Ontsnapte verdagtes weer vas

Een van die verdagtes wat ontsnap het in Pienaar, Mpumalanga. (Foto: Verskaf)

Vier verdagtes wat uit aanhouding by die Pienaar-polisiestasie in Mpumalanga ontsnap het, is Saterdag weer in hegtenis geneem.

Die verdagtes word verbind met 32 gevalle van huisrowe en een moord. Die vier, Sifiso Mathonsi (28), Senzo Nyambi (31), Bongani Bogra Mpila (37) en Vusi Ceko (31), het verlede naweek ontsnap. Die polisie het Maandag ʼn beroep op lede van die gemeenskap gedoen om inligting te verskaf oor waar dié verdagtes hulle bevind.

“Nyambi, Mpila en Ceko is in ʼn huis in Tonga gevind, terwyl Mathonsi vasgetrek is terwyl hy ʼn kar probeer huur het,” sê brig. Leonard Hlathi, polisiewoordvoerder van Mpumalanga. “Hulle sal almal binnekort in die Kabokweni-landdroshof verskyn op ʼn bykomende aanklagte van ontsnapping uit wettige aanhouding.”

Die provinsiale polisiekommissaris van Mpumalanga, lt.genl. Mondli Zuma, het die gemeenskap en polisie geloof vir die goeie werk. “Ek is baie bly dat hierdie mans weer vasgetrek is, want hulle sou beslis weer die gemeenskap geterroriseer het. Ek wil ook graag die toegewyde en vreeslose lede van die gemeenskap en media bedank vir hul samewerking met die polisie,” sê Zuma.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Niklaas ·

Deesdae gebeur dit nogal gereeld. Hul moet mos agter tralies bewaak word of is dit nie meer die geval nie ?

Pieter J ·

Hierdie tipe booswigte ontsnap gans te maklik. Ek dink dit is as gevolg van polisie se onbekwaamheid en swak aanhoudingsgeriewe.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.