‘Oorweeg ivermektien dringend’ – organisasies

(Foto: Luis Robayo/AFP)

Die burgerregteorganisasie AfriForum en die doktersgroep I can make a difference het Woensdag ’n dringende brief aan verskeie gesondheidsowerhede gestuur waarin dringend versoek word dat ivermektien vir die behandeling van Covid-19 aanbeveel word.

Dít te midde van bewyse wat daarop dui dat die derde virusgolf in Suid-Afrika begin het, sê die organisasies.

Die brief is vandag aan die ministeriële raadgewende komitee oor Covid-19, die departement van gesondheid, die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte (Sahpra) en die parlementêre portefeuljekomitee vir gesondheid gerig.

Dís hoekom

Die twee organisasies sê hulle is genoop om die aksie te neem nadat Indië, die tweede mees digbevolkte land in die wêreld, ivermektien as behandeling vir Covid-19 goedgekeur het en ’n afname in Covid-19-verwante sterftes beleef.

Hulle wys ook in ’n gesamentlike verklaring daarop dat Zimbabwe ivermektien as behandeling vir Covid-19 goedgekeur het en sukses in die bestryding van die pandemie ervaar.

Luidens die verklaring word daar ook in ’n artikel in The American Journal of Therapeutics aanbeveel dat ivermektien “wêreldwyd en stelselmatig” ontplooi moet word om Covid-19 te voorkom en te behandel.

Die organisasies sê voorts verskeie epidemiologiese analises van gebiede waar ivermektien versprei is, toon ’n duidelike afname in die Covid-19-sterftesyfer.

Die sogenaamde wondermiddel verlaag ook virale replisering en verminder dus virale mutasie wat op sy beurt die kans verlaag dat mutasie buite beheer kan raak – ’n verskynsel wat ’n negatiewe uitwerking op die implementering van entstowwe sal hê.

“Ongewone omstandighede vereis ongewone optrede,” sê dr. Naseeba Kathrada, stigter van I can make a difference, rakende die dringende aanbeveling van ivermektien.

“Die wêreldwye pandemie is al meer as ’n jaar aan die gang en ons werk steeds aan die ontwikkeling van doeltreffende behandelings teen Covid-19. Wat ons wel weet, is dat dit jare gaan neem om genoeg van die bevolking te immuniseer sodat hulle doeltreffende en veilige immuniteit kan hê.

“As ’n mens dit in ag neem, is dit onverantwoordelik om toe te kyk hoe mense doodgaan weens Covid-19 terwyl jy weet daar is ’n veilige geneesmiddel wat tot hul behandeling toegevoeg kan word,” sê Kathrada.

Volgens Barend Uys, hoof van navorsing van AfriForum, toon die bewyse duidelik dat ivermektien ’n kritieke rol kan speel in die stryd teen Covid-19.

“Die tyd het aangebreek dat voorkombare sterftes gekeer word en ’n stokkie gesteek word voor die vernietiging van lewens en inkomste wat met inperkings gepaard gaan. Dit is tyd om ivermektien aan te beveel vir die behandeling van Covid-19,” sê Uys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Anel ·

En die goed is al hie lank in geebruik en jare terug as veilig verklaar. So, doen weg met inenting en behandel met ivermektien. Ek ondersteun dit 100%

Samuel ·

Dit is verstommend dat SA gesondheidsowerhede nie invermektien gebruik nie. Daar is wêreldwyd bewyse dat hierdie medisyne werk. Ek sal eerder invermektien gebruik as die inentings.

Tubac ·

Het jy enige negatiewe effekte ondervind. Het jy n voorskrif gekry?

Charles ·

Beste opsie sover, die wat graag die entstof soek gaan nog laaaaank wag. Dis goedkoop, effektief en beskikbaar.

Pierre ·

maar pas glad nie die regering se naratief as enigste “Redder” nie

Ilze ·

Ek weet ook al van n paar SIEK mense wat heeltemal en vinnig gesond geword het op n groter dosis ivermektien.groter dosis as voorkomende dosis natuurlik.

anko ·

Ek weet ook van mense wat gou gesond geword het en was regtig baie siek

gehasie ·

Dankie AfriForum! Goed om te sien daar is denkendes is diè sluimerwêreld!

Thom ·

Baie goed vir wurms ___ geen wetenskalike bewyse dat dit enige nut het wanneer daar na virusse verwys word nie . ‘n Kollega en vriend het Covid gekry terwyl hy Ivermektien gebruik het ___ hy het by die dood omgedraai !

Baardman ·

Maar dis mos juis n bewys dat dit werk, hy het by die dood OMGEDRAAI en dus oorleef.

Tubac ·

Watter een is gebruik? Die wat deur n geneesheer voorgesryf, of die een by die spaza shop?

Nico ·

Thom, dit is die waarheid, my huisdokter sê al word jy met Ivermektien in geënt word, is die kanse goed dat jy nog dood gaan. Dit kan gebeur met die ander entstowwe.

Baardman ·

As jou huisdokter meen jy word met Ivermectin “INGEENT”, dink ek dis tyd om n ander dokter te kry.

anko ·

Sover ek weet word dit aangesmeer of gedrink maar nie ingeënt nie

SjN ·

Deur dit te aanbeveel sal hul onbevoegdheid beklemtoon en hul aansien n verdere knou toedien.

Pio ·

Dis die Pietsnot mense wat met maskers in hul motors rondry! Dra selfs maskers op die strand?

Tubac ·

Ag nee a! Wat van elke persoon se reg om dit toe te pas volgens sy/haar oortuiging. Kortliks: So What!

Jack ·

Los maar want die toordokters het dit nog nie goedgekeur nie. Feite is nie een van die sterk motiverings van die departement nie.

Karina ·

Ek lees van julle gebruik reeds Ivermektien – waar kan jy dit koop?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.