende gevolge wat dit mag inhou so min as moontlik inligting bekendgemaak het, het dit geblyk dat die polisie (?) ook ander persele besoek het.Die ondersoek hou nie met enige van die skool se werking of bedrywighede, óf met aktiwiteite tydens skoolure of georganiseerde skoolbedrywighede na-ure nie,” het Boshoff in ʼn verklaring gesê.

Boshoff sê die skool het ook aan die onderwyser gekommunikeer dat mens regtens nie aan ’n misdryf skuldig is alvorens jy nie skuldig bevind is nie, maar dat die skool enige verbandhoudende risiko moet vermy. “Hy sou dus nie sy voordele verbeur tot tyd en wyl daar besonderhede aan die lig kom wat die saak in een of ander rigting stuur nie.”

Borgtog van R5 000 is toegestaan en die saak teen die onderwyser is uitgestel. Hy het nog nie op die aanklag teen hom gepleit nie en om dié rede word sy naam weerhou.

“Ons wil beklemtoon dat Orania se gemeenskapsinstellings en Volkskool in besonder uit eie beweging en so vinnig en ondubbelsinnig as moontlik op die saak gereageer het en alle moontlike bystand aan die ondersoek verleen,” het Boshoff gesê.

Maroela Media het ʼn navraag aan die polisie oor die ondersoek gerig en wag op terugvoer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

53 Kommentare

@PJ ·

Jy is reg, en dit is ‘n goor klad op ons volk. Presies wat sekere andere wil hoor.

Gollie ·

Is jou volk dan so heilig,sover ek weet is niemand heilig nie .

Liefde ·

PJ, in die nuwe suid afrika steek hulle mekaar sommer dood in die klas , soms met n sker!

Pudini ·

Die vrou in my lewe is 10 jaar jonger as ek. Met ander woorde, indien ek haar sou ontmoet het toe ek 24 was, sou sy 14 gewees het.
Ek onthou ‘n geval van ‘n man wat skuldig bevind was op ‘n soortgelyke klag. Jare later het hy nie ‘n sekere bestuurs pos gekry nie weens die feit dat hy ‘n kriminele rekord het. Die ironie was dat hy en die meisie (wat nie eers die klag gelê het nie) op daardie stadium al reeds vir ‘n geruime tyd getroud was en al kinders gehad het.

Hoe nou? ·

Saam met my in 1977 (Std8) was daar ‘n meisie wat ‘n verhouding met die nuwe jong leerling onderwyser begin het. Die ou tannies het behoorlik na hulle Vicks gegryp oor die verskriklike “skande”. Na al die geruk en gepluk het sy gematrikuleer in 1979 en hy was toe klaar geswot. Hulle is vroeg in 1980 getroud en ek het die voorreg gehad om laasjaar hulle weer raak te loop by ‘n reünie. Nog steeds gelukkig getroud, 4 kinders en 9 kleinkinders. Die meeste van die verguisers is reeds al oorlede en nie een het ooit gesien hoe hierdie huwelik “gedoem” was nie.

Stem saam ·

Dit was my eerste indruk van die berig. Dalk is die twee verlief maar die ouers laat dit nie toe. Dalk is die meisie 17 jaar oud. Kom ons kyk maar eers voor ons die arme leerling onderwyser kruisig.

Baardman ·

Dis waar ek weet ook van gevalle waar hulle onder die leerders gevry,maar dit hang seker maar van die leerling af,dit was seker nie geforseer nie,sy het moontlik die grootse aandeel daar aan (sy was game) seker maar die ouers wat saak maak

Be fair ·

Lees mooi: Dis ‘n leerling onderwyser – d.w.s. heel waarskynlik 22/23, so nog kind. En, dis statutêre verkragting, so omgang met ‘n minderjarige. En dit het in JHB gebeur, so nie onwaarskynlik dat hy iemand by ‘n klub ontmoet het nie. Het julle al gesien hoe volwasse vandag se 15/16 jariges lyk? Dis nie te sê hy het haar presiese ouderdom geweet nie… Dit gaan hier oor die ouderdom, niks sê dat hy enige iets geforseer of sonder “consent” gedoen het nie. Laat die ondersoek eers sy verloop neem. Ek praat dit nie goed nie, maar moenie oordeel voor al die besonderhede bekend is nie.

