‘Onwettige’ myners vas ná skietery

Van die bewysstukke waarop daar beslag gelê is. (Foto: SAPD)

Vyf vermeende onwettige myners is Vrydag in die vroeë oggendure in Boksburg aan die Oos-Rand in hegtenis geneem.

Twee van dié verdagtes is gewond toe die polisie douvoordag op die groep in Hoofrifweg toegeslaan het.

Kol. Dimakatso Sello, polisiewoordvoerder, sê ’n span bestaande uit onder meer die polisie se eenheid vir misdaadintelligensie, die plaaslike metropolisie en private veiligheidsmaatskappye het op inligting oor die groep, gewapen met ongelisensieerde vuurwapens, gereageer.

Met die span se aankoms het die groep op hulle losgebrand en in die heen-en-weer-skietery is twee verdagtes gewond.

Die twee gewonde verdagtes sowel as drie ander mense is later in boeie geslaan.

Die polisie het op ammunisie en ʼn haelgeweer beslag gelê wat met ʼn saak van huisroof in Klerksdorp, Noordwes, verbind word.

Die verdagtes sal binnekort in die hof verskyn op aanklag van die besit van ongelisensieerde vuurwapens.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

domheks ·

Die goed en wel dat die zama zama’s gevang word. Maar aan wie verkoop hulle die goud? Aan kaders?

Martie ·

Als goed en wel, ek wonder nou net hoe kan hulle so vinnig met sekerheid se die healgeweer is in huisrowe gebruik?

Koos 100 ·

Onwettige in aanhalingstekens HOEKOM? As hulle ‘n lisensie gehad het om te myn het hulle nie op die polisie geskiet nie en sou nie gearresteer gewees het nie. Onwettig is dan mos ‘n feit!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.