Optrede geëis ná zama-zamas werker vermoor

Argieffoto. (Foto: Elaine Krige)

Solidariteit het Dinsdag sy afgryse oor die moord op ʼn elektrisiën deur onwettige mynwerkers by Sibanye-Stillwater se Cooke-aanleg uitgespreek. Dit volg nadat onwettige mynwerkers Maandagaand ʼn werker tydens gewone herstelwerk aan kragkabels geskiet en vermoor het.

Volgens Solidariteit was die slagoffer en sy kollegas in goeie trou besig met noodherstelwerk aan die kragkabels en het geen bedreiging vir die onwettige myners ingehou nie.

“Hy is koelbloedig geskiet. Mynbou is op sigself reeds ʼn hoërisiko-bedryf en nou raak dit nog gevaarliker weens die aanwesigheid van onwettige mynwerkers,” sê adv. Paul Mardon, adjunkhoofsekretaris van strategie en volhoubaarheid by Solidariteit.

Solidariteit voer aan dat die skerp toename in onveilige toestande vir werknemers in die mynbedryf