Liza ·

Lees weer mooi: Minderjarige leerder…. en hy was in Jhb toe die skool ingelig is, die daad het nie in Jhb gebeur nie…

Sêmarnet ·

Hoe weet julle hoe oud is die student en die ander party? Statutêre verkragting beteken nie dat die meisie verkrag is nie, maar dat hy met ‘n minderjarige omgang gehag het. Sy dalk net 2 of 3 jaar jonger as hy byvoorbeeld. Hy kan dalk 19 wees as hy ‘n leerlingstudent is.

SêMaarNetEen ·

Jong mense word soms op onderwysers verlief. Maar dit is die onderwyser se plig om dit professioneel te hou. Hy is immers die volwassene en die gesaghebber en moet so optree. As sy die moeite werd was kon hy wag. Hy het geweet hy handel verkeerd. En in elk geval lewe mense te losbandig onder die dekmantel van seksuele vryheid.

CHAPPIES ·

Oooo…. liewe aarde tog!!! Ons dog nounet die liewe Orania is onaantasbaar en verhewe, BO die res, vani siekes, in nuwe Sa!!!

KEELVOL VIR PEDOFIELE ·

Eks keelvol om te hoor hoe volwassenes kinders se onskuldigheid uitbyt

Francois le Cochon ·

Ons ken nie die feite nie. Miskien het die minderjarige die onderwyser uitgebuit.

Leon ·

Hokaai, hier is meer op die spel.
Een van die volgende het moontlik hier gebeur.
Juffrou wou onder pa se behher uitkom en het haar, soos die meeste meisies deesdae, soos ‘n 20 jarige opgemmak en aangetrek en meneer het van niks geweet nie.
Juffrou het haarself opgetof soos ‘n 20 jarige en hom verlei.
Hy het nie besef sy is nie 20 nie.
Sy het hom verlei en gedink hulle kan saam in die sonondergang verdwyn en hy het toe nie geval daarvoor nie en sy is nou kwaad.
Ek sal wed dat hy was definitief nie die eerste een nie. As sy vir hom geval het is sy ‘n meisie met baie ondervinding tussen die alkens. Sy is net kwaad want hy wil haar nie nou hê nie.

Se maar net ·

Jy sit die bal heeltemal verkeerd. Hy is n onderwys student by die skool waar die meisie skool gaan natuurlik weet hy wat haar ouderdom is. Moet nie asb verskonings soek en alles op n vrou of meisie plaas nie, miskien is die man die keer verkeerd?

Onnie ·

Jy is reg, Francois. Ek is ook ‘n onnie en kinders is glad nie meer so “onskuldig” nie… al van ‘n baie jong ouderdom af.

Hannetjie ·

Wat ookal gebeur het..sal uitkom in die hofsaak…en…mense verkeer onder die verkeerde indruk as hul dink dat dit engele is wat in Orania woon.Gewone mense, soos in enige ander Provinsie of plek in die land

Paaries ·

Saai die Waatlemoen! Julle almal wat so kerm oor statutere verkragting loop maar so bietjie terug in die geskiedenis. Gaan kyk maar hoe kinders van tot so jonk as 14 getrou het toe ons die land bevolk het. Dink julle dit was oor hulle wou? Dis oor hulle moes man! Geile volkie die klomp van ons.

Ryno ·

Hoe bewys jy statutêre verkragting? Dis sy woord teen haar woord. En sy sou mos nie onmiddelik na die “misdaad” hospitaal toe gegaan het vir toetse nie? Soos met regte verkragting.

Pietie ·

Kom ons los die klip gooi eers.

