Onteieningswet nou by Ramaphosa vir bekragtiging  

Foto ter illustrasie. (Foto: Noah Silliman/Unsplash)

Die ANC se besluit om die onteieningswetsontwerp finaal goed te keur voorspel rampspoed vir Suid-Afrika.

“Die VF Plus sal nou begin met die proses van regsaksie om dit tot in die Konstitusionele Hof teen te staan,” het dr. Pieter Groenewald, VF Plus-leier, gesê.

Die wetsontwerp is Woensdag deur die Nasionale Vergadering aanvaar met 205 stemme ten gunste daarvan en 108 daarteen. ANC-LP’s het vroeër die week ook hul meerderheid gebruik om wysigings aan die wetsontwerp wat die Nasionale Raad van Provinsies aanbeveel het, te aanvaar. Dit sal nou na pres. Cyril Ramaphosa verwys word vir bekragtiging, wat onteiening van eiendom met nul-vergoeding onder sekere omstandighede moontlik sal maak.

“Dit word nie ligtelik gesê dat Suid-Afrika se ekonomie vernietig sal word indien daar geen sekerheid vir enige belegger kan wees oor eiendomsreg nie,” het Groenewald gesê.

“Een van die belangrikste hoekstene van ʼn vryemark- ekonomiese stelsel is die reg op private grond- en eiendomsbesit en hierdie wetsontwerp vernietig dit in alle opsigte. Van tasbare tot intellektuele eiendom is in gedrang. Die VF Plus beskou onteiening sonder vergoeding as ongrondwetlik en sal dit saam met ander organisasies en politieke partye beveg wat net so sterk soos die VF Plus daaroor voel.”

Almal in Suid-Afrika en in enige demokratiese bestel het die reg om eiendom te besit en die staat het geen reg om dit eensydig af te neem nie, het Groenewald gesê.

Philip van Staden, VF Plus-LP en woordvoerder oor openbare werke en infrastruktuur, het gesê onteiening sonder vergoeding sal dit wat van Suid-Afrika oorgebly het ná 30 jaar onder die ANC verder vernietig.

“Daar is genoeg grond in Suid-Afrika beskikbaar vir herverdeling, maar die kenmerkende ANC-onbevoegdheid en gepaargaande administratiewe rompslomp is ʼn stok in die speke. Die grond wat reeds deur grondhervorming verkry is en waarvan 90% van die projekte misluk het, asook ongebruikte grond in staatsbesit moet onmiddellik vir verdeling aangewend word waarna die beginsel van gewillige verkoper, gewillige koper teen markverwante pryse gevolg moet word.”

Volgens Van Staden is dit ʼn mite dat grond gelyk staan aan rykdom en grondhervormingsprojekte was tot nou toe net ʼn teelaarde vir korrupsie. “Die waarheid agter die wetsontwerp is populisme en ʼn bewys van die ANC se desperaatheid oor die komende verkiesing. Beleggers gaan die land uitstroom. Onteiening sal handelsbanke, finansiële instellings en private eienaars negatief raak. Die realiteit is dat die land se ekonomie totaal vernietig sal word.

“Ter wille van Suid-Afrika en die toekoms van die land en volgende geslagte mag dit nie aanvaar word nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Jan Jacobs ·

Die grondgryp is gemik op voedsel sekerheid om voedsel verspeiding te beheer. Volg maar die nuus wereld wyd word boere benadeel en vervolg.

Papsak ·

Dankie Mnr Groenewald staan dit teen hulle wil net alles oorvat baklei hulle wat gaan van SA word daar is niks meer oor nie ons almal het ons reg nie net hulle nie !!!!!

Jacobus ·

Laat Ramaphosa en sy korrupte bende n voorbeeld stel en eerste al hulle private ieiendomme opgee.

Gert ·

ANC se timing is goed, kom weer met die snert net voor die verkiesing. Wonder net wie my verband gaan klaar betaal as die parasiete “beslag le” op my eiendom.

Danie ·

How toepaslik wen natuurlik miljoene stemme en ondersteuning vir komende verkiesing.Ons weet almal hoe hulle koppe werk.Dan sal die implementering ook n finale doodskoot wees vir SA.

Wondermaarnet ·

Kom vat my grond, ek daag die ANC uit. Ek is gereed en sal ‘n gif en chemikalieë op elke vierkante mm gooi en NIKS sal ooit daar groei nie.

