Opruimingswerk begin ná kouefront in Kaapstad

Kaapstad (Mei 2020) (Foto: Phando Jikelo/African News Agency/ANA)

Stad Kaapstad het met opruimingswerk begin ná ʼn verwoestende en erge kouefront die gebied Saterdag getref het.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het Vrydag ʼn waarskuwing uitgereik oor die weersomstandighede. Stormsterkte wind het Saterdag bome ontwortel en voertuie en infrastruktuur is in Wynberg, Lotus Park, Gugulethu, Plumstead, Vishoek en Retreat beskadig.

Die stad was op hoë gereedheidsgrondslag voor die kouefront en ʼn marienewaarskuwing is ook uitgereik vir hoë seë en intense rukwinde. ʼn Plaaslike oorstromingswaarskuwing is ook uitgereik.

Die stad se rampbestuureenheid het Maandag gesê verskeie departement het reeds reageer om die omvang van die skade te bepaal.

JP Smith, ʼn lid van die burgemeesterskomitee vir veiligheid en sekuriteit, het gesê buiten hulp aan verskeie gemeenskappe word maatskaplike bystand, soos sopkombuise, ook gelewer. ʼn Finale verslag van die skadebepaling sal vrygestel word sodra alle assesserings afgehandel is.

Reën het twee weke gelede ook tot kragonderbrekings en oorstromings gelei in verskeie dele van die stad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Die Wolf ·

Ek hoop dat die opruiming die vervlenterde gehuggies ook gaan insluit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.