Een van RSA se bekendste sangeresse, indien nie die bekendste nie het ook op skool met ‘n onderwyser gekafoefel. Hul is skynbaar gelukkig getroud. Die ou was nie ‘n pedofiel nie en ek glo nie dat sy ‘n tert was nie.
Liefde gebeur en soms end dit met hartseer en ander kere goed, soos ook in “Hoe nou” se geval hierbo.

Jakes ·

N saak het 2 kante. As die onderwyser die kind misbruik het moet hy sy straf doen. Deesdae is dit nie vreemd dat laerskool dogters swanger raak nie. So sommige sekondere meisies is van vroeg af seksueel aktief.

Jakkie ·

Jip, ek wou ook nogal na daardie bekende sangeres verwys. Dit is algemeen bekend en hulle is kort nadat sy skool verlaat het, getroud.

tw ·

My geskiedenis onderwyser in 1981 was self met n skooldogter deurmekaar. sy was n pragtige welopgevoede volwasse meisie. hulle was nadat sy gematrikuleer het getroud en was ook so vir jare totdat sy hom aan die dood moes afstaan. Moet nie net sommer klippe optel en gooi voordat julle nie die feite ken nie.

SangVogel ·

Was die huidige vroutjie van ‘n bekende getroude Afrikaanse sanger nie nog op skool toe hulle in die geheim ‘n affair gehad het nie? Was die meeste suurknolle hier nie ook maar lekker stout toe hulle al in std 6 / graad 8 was nie?

JohanR ·

Ja nee, se nie dit is reg of verkeerd nie, maar self in my Hoer Skool was daar ‘n jong onderwyser(seker soe 23), en leerling oor 18 in ‘n verhouding. Hulle is toe getroud nadat sy matriek geskryf het (was nie swanger), en sover ek nog na die tyd kon tred hou was hulle gelukkig getroud. As die meisie in Orania 13 of 14 was, dan is die ou in die groot moelikheid!

Deurmekaar ·

Ok…. So hulle was “stout”.. In dieselfde land wat sê dis aanvaarbaar vir kinders van 12 jaar oud om gemeenskap te hê solank albei toestemming daarvoor gee. Maar omdat hy leer vir onderwyser, is dit erger?! (Ek verstaan hy moes verantwoordelik opgetree het) Ek weet van n onderwyser wat met opset verlei is deur n 16 jarige meisie, omdat dit n uitdaging tussen haar en haar vriendinne was… Onnie word gevonnis, en meisie word gestuur vir berading… What in the world?!

SjN ·

Omstandighede speel dalk n rol, ek sê/vra hoekom nou eers en nie dadelik gerapporteer nie, het sy dalk iets teen hom, hoop waarheid seëvier.

Sanni ·

Dis ni hier of dt di seun of di dogter se skuld is ni. It takes 2 to tango My ma altyd gese di vrou moet kop hou want di man ht syne lankal verloor nog voor di daad

schaun ·

As ons n onafhanklike staat gehad het sou die saak deur regte polisie ondersoek word en sou die die persoon n regverdige vehoor gehad het en sou hy skuldig bevind word sou hy harde arbeid in n regte tronk gedoen het en sou dit n afskrik middel gewees het vir ander om twee keer te dink voor hulle hul sou skuldig maak aan n soortgelyke misdaad.

Ouer ·

Jinne! Die mense steek mekaar darm vandag by skole! En dit is nie altyd met skêre en messe nie!

Poenanie ·

Lyfstraf is mos taboe. Lekker gewiks en nou is die onnie in die moeilikheid daaroor. Hehehe…