ES ·

Kom ons hoop die Konstitusionele Hof steek ‘n stok in die speke van hierdie waansinnige wetsontwerp. As dit slaag is ons basies Zimbabwe. Ons regering leer nie uit Zim se foute nie. Hiperinflasie, paar ure se elektrisiteit per dag, niks kos, beperkte geld kan per dag uit kitsbanke of binne takke getrek word…

Ons kyk na baie moeilike tye wat voorle.

Keelvol ·

Hulle huil oor grond soos kinders wat huil oor swiets by die kafee. Tyd vir hulle om groot te word.

Sonja ·

Ai dan gaan ek lekker bly op Cyril se jagplaas en sy duur Wiskey drink op die bekende geld bank. Ek en my hele Familie.

Cherokee ·

Ek dink ons moet almal Woensdagoggend om 8vm ontmoet by Jans Smuts Lughawe, met ons tasse.

Anel ·

Eerste wat hulle sal van is ons pensioene. Kyk, hulle kwyl al vir hoelank daaroor. En dan is ons in ons kanon. En sonder dat ‘n skoot geklap het, is ons ‘n komunistiese bedeling!!!!

Jaco ·

Is dit net landbougrond of stedelike grond ook? Ek besit 2 huise in Kaapstad, so 25km van mekaar af. Gaan net die een onteien word omdat dit “onregverdig” is dat ek 2 het, of gaan albei onteien word net omdat ek wit is?

Paul ·

Ek weet dit is nou al afgesaag maar wat van dai wigte en teen wigte ons was vertel dat die meerderheid nie nie net sal kan voortgaan om te doen wat hulle wil meyer en wessels lewe mos nog kan hulle nie nou dai ooreenkoms afdwing nie ?

Di ·

Dit sal die laaste spyker in die doodskis wees! Kyk maar na Zimbabwe as voorbeeld. Wat die korrupte kaders nie besef nie is dat die meerderheid van HULLE mense gaan sterf van hongersnood. Zimbabwe is gedoem van hulle al die boere van hulle plase af gedryf het, daarom vlug al hulle mense nou na SA. Waarheen gaan hierdie massas heen vlug as hier nie meer kos is nie? Meeste Afrika lande sit in dieselfde posisie weens die onvermoe van hulle nasie om enige iets suksesvol te regeer. Gierigheid is die duiwel se oorkussing

Frank ·

Ironies dat, noudat die ANC se eie intellektuele eiendom in gedrang is met die MK party en hulle hof toe gaan daaroor, hulle terselfdertyd hierdie wet wil bekragtig en ander se intellektuele eiendom gevat kan word maar nie hulle s’n nie

Josua ·

Wat die ANC gou vergeet is dat die boere ens wat in Zim onteien was kon nog SA toe vlug maar ons in SA kan nêrens heen vlug nie so as hy n burgeroorlog wil veroorsaak moet hy daardie wet onderteken, hy moet ook nie vergeet dat hulle reeds Israel se fondasie gekrap het nie so ons het maaitjies daar buite ook al dink hulle nie so nie, hy moet baie mooi dink wat hy teken want dit gaan n bloedbad in SA veroorsaak want in SA gaan jy nie somer n boer se grond vat waarvoor hy jare gesweet het nie dit kan ek hom belowe en dit sluit swart en Indier boere in en hulle het n mooi voorsmakie gekry met wat in KZN gebeur het so ek hoop hy onthou dit baie goed, want hy gaan die oorsaak wees dat mense letterlik en viguurlik die wapen gaan opneem dit is n waarborg.

SjN ·

Ramaphosa besef nie hul is geldhonger en nie grondhonger nie aangesien hul nie baie lief is vir werk nie.

Republikein in die Wes Kaap ·

Jaco, die metro se tariewe en belasting is buitensporig. Niemand sal daarin belangstel om jou huise te vat nie.

skurweberg ·

Die 13 jaar wat ek diensplig moes doen het manskap en offesier in hulle gebede altyd bevestig dat ons Suid Afrika as land ontvang het, omdat daar ‘n doel daarmee was. Daardie doel het nog nie verander nie. Hou koers en goeie moed. Hy is in beheer. Ons moet doen wat ons hande vind om te doen.

Mieke ·

Was dit nie ook Ramaphosa wat gehelp het om die nuwe konstitusie daar te stel nie? En nou wil hy presies die teenoorgestelde wetgewing toepas,!!

OW ·

Nou wat word presies bedoel met,”daar sal onder sekere omstandighede onteiening kan plaasvind met ‘n nul vergoeding?Dit sal verduidelik moet word.

Goldy ·

Dit was nie deel van die onderhandelings nie, julle krap nou aan wereldvredesprosesse en sal nie aanvaar word nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.