
Amptenare van Johannesburg se stadsraad besig om ’n onwettige waterverbinding in Redefine Development in Wilgeheuwel af te sluit. Foto: Thembelihle Mkhonza/ANA
Werknemers van drie maatskappye is Dinsdag glo op heterdaad betrap dat hulle krag en water by die Johannesburgse stadsraad steel.
“Onwettige verbindings maak dit vir die stadsraad baie moeilik om gehalte-dienste aan die mense van Johannesburg te lewer,” het Herman Mashaba, burgemeester, tydens die optrede teen onwettige verbindings gesê.

Johannesburg se burgemeester, Herman Mashaba (links), sê hulle sal onwettige verbindings stopsit, al duur dit jare. Foto: ANA
Hy sê die stadsraad sal die koste van die elektrisiteit en water bereken wat gesteel is en dit van die oortreders verhaal.
Mashaba is vergesel van Funzela Ngobeni, burgemeesterskomiteelid, en Floyd Bring, die Goudstad se hoofbedryfsbeampte.
Tydens ʼn soortgelyke optrede verlede week het die burgemeester gesê die stadsraad het bevind die raad het ʼn verlies aan inkomste van amper R9 miljoen gely weens die drie ontwikkelaars se onwettige verbindings.
“Ons wil nie graag hul water en elektrisiteit afskakel nie, maar ons sal seker maak dat almal die reëls gehoorsaam.”
Die doel van die optrede was om ontwikkelaars te identifiseer wat die stad se water, krag en riooldienste gebruik sonder om daarvoor te betaal.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
11 Kommentare
Moet nou nie kamtig so verbaas wees. Gaan na enige township en jy struikel behoorlik oor al die onwettige krag aansluitings. Maar jou ogies is vir politieke redes toe vir dit
Raai, raai! Wie betaal op die ou einde vir die krag en water?
Hule volg hul ikone se voorbeeld
Wanorde en chaos oral !
Kyk maar hoe lyk dit in die sogenaamde nedersettings. Krag wat hulle verniet kry. TV skottels oral dis te lekker want ons be mos vir dit.