Pof ·

Ek is verstom om te sien hoe mense hier verskonings maak vir ‘n jong man (wat beplan om ‘n onderwyser te word!) se gedrag t.o.v. jong meisies.
Die meisie word blameer, terwyl die man onskuldig is omdat hy blykbaar nie sy dwange kan beheer nie? en hy wil klas gee aan jong mense?
Waar is die respek vir meisies en vroue? Van die mannetjie asook van meeste wat hier kommentaar lewer?
Skrikwekkend om te sien dat sekere mense hier dink dis OK (ook omdat een of ander sanger of onnie dieselfde gedoen het).
So hy kan maar so aangaan, jong bulletjie, kom ons blameer die skoolmeisies wanneer hy dit weer doen? Want wat stop hom om dit weer te doen, aangesien hy hier basies ondersteun work?
Ons moet sekerlik beter as dit kan doen
(en ja, ons weet nog nie die hele storie nie, maar my kommentaar het te doen met die boodskappe hierbo, wat niks fout sien nie, of hy nou skuldig is of nie)

Peter Murray ·

Sjoe, ons ou volkie skryf darem maar swak. Dalk moet die leerlingonderwyser die klomp klipgooiers leer skryf.
Mens sê nie leerling onderwyser nie. Dit is 2 begippe. En dit is Engels. Nie Afrikaans nie.

Haal eers die balk... ·

…en dis “begrippe” nie “begippe” nie.

Ontpof ·

Ek is redelik seker dat bo-dorp se lang-gesig ouderling Pofhoring ‘n statutêre kramp in die kolon sou kry as hy moes lees hoe jonk die vrome Voortrekkerdogters was toe hulle kinders by die dosyne gekry het. En dan verwag hy seker dat mens vandag moet “respek” hê vir klein Willemien Wolmuis wat op 16 lyk soos ‘n wulpse straathoek-lekkerding wat naweke in die klub op die onnie se skoot sit? Nes enige jong Voortrekker-hings van ouds sal geen jong hings vandag só ‘n mooi merrie kan weerstaan nie. Vergeet van die dae waar die boere-taliban dominee of die ouderling met sy permanent-geklemde kringspier ons sal voorskryf oor wat die ouderdomsveskil tussen man en meisie moet wees nie. Daar is genoeg gelukkig-getroudes waar die man 10, 15 en selfs 20 jaar ouer is. As die vruggie ryp is word sy gepluk. As jy van haar hou, trou met haar, sorg vir haar en kry sommer baie kinders. Die volk is min.

Pof ·

en so bewys jy my punt. dankie. kon dit nie self beter doen nie.

“as die vruggie ryp is word sy gepluk”? is jy in die bol gepik? is dit hoe jy jong meisies en vroue sien? voel jy dieselfde oor jou dogter/sister/ma/niggie? Kan oom Kallie maar vir sussie pluk aangesien sy makeup aan het en clubs toe gaan, dus is sy ryp vir pluk?

Jou houding versterk die stereotipe van afrikaner mans as patriargiese, dom idiote wat geen respek vir vroumense het nie. Mis my met die nonsens

Kas ·

Hoe belaglik het die klag geword.Ek het jare vir Binnrlandse sake gewerk en daagliks was daar meisies tussen 12 en 15 wat babas registreet.Met my proefsaak in die hot het die meisie getuig.Sy was 13 en die man 58. Endat sy swanger wou raak

David Potgieter ·

Statutere verkragting is wanneer ‘n persoon wat verkrag is, jonger as 14 jaar is (al gee so ‘n persoon toestemming tot die daad) of sielkundig ontoerekenend is om toestemming te kan gee.

Sarel ·

Sê ek ook Kas. Op 12 kan hulle self besluit op voorbehoed middels? Is dit om die puisies te keer en ‘n mooi vel te hê?

Blommie ·

Ek wil nou nie snaaks wees nie. my laaitie is 14 en ek het sy foon gevat en jy sal skrik as jy sien watse fotos die 13 en 14 jarige meisies rond stuur.
Tert is n lelike woord, maar sien die mamma aan daai kant nie watse fotos haar kind neem nie. Glo my ek het hom GOED vas gevat, maar wat ek probeer se, vandag so jonge dames is GLAD nie so onskuldig nie. GLAD NIE. Gedra hulle erger as n 20JARIGE, dis skokkend!
Moenie NET die man oordeel nie.
Vandag se waardes en RESPEK is bitterlik skraal gesaai!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.