Ontslag van k-woord-leuenaars verwelkom

Annemarie Oosthuizen (Foto: Solidariteit)

Die twee polisiebeamptes wat ʼn boete en opgeskorte vonnis ontvang het nadat hulle daaraan skuldig bevind is dat hulle hul eertydse bevelvoerder valslik van rassisme beskuldig het, is ontslaan.

Solidariteit het die twee beamptes se ontslag, wat gevolg het na ’n interne dissiplinêre verhoor,  verwelkom.

Sedisa Tikoe en Chris Mphana het lt. kol Annemarie Oosthuizen valslik daarvan beskuldig dat sy hulle die k-woord toegesnou het. Die twee is in Junie skuldig bevind aan meineed, regsverydeling, aanranding en crimen injuria en is boetes en opgeskorte tronkstraf opgelê.

Renate Barnard, sektorkoördineerder van die openbare sektor by Solidariteit, sê alhoewel Solidariteit verheug is oor die uitslag van die interne dissiplinêre verhoor, hou hy steeds die gebeure binne die polisiediens rakende Mphana en Tikoe dop.

“Die provinsiale kommissaris van die polisie moet nog na afloop van verhoor die uitspraak bekragtig wat die ontslag geldig sal maak. Dit is belangrik dat hierdie proses wel gebeur.

“Dit is verregaande dat polisielede wat hulself skuldig maak aan kriminele oortredings toegelaat word om steeds as werkende polisielede te funksioneer,” sê Barnard.

Barnard sê die uitslag is wel ʼn stap in die regte rigting vir die polisie en dui aan dat skuldiges die gevolge van hul dade moet dra.

“Die boodskap word nou hard en duidelik uitgedra: Moenie valse beskuldigings van rassisme maak nie, moenie valse beëdigde verklarings oor rassisme aflê nie, en moet jouself nie tot geweld en dreigemente in die werkplek wend nie.”

Oosthuizen het al in 2017 ʼn dissiplinêre proses teen die twee beamptes begin omdat hulle sonder toestemming nie vir werk opgedaag het nie. In reaksie op die dissiplinêre stappe het die twee beamptes ʼn klag van crimen injuria teen Oosthuizen gelê deur aan te voer dat sy die k-woord gebruik het. ʼn Voormalige intern, Elizabeth Sechele, het egter na vore getree om teen hulle te getuig, al is sy ook later geïntimideer en het sy vir haar lewe gevrees.

Volgens Solidariteit het die polisie vier jaar lank versuim om teen dié twee skuldige polisielede op te tree. Daar was vroeër nooit tugstappe teen Tikoe en Mphana geneem nadat dit aan die lig gekom het dat hulle oor die k-woord-voorval gelieg het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Misky ·

Halleluja, dis wonderlike nuus en hopenlik ‘n boodskap vir die ander slinkses daar buite

Suzette ·

Ek stem saam, maar ek weet nie of die slinkses die boodskap gaan kry nie – die ligte is nie eens aan so wat nog te sê van iemand tuis….

Michael ·

Een van die volgende moord op wit mense sal hulle skrif dra. dit is hoe hulle koppe werk.

Willem ·

Dit kon ook andersom gewees het,gewoonlik word swartes se woord geglo en hulle weet dit net die keer het dit nie gewerk nie

Jannie van Niekerk ·

Die probleem is net dat indien dit andersom was, sou die wit persoon dadelik ontslaan word.

NEO ·

Wel gedaan. Ongelukkig in Suid-Afrika word die ras kaart gebruik wanneer hulle in ‘n hoek is en in ‘n oogwink het jy 60% van swart steun aan jou sy. Ek merk dieselfde gebeur ook nou in die VSA as jy Fox nuus kyk.

Heinrich ·

UITSTEKEND! Veral die nasorg om op te volg dat die skorsing weln deurgevoer word deur die korruptes.

JM ·

As Afriforum nie toegetree het nie, sou die saak steeds nie opgelos gewees het nie. Waarom moes dit vier jaar neem om gefinaliseer te word? As dit wittes was, was hulle lankal reeds toegesluit. Ons leef in ‘n verskriklike land, waar getuies met die dood gedreig word! Is dít ook by die klagstaat gevoeg?

Kokkie ·

Ek wonder nou of ‘n mens die woorde kaders of komrades mag gebruik……..?

Blikke ·

Bly om te verneem dat daar darem een donker wolkie met n silver randjie gevind is tussen die duisende ander. Goeie uitkoms!!!

Erika ·

Tipies Dit is presies net so in die SOE Company waar ek werk Die Meerderheid beskerm hulle eie ras se belange gereeld na wie hule dan hol vir support ten koste van die Minderheid ras groep is Veral as jy Beginselvas is en “Assertive Is IPV Reg /versus Verkeerd Ongeag Ras… Hierdie Mense hou glad nie daarvan nie .en wil jou dan gedurig saboteer.. .Dit is ook so dat Sekere mens sal kies om eerder saam te speel ter will van hulle “job” .selfs te gaan saam met die Norm…ipv .n verskil te maak en Beginselvas te wees…Omdat sulkes n ongesonde swak Karakter het..En Boonop die Leer geklim deur Iemand vir wie hulle n Gunsie gedoen het agteraf

Jannie van Niekerk ·

Diu jammer dat hulle nou eers ontslaan word. Indien dit andersom was sou die wit persoon al daardie tyd trekpas gekry het. Swartes is mos nie rassisteies nie, net wittes.

Cobus ·

As die skoen jou pas……
Die twee polisiebeamptes het mos dan hulself so genoem, moet nou nie met hulle stry nie.

Wielspore ·

Puik uitspraak en ‘n proefsaak vir in die hof, die wat valse rassistisie klagtes maak sal moet lig loop, jy gaan nog daai woorde moet sluk en dit kom teen ‘n prys.

Wielspore ·

Ek het onlangs ‘n knal woord* gebruik by ‘n petrol stasie nadat ‘n voertuig bestuurder wat nie brandstof ingooi die verkeer vir kliente geblok het. Die persoon het my ook van rassisme beskuldig tot ek hom die voertuig se dashcam wys wat klank en beeld opneem. Hy het toe sommer gou die pad gevat.
*Knal woord (menslike liggaamsdeel)

Porseleintjie ·

So min kry ons kans vir n vreugdedans…..” Hiep hiep hoera!!!! “

Andre ·

Hierdie tipe van optrede het al lankal ‘n manier geraak om mense uit te kryt want dit is mos so maklik om die meerderheid op te sweep deur enige iets van rassime te opper al is dit met onwaarhede besmet. Het ons nog’n keuse om dit maar as deel van ons leefwyse te aanvaar of daadwerklik ons eie heil uit te werk. Weet egter nie of ons die opofferinge wat daarmee gepaard gaan sal aanvat nie

Perdeby ·

Hulle moes al toe hulle gevonnis was oneervol ontslaan gewees het, maar jy MOET mos n krimminele rekord he om daar te werk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.