Oorwinning vir DA in Limpopo

(Foto: Maroela Media)

Die DA kon dié week daarin slaag om ʼn wyk in Thabazimbi te behou. Dit nadat die DA in onlangse tussenverkiesings heelwat wyke aan ander politieke partye afgestaan het, insluitend in Kaapstad en Vredendal in die Wes-Kaap en Bethal in Mpumalanga.

“Ons het daarin geslaag om ons ondersteuningsbasis te versterk en het met een persentasiepunt gegroei,” het die party Donderdag in ʼn verklaring gesê.

Die DA het 33,58% van Thabazimbi wyk 2 – wat die grootste gedeelte van die dorp beslaan – se stemme ontvang. Die Vryheidsfront Plus was tweede met 28,45% van die stemme en die ANC derde met 27,38% van die stemme. Die EFF het 7,07% van die stemme ontvang. Die Thabazimbi- vereniging vir belastingbetalers het ook aandag getrek met 3,54% van die stemme.

Die DA het ook onlangs Tokkie Swanepoel verwelkom as sy nuwe raadslid, nadat dr. Bertie Joubert, die DA-wyksraadslid en speaker van die plaaslike munisipaliteit, onlangs bedank het. Joubert wil nou eerder op sy akademiese loopbaan fokus.

“Ons vertrou volkome in ons nuwe raadslid, Tokkie Swanepoel, wat saam met die DA-koukus in Thabazimbi gereed is om inwoners met hernude krag te dien,” sê Jacques Smalle, die DA se provinsiale leier vir Limpopo.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Frik Lotz ·

Fantastiese groei deur die VF Plus! Doen so voort VF Plus. Trots op julle!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.