Ontsnapte diere dalk gemeenskap se skuld

Die tweede leeu wat van kant gemaak is [Foto: Verskaf]

Die departement van ekonomiese ontwikkeling, toerisme en omgewingsake het Dinsdag ondersoek ingestel by die Hluhluwe‑iMfolozi Park (HiP) in KwaZulu-Natal, nadat twee leeus en twee renosters twee weke gelede uit die wildreservaat ontsnap het.

Die wilde diere het groot amok in die gemeenskap gemaak en die departement is bekommerd oor die inwoners van omliggende gemeenskappe se veiligheid. Dit is nie die eerste keer dat diere hier ontsnap en die gemeenskap teister nie. Hoewel dit nog nie duidelik is hoe die diere ontsnap het nie, vermoed die departement lede van die gemeenskap het ʼn hand daarin.

Maroela Media het vroeër berig albei renosters is ná hul ontsnapping weer gevang en een van die leeus is doodgeskiet nadat dit vier beeste gevang het.

Die tweede leeu is verlede week gevang en van kant gemaak.

Siboniso Duma, LUR van die departement, sê die diere kon ontsnap het omdat inwoners rondom die reservaat dele van die heinings verwyder het.

“Ons is bewus van gevalle waar lede van die gemeenskap in die versoeking sou kom om die heining te verwyder weens sosio-ekonomiese redes. Dit is egter onaanvaarbaar omdat dit die gemeenskappe se lewens in gevaar stel,” sê Duma.

Duma sê gemeenskappe en die natuur kan in vrede en harmonie saamleef, mits daar verantwoordelikheid en begrip is.

Die LUR het verder opgemerk dat sy departement met die departement van landbou samesprekings sal voer om te kyk hoe hulle kan ingryp om meer waterbronne en weiding aan vee én wilde diere te verskaf, sodat die twee groepe nie van dieselfde weiding en water afhanklik sal wees nie.

Die departement versoek die omliggende gemeenskappe om versigtig te wees terwyl die aangeleentheid spoedig aangepak en orde herstel sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Di ·

Wat anders kan mens verwag van sekeres in die land. Onskuldige diere moes nou van kant gemaak word omdat alles afgebreek word. LOS die goed uit wat nie aan julle behoort nie.

Psyggie ·

My mening is ook dat dit bitterlik onregverdig is teenoor die dier. My vermoede is ook juis so,: dat heinings waarskynlik geknip word, om welke redes ook al.

Waarnemer ·

Waarom die leeus dood maak…dit is in hulle natuur om ander diere dood te maak vir kos….dalk moet die Kruger bietjie wyer gemaak word om meer informele nedersettings in te sluit….(if you catch my drift).

Henri ·

Die hartseer waarheid is die feit dat die mensdom se aanwas die voortbestaan van wilde diere en reservate bedreig. Wat die politiek nie wil debatteer nie, is die feit dat die bevolking sedert 1994 bykans verdriedubbel het en dit die oorsaak is van die ontsaglike sosio-ekonomiese verval. Dienste het nooit bygehou met die snelle toename in die populasie nie, en nou is gemeenskappe in direkte konflik met die natuur. Die water en die weiding van reservate raak vir die armoedige naburige gemeenskappe te veel van ‘n versoeking. Die probleem is ook die feit dat reservate gesien word deur hierdie gemeenskappe as kuierplekke vir die ryk, wit minderheid. Dus sien hulle natuurbewaring as nutteloos.

christo ·

Dis ongelukkig die waarheid, die bevolking het ‘n onnatuurlike aanwas getoon, maar dis as gevolg van ‘ n regering wat die ekonomie met sy BBB-EE beleid ekonomiese groei aan bande gelê het. Toe die ANC agterkom dat dit sý beleid is wat werkloosheid veroorsaak, het hulle dit met hulle ‘ toelae beleid’ probeer regstel. Ongelukkig het dit tot ‘n ongekende aanwas gelei, aangesien die kindertoelaag deur die jeug gebruik word as ‘n ‘ inkomste ‘. Slim vang sy baas.

Wildemien ·

“weens sosio-ekonomiese redes….” word die heinings afgebreek. Nou ja, toe.

Miskruier ·

My plaasheining verdwyn ook stuk stuk. Dit help nie eens om n saak te open nie.

Leon ·

Die grensdraad tussen die Kruger wildtuin langs die krokodil rivier en Marlothpark is ook plat en leeus en hienas loop rond in Marloth park.
Die koedoes, blouwildebeeste Zebras en Rooibokke eet al uit fie inwoners se hande hulle is hondmak en baie maklike prooi vir leeus en stropetrs .
Ek sou glo dat die grensfraad tussen Marloth Park en die wildtuin spoedig herstel word na alle wild terug gejaag is na die wildtuin want hier is n tragedie oppad.
Daar hoort geen wilde diete in Marloth park nie dit is n gewone risidensiele woongebied .
Hierdie is n saak van absolute dringendheid en moet met erns aangepak word.
HERSTEL ASB DIE GRENSDRAAD TUSSEN MARLOTH PARK EN DIE KRUGER WILDTUIN MET ABSOLUTE DTINHENDHEID EN KRY ALLE WILD TERUG IN DIE WILDTUIN ASB ????????

Swerwer ·

Ongelukkig ontbeek verantwoordelikheid en begrip want die voorvaders het die nie aan die nasie geleer/oorgedra nie en so het dit van geslag tot geslag gegaan en nou is die ongelukkig te laat want dit word so gebore en sal so doogaan.

christo ·

Dis darem te toevallig dat dit renosters en leeus is wat ‘ uitbreek ‘. Albei spesies het liggaamsdele wat gesog is vir tradisionele genesers.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.