Maroela Media het vroeër berig Leyden, ʼn Afrikaans-onderwyseres by Hoërskool Sandown in Sandton, was op 20 November op pad skool toe, toe sy omstreeks 07:00 in ʼn geringe botsing by die William Nicol-rylaan en Sandtonweg-kruising betrokke was.
ʼn Ooggetuie wat langs die pad gestaan het, het gesien hoe ʼn man in ʼn wit bakkie glo Leyden se wit Audi A4 van agter tref. Toe sy hom nader om kontakbesonderhede uit te ruil, het die twee glo begin stry en sy het haar arm in die voertuig gesteek om moontlik sy sleutels af te neem. Die man het na bewering begin wegry en Leyden saamgesleep.
Leyden was lank in ʼn koma ná die voorval en sukkel maande later steeds met haar gesondheid. Deon Schoeman (48), die bestuurder van die bakkie, staan nou tereg op ʼn aanklag van poging tot moord.
Die Hillbrow-landdroshof het intussen gevra dat enigiemand wat die voorval op 20 November sien gebeur het, konst. Peliswa Felez by 083 520 1239 bel.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
11 Kommentare
Maroela Media n saak het twee kante IVM my vorige kommentaar wat verwyder is.
Sjoe, die man klink na ‘n boelie, ek wonder of hy dieselfde sou doen as dit ‘n man was, sies!!
Ja, n saak het twee kante, maar dit gee geen persoon die reg om n ander te wil seer maak nie! En in so n geval klim jy uit jou motor uit en ruil jou inligting uit! Soos n opgevoede persoon sou gedoen het. Jy ry nie my die ander bestuurder wat in jou venster vasteek weg nie! Maak nie saak wat gebeur het of wie verkeerd is nie. Gister het iemand uit sy kar geklim omdat hy verkeerd was ook. Maar hy wou my wys hy is groot en ek moet skrik. Ongelukkig was ek nie bang nie. Die… Lees meer »
Sterkte met die een Deon Schoeman. n Saak het 2 kante en dan n vrou se kant. En net daar verloor jy!!!!
Hoekom gil en skree almal vir geregtigheid soos met die Oscar saak. Hierdie vrou se lewe is deur n arrogante padvark verwoes wat nie eens die opvoeding het om verskoning te vra nie. Of enige berou te toon nie.