Onwettige skrootwerfhandelaar vas vir gesteelde kabels

Argieffoto. (Foto: SAPD/Twitter)

Die eienaar van twee skrootwerwe in Johannesburg is in hegtenis geneem nadat die polisie op meer as 200 kg se gesteelde koperkabels afgekom het.

Sommige van die gesteelde kabels behoort aan die stad se kragverskaffer City Power.

Die betrokke skrootwerwe word boonop sonder die nodige dokumentasie bedryf en is dus onwettig.

City Power sê die 50-jarige eienaar is vandeesweek in Bertrams, Johannesburg, vasgetrek.

“Die polisie het inligting ontvang dat die skrootwerfhandelaar in die besit is van noodsaaklike elektrisiteitsinfrastruktuur,” sê die kragverskaffer.

Tydens die klopjag het die polisie op altesaam agt sakke vol koperkabels afgekom. Die kabels behoort aan City Power, Johannesburg Water en die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa). Kabelomhulsels, wat aan Telkom behoort, is ook gevind.

Die skrootwerfhandelaar, ʼn Mosambiekse burger, is aangekla vir die besit van noodsaaklike infrastruktuur en die onwettige bedryf van twee ondernemings.

City Power sê hy is verheug oor die jongste inhegtenisneming en het ʼn beroep op wetstoepassingsowerhede gedoen om nie net klopjagte in Gauteng uit te voer nie, maar hul pogings regoor die land te verskep.

“Daar was al verskeie gevalle waar City Power se gesteelde infrastruktuur in skrootwerfhandelaars se besit in ander provinsies teruggevind is,” sê die kragverskaffer.

“Die stryd teen kabeldiefstal en vandalisme, wat ʼn groot oorsaak van kragonderbrekings in die stad is, vereis doelbewuste en daadwerklike pogings deur wetstoepassingsagentskappe en die gemeenskappe wat City Power bedien.”

Die kragverskaffer het ook ʼn beroep op die strafregstelsel gedoen om meer aandag aan dié soort misdade te gee en te verseker dat oortreders strenger vonnisse opgelê word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Cassie Carstens ·

Nogal ‘n Mosambiekse burger. Dis waarom die grense met die buurlande oopgegooi is sodat hulle ook kan deel in die staatskaping. Sluit sy besigheid, en deporteer hom terug na waar hy vandaan kom. Plaas hom op ‘n lys van oortreders teen die staat.

Michael ·

Hulle lande afgebreek nou help hulle sa afbreek met die onbevoegde anc se hulp.

Anel ·

En nog ‘n buitelander!!!! Hoe kry hulle dit reg? Ek kan nie eers ‘n koekie in sy land verkoop nie, maar hier bedryf hy ‘n onwettige besigheid!!!! Raak ontslae van al hierdie onwettiges. Hulle is meestal betrokke by al die misdaad hier, van moie en verkragting, tot stropery van ons renosters en infrastuur!!! Maak ons grense behoorlik toe en pas behoorlike toegangsbeheer toe!!!!!

Aggie ·

Skrootwerwe wat met koperkabels betrap word, moet gesluit word. Lang tronkstrawwe sonder ‘n keuse moet gewettig word.

domheks ·

Ons strafregstelsel is sonder tande. More is die man weer op straat en gaan maar net voort om sy besigheid te bedryf. Hier moet regtig iets gedoen word, maar cANCer is hand om die blaas met buitelanders.

SjN ·

Hy gaan niks oorkom nie, its pay back time vir die klomp kaders, hul moet hul destydse slinkse beloftes nakom.

JohanR ·

Was dit nie ‘n ANC wat een op ‘n tyd gese het dat self skrootwerfhandelaars moet eet?????

Johan ·

Akkoord Anel. Ongelukkig kan die lot nie eers toegangsbeheer by die parlement toepas nie (wat relatief eenvoudig behoort te wees), so hoe gaan hulle grensbeheer toepas…

david ·

200kg of cable!! Does any one realise how little that actually is?
The SAPS have a legal duty to visit every scrap yard to confirm that they are;
1. entering every item they receive into a Stock Control book which the SAPS must sign off on,
2. That such items in the yard as confirmed by an investigation in situ are indeed registered correctly.
Unfortunately this does not happen!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.