Optog in Pta beplan

Argieffoto: Verkeer in Pretoria se middestad

Die Suid-Afrikaanse burgerlike organisasie Sanco het gedreig om Donderdag Pretoria se middestad tot ʼn stilstand te bring om oor dienslewering te betoog.

“Die gemeenskap van Tshwane in Gauteng word genooi om aan die massa-protesaksie deel te neem,” het Sanco in ʼn kennisgewing genoem.

Sr.supt. Isaac Mahamba, woordvoerder van die Tshwane-metropolisie, het bevestig die metropolisie het die kennisgewing van die beplande optog ontvang.

“Die metropolisie het nie die optog goedgekeur nie aangesien die organisasie versuim het om aan sekere vereistes van die Byeenkomstewet te voldoen,” het Mahamba gesê.

Volgens die kennisgewing gaan Sanco-ondersteuners omstreeks 10:00 van die ou Putco-busdepot in Marabastad tot by die Tshwane-huis stap.

Die roete wat betogers beplan om te stap behels Struben-, Sophie de Bruin-, Madiba- en Lilian Ngoyistraat. Die optog sal na verwagting teen 15:00 klaar wees.

Metropolisiebeamptes gaan na die middestad ontplooi word om die situasie te monitor.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Robert ·

Nou wonder ek hoe die stad gaan lyk teen drie-uur vanmiddag. Sterkte

Kobus ·

So dis nie ‘n wettige optog nie, maar hulle aanvaar dit nou maar net? Die betogers is darem baie hoflik en bedagsaam dat hulle die metropolisie in kennis stel van hul onwettige bedrywighede.

Melt Olckers ·

Dit word nie sommer net aanvaar nie. Die publiek word net gewaarsku dat dit gaan plaasvind. Vir veiligheid stel die Metro die publiek in kennis van ‘n beplande onwettige optog, al is dit nie goedgekeur nie. Die Metro moet nog steeds die publiek waarsku wanneer selfs onwettige optrede plaasvind. Strafaksies kan volg teen die organiseerders.

Hansie slim ·

Is dit nou die ANC wat teen DA diens betoog?
Hoop maar hulle doen dit ook teen munisipaliteite wat ANC is…of word.
Hoop maar die DA klou vas in Jhb!

Moenie my laat lag nie ·

STRAF AKSIES VOLG NOOIT TEEN ORGANISEERDERS van onwettige aksies NIE, VERAL NIE AS HULLE VAN ‘N SEKERE GROEP IS NIE. Net boere wat wettiglik protesteer word geboelie en in hegtenis geneem. Haal tog die oogklappe af.

Hennie ·

Net ter inligting die Swart Maandag optogte was nie wettig nie, gun asb elkeen wat ‘n optog wil hou sy/haar reg . SANCO het almal genooi en dit gaan oor swak dienslewering, ek dink jy moet jou oogklappe afhaal en die “jannie jammer ek leef” houding verander,of is jy 100% tevrede met die dienste wat jy kry????

Brian ·

Hennie in watse reenboog eutopia leef jy waar almal kwansuis gelyk is voor die reg en land as geheel? Dink jy in jou optimisme dat hierdie optogte werklik oor dienslewering gaan? Kom ons wag tot jou optog verby is en kyk of iets verander het. Dalk moet jy nie so vinnig van oogklappe praat as jy nie ingelig is nie.

Daleen ·

Hennie as jy nie tevrede is nie vat jou pak en gaan. Ek is 100% tevrede.

Kasparrie ·

Ek stem saam jou hennie erg hoe wit rassiste op die blog te kere gaan…swart maandag was ook onwettig en asb as enige iemand nou dink hulle het iets reg gekry lees weer maroela elke dag ou brian….alle optogte is n klomp twak

Marie ·

Wat maak dit saak as swart maandag onwettig was of nie. Daardie mense het nie goed aan die brand gesteek nie en volgens wat op die media gesien was, was hulle rustig en beskaafd. O, ja dit is mos wettig om dit op ‘n barbaarse manier te doen en goed te brand en stukkens te slaan. Ai, tog ek het vergeet ‘n paar mense het op swart maandag ‘n vuurtjie aangesteek. Raai vir wat. Om ‘n vleisie te braai.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.