Ontvoerde man ernstig beseer gevind

Argieffoto

Polisiebeamptes van die Ilema-groepering in KwaZulu-Natal, die Ndwedwe SAPD en die Umhlali‑honde-eenheid het die slagoffer van ʼn ontvoering opgespoor en twee verdagtes in hegtenis geneem.

Kol. Thembeka Mbele, woordvoerder van die polisie, het Sondag gesê die twee verdagtes sal binnekort in die Ndwedwe-landdroshof verskyn.

Dit kom nadat ʼn 22-jarige man verlede Donderdag saam met sy vriende in Edamini geloop het, toe onbekende mans hom oorval en in hul voertuig ingedwing het voordat hulle weggejaag het. ʼn Saak van ontvoering is by die polisie aanhangig gemaak.

“Die polisie se ondersoek het hulle tot by die Mahlabathini-reservaat in Ndwedwe gelei waar die slagoffer met ernstige beserings aangetref is. ʼn Twintigjarige verdagte is in hegtenis geneem en aangekla van ontvoering, terwyl die slagoffer na ʼn hospitaal geneem is,” sê Mbele.

Die polisie is daarna na ʼn diensstasie in Umhlanga wat gelei het tot die inhegtenisneming van ʼn tweede verdagte (27). Beamptes het hier ook op Mandrax-tablette, kokaïen, heroïen, dagga en ʼn onbevestigde bedrag kontant beslag gelê wat die verdagte in sy besit gehad het.

Die tweede verdagte is van dwelmbesit en ontvoering aangekla.

Die motief vir die ontvoering is nie bekendgemaak nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Wonder net ·

Gelukkig is die man lewend gekry.
Dwelms speel so groot rol in baie misdade.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.