Ontvoerde sakeman gevind

Schalk van der Merwe (Foto: Facebook)

Die sakeman van die Oos-Kaap wat Donderdag  glo by sy werkswinkel in Butterworth ontvoer is, is gevind.

Die polisie het aan Maroela Media bevestig dat die 33-jarige Van der Merwe in Ngqamakhwe naby Butterworth gevind is. “Lede van die polisie het hom Saterdag omtrent 16:00 gekry waar hy in die strate van die Mtebele-informele nedersetting rondgeloop het,” het kol. Sibongile Soci, polisiewoordvoerder van die Oos-Kaap, gesê.

“’n 30-jarige man van dié nedersetting is deur die polisie ingeneem vir ondervraging, omdat die polisie glo hy kan help met die ondersoek. Hy word nie in hierdie stadium met die beweerde ontvoering verbind nie.”

Maroela Media het Vrydag berig dat Van der Merwe Donderdag by sy werkswinkel in ’n nywerheidsgebied in die Msobomvu-nedersetting deur ʼn groep gewapende mans in sy motor gedwing en ontvoer is. Hy is na wat verneem word werksaam in die vragmotorbedryf.

Volgens Soci was die slagoffer se ma by hom ten tyde van die voorval. Sy is ongedeerd.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Elza ·

ONTVOERDE SAKEMAN Schalk van der Merwe
Swak opvolg berig. Hy is gevind…. Was dit ‘n fake ontvoering? Is is ongedeurd…. Deurmekaar of wat? ‘n man inhegtenis 30jr verdagte ontvoerder. Ag nee Maroela Nuus gee ons ‘n ordenklike berig

Cherokee ·

‘..fake ontvoering’? Ag nee Elza, verbeter jou taalgebruik.

Danie ·

Amper te goed om waar te wees.
Maar wie weet op watter voorwaardes hy vrygelaat is.

Maggies ·

Ek is dankbaar dat hy gevind is. Wil net graag meer weet oor in watter toestand hy gevind was.
Om watter rede die 30 jarige ondervra was?
Waarom was hy ontvoer en nie net die voertuig gevat nie. Hier is werklik baie onbeantwoorde vrae.

twaalfboor ·

Wie met gesonde verstand bly nog in Butterworth? Dis ń hool.

Regverdigheid ·

Bly hys veilig gevind hoop hul vang die skuldige mense.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.