Openbare Beskermer vaar uit ná uitspraak, dreig om regter te verkla

Openbare Beskermer Busisiwe Mkhwebane (Foto: Thobile Mathonsi/African News Agency/ANA)

Die Openbare Beskermer (OB) sê regter Sulet Potterill het haar magte oorskry in haar uitspraak wat verband hou met die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, se aansoek teen haar.

Mkhwebane het Maandagaand ook aangedui dat sy teen die uitspraak in die Pretoriase hooggeregshof gaan appelleer.

“Met respek, die Openbare Beskermer is van mening dat regter Potterill haar magte oorskry het. Pleks daarvan dat sy gehou het by kwessies wat verband hou met min. Gordhan se aansoek vir opskorting van die toepassing van remediërende optrede, het die regter verder gegaan en gehandel volgens die meriete van die hersieningsaansoek,” het Oupa Segalwe, die OB se woordvoerder, in ʼn verklaring gesê.

Potterill het bevind dat die OB se remediërende optrede teen Gordhan opgeskort word, hangende ʼn regterlike hersiening van haar verslag oor die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) se sogenaamde geheime ondersoekeenheid. Gordhan het Mkhwebane hof toe gesleep en gevra vir ʼn dringende interdik.

Potterill het bevind Mkhwebane se remediërende aanbevelings is “vaag, teenstrydig en sinloos”.

“Die OB het in die verslag onder meer bevind dat min. Gordhan die parlement doelbewus mislei het deur te versuim om ʼn vergadering met die Gupta-familie te noem, dat hy tydens sy termyn as hoof van die SAID ʼn geheime ondersoekeenheid gevestig het wat ʼn skending van intelligensievoorskrifte was, asook dat hy Ivan Pillay as adjunkkommissaris en daarna as kommissaris aangestel het, terwyl hy nie oor die nodige kwalifikasies beskik het nie,” het Segalwe gesê.

“Die remediërende optrede het ingesluit dat pres. Cyril Ramaphosa moet kennis neem van die bevindings en die nodige tugstappe teen min. Gordhan instel, dat die speaker van die nasionale vergadering die bevindings teen min. Gordhan na die parlement se etiekkomitee vir oorweging verwys en die minister van staatsveiligheid moet verseker dat alle intelligensietoerusting wat die SAID se intelligensie-eenheid gebruik het wel teruggegee, geoudit en aan die Staatsveiligheidsagentskap oorhandig word.”

Segalwe het gesê Potterill het kwessies hanteer wat sy nie in die aansoek gevra is om te doen nie en uitspraak gelewer oor ander wat nié voor haar geopper is nie. Dit beteken Potterill het die “uitslag van die hofhersiening vooruitgeloop”.

“Dit laat die vraag ontstaan of daar nog nut is om met die hersieningsverrigtinge voort te gaan.”

OB-woordvoerder, Oupa Segalwe. (Foto: Brenda Masilela/ANA)

“Dit is ook interessant dat die regter dit goedgedink het om oor mnr. Pillay se kwalifikasies, of gebrek daaraan, te praat en uitspraak te lewer daaroor, terwyl die neerhalende opmerkings deur min. Gordhan teen adv. Mkhwebane in sy aansoek om hersiening en vir die interdik – wat die OB die hof gevra het om te verwerp – na die hersieningsverrigtinge moet oorstaan.

“Die OB is ook nie ingenome met die feit dat regter Potterill staatgemaak het op korrespondensie tussen haar kantoor en pres. Ramaphosa nie, al het die betrokke briewe niks met die sogenaamde geheime ondersoekeenheid te doen gehad nie, maar verband gehou het met die ondersoek na Pillay se pensioenuitbetaling. Voorts is die dokumente eers op die dag van die verhoor by die hof ingehandig, en het ander partye nie kans gehad om dit te hersien nie.”

Mkhwebane is ook bekommerd oor Potterill se keuse van taalgebruik, het Segalwe gesê. Hy het dit beskryf as onvanpas vir ʼn regter en nie in ooreenstemming met die waardigheid van die hof nie.

“In haar uitspraak het die regter die OB se remediërende optrede skokkende genoeg “sinloos” genoem. Die OB oorweeg die regstappe beskikbaar. Dit sluit in die opsie om die saak na die Regterlike Dienskommissie vir oorweging te verwys.

“Nog ʼn bron van kommer vir die OB is die onlangse gebruik om haar te skei van die amp wat sy dra, iets wat regter Potterill nou klaarblyklik versterk. In dié geval het sy ʼn persoonlike kostebevel uitgereik, hoewel geen van die partye daarvoor gevra het nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Oog vir n Oog ·

Shame ….. Siestog …… Nooit weer sal ons ‘ Thuli Madonsela’ eweknieë hê nie.

Andre Coetzee ·

Die ou vroutjie is heeltemal en sonder twyfel onbevoeg vir die pos.Hoe lank ons nog die sirkus moet verduur weet nugter aleen.Die vraag is ook vir hoe lank gaan ons nog die klomp verduur ?Die tyd vir aksie is nou.

Kanarie ·

Dank haar summier af. Sy mors die belasting betaaler se geld.

Sarel ·

Hierdie openbare beskermer het nou ‘n openbare gevaar geword…. en die beskaafde ding om te doen is om te…. bedank.

Wonner ·

Wie gaan betaal daarvoor, ruk bietjie haar eie sak dan sien jy hoe gou gaan sy ophou maar nou betaal ons mos!!!

Johan ·

Dit is nie die die regter wat haar magte oorskry het nie. Dis die OB wat eerder háár eie magte oorskry en klagtes polities en nie volgens regsbeginsels benader nie. Maar

Jerry ·

Busisiwe you beauty, you have really played your part extremely well for the struggle, but now is the time that you should consult with the ANC for your re-deployment as ambassador to either Venezuela or Zimbabwe!

AndrewL ·

Iemand moet dringend ‘n “Job description” kry. En ‘n mentor. En ‘n vriend wat kan help betaal.l

Maljan ·

Praat van magte oorskrei. Waar het ons al die vasklou soos, uhm, vla aan m wolkombers gesien?

Gert van Wierdapark ·

Ai tog! Die OB en haar oupa-spannetjie kry maar swaar, want die waarheid maak Seer!! SINLOOS = Wat n mooi woord wat die regter gebruik het. Dit is sommer n goeie opsomming van vorige verslae!!! He-he-he!!!

Pieter ·

Klink asof die OB vir almal wil kom vertel hoe om hulle werk te doen….eers vir Cyril, dan die parlement en dan die Kommisaris van Polisie, die NVG en nou ook ‘n regter van die Hooggeregshof. En as dit nie volgens haar sin gedoen word nie gooi sy haar speelgoed uit die kot uit. Wie dink sy is sy?

SjN ·

Sy dreig te veel en doen te min, die fout le by haar, benoude katte maak benoude spronge.

toy ·

Sy dreig die Regter, sy soek skoor met almal. Daar is tye wat jy moet aanvaar jy is nie altyd reg nie.

Johan du Toit ·

Die dame is nog ernstig onder Jacob Zuma se invloed. dit is tyd dat sy die trekpas kry voordat sy geheel en al bankrot is.

Thinus ·

Dis omdat die OB en haar kantoor nie hulle eie onbefoegdheid kan insien nie. Die klomp clowns dink hulle is untouchable. Kry van jul eie medisyne terug.

Nonnie ·

Wat ‘n belaglike klomp gebrabbel deur die OB, wat ooglopend totaal onbevoeg is om daardie belangrike pos te bekleë………wanner gaan daar van haar ontslae geraak word???????

Johan ·

Wie de hel dink sy is sy…..sy gaan nie bedank nie….as sy so arrogant is ,is van geen plan om êrens te gaan nie…..

marous ·

Sy moenie tyd mors met die hooggeregshof of selfs appel hof nie . Sy moet sommer reguit na die gronwetlike hof toe . Sy is sekerlik baie gemaklik met die instelling se onafhanklikheid .

Elvira ·

Hierdie vrou ken nie haar plek nie. Hoop sy bedank. Thuli Madonsela IS n regte LADY

Bridget ·

Kyk net na haar foto haar hele gesigs uitdrukking straal wraak sy is verseker nie bevoegd om in daai pos te wees nie nou soek sy aandag op ‘ander manier

Johann cb ·

Hierdie dame is eintlik baie slim! Sy laat die howe toe om alle ingeligte besluite namens haar te neem!

Anoniem ·

Sy hou aan om die gat onder haar voete al dieper te grawe…. en maak dit al makliker om van haar ontslae te raak.

mc ·

Dink hier moet deeglik ondersoek ingestel word oor hierdie vrou se kwalifikasies. Sy kan haarself nie eers beskerm nie, hoe moet sy nou die publiek beskerm, al wat sy doen is mors die belastingbetaler se geld om strooi.

Penellope Jones ·

Wil sy nie maar die Wet en alle howe gaan aankla erens nie, dalk laat dit haar beter voel en net dalk verander dit die feite ook . . . . .

Fielies ·

Daar word reeds deur Democracy for Action geld ingesamel om haar regskostes in die ABSA saak te dek.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.