Onnies wat ent weier, kan steeds werk

(Argieffoto/Unsplash)

Onderwysers wat nie teen die koronavirus ingeënt is nie, kan steeds terugkeer werk toe en sal nie gedwing word om ingeënt te word nie.

Die departement van onderwys het die aankondiging gemaak nadat vals nuus versprei is dat onderwysers wat nie ingeënt is nie, nie sal mag werk nie.

“Die departement het met kommer kennis geneem van misleidende verslae en verkeerde inligting rakende die omsendbrief wat verlede week aan skole gestuur is,” lui die departement se verklaring.

Berigte dat onderwysers wat nie ingeënt is nie, nie sal mag werk nie en ’n uittreksel van die omsendbrief wat op sosiale media gedeel is, het volgens die departement onnodige angs en paniek onder onderwysers veroorsaak wat nie ingeënt is nie.

Meer as 517 000 uit 582 000 personeellede in die onderwys is reeds ingeënt. “Ander kon weens verskeie redes nie ingeënt word nie, onder andere siekte, positiewe Covid-19-gevalle, omdat hul teen griep ingeënt is, asook huiwering.”

Volgens die departement was die doel van die omsendbrief om leiding te gee rakende die bedryfsvereistes vir opvoeders. “Die omsendbrief het ook as ’n riglyn gedien vir die bestuur van kwesbare werknemers in die konteks van die huidige pandemie.”

Personeellede in die onderwyssektor is sterk aangeraai om hulself te laat inent, maar volgens die departement het hy in geen stadium personeel gedwing om ingeënt te word nie. “Die departement maak dit in die omsendbrief duidelik dat hy die regte respekteer van opvoeders wat verkies om nie ingeënt te word nie vanweë grondwetlike, godsdienstige, kulturele of mediese redes.”

Onderwysers wat weens ’n mediese toestand nie hul pligte kan nakom nie, sal ingevolge die Arbeidswet en die Wet op Indiensneming van Opvoeders hanteer word.

Die departement het benadruk dat die omsendbrief ten doel het om stappe te identifiseer wat gedoen moet word om onderwysers te akkommodeer wat om verskeie redes nie ingeënt is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

DieKriek ·

Met die inligting wat ek sover het, lei ek af dat die entstof n mens slegs teen erge COVID komplikasies beskerm. Dit keer nie dat jy covid kry nie en dit keer nie dat jy mense aansteek nie. Jy moet jouself en ander nog steeds beskerm asof jy nie ingespuit is nie.

Lesers is welkom om my in te lig as ek verkeerd is want ek wil graag agter die kap van die byl kom.

Pieter ·

Jip. Daar was nie eenkeer gese jy gaan nie Covid kry as jy ingeent is nie. Dis net n laag van beskerming teen ernstige simptome en dit verminder die verspreiding. Dis maar soos die sitplek gordel argument in jou kar…dit waarborg nie jy gaan lewe as jy in n ongeluk kom nie, maar dit verminder jou kans om ernstige beserings op te doen.

isabelle ·

ek soek nie die enststof nie DIS DAN ONS ELKEEN SE REG OF HOE? ons almal het ons eie siening hieroor So los my asb uit ek stel nie belang in die entstof nie ”eerder bang jan”

My siening ·

Ja dis op jou gewete as jy tussen mense rond loop en hulle aansteek omdat jy jy dink jy is baie slim, maar eindelik is dit so baie dom, jy dra ook seker nie n masker so moenie naby my kom nie want ek sal enige een wat nie n masker dra ignoreer met minagting wat dit verdien!

Karin ·

Danie, al is jy ingeent kan jy nog steeds mense aansteek, die vaccine beskerm net jouself, nie mense rondom jou nie. Dit is bewys deur die CDC.

Anoniem ·

Gaan op die CDC se webblad dan kyk jy die verskil in infeksie syfers tussen state met lae inentings en hoë inentings!

Karin ·

Danie, jy kan nog steeds mense aansteek al is jy ingeent. Dit is deur die CDC bewys. Jy kan nog steeds siek word en hospitaal toe gaan, asook sterf.

Anoniem ·

Volgens die selfde CDC is 97% van hospitalisasies in Amerika mense wat nie geënt is nie

isabelle ·

n masker word gedra en ek is versigtig Ek is seker ek gaan nou nie aspris myself wil siek maak nie…en so ook nie ander om my nie
:)
gewete het ek
en stel steeds nie belang in die entstof nie

SwartBees ·

I’m Proudly vaccinated/chipped (what-ever you want to call it.

VaalDonkie ·

Ek het al my kinder-inentings gehad maar jy hoor my nie aangaan daaroor nie.

isabelle ·

bly maar interessant hoe mense se menings verskil so ook hul redes vir hul keuse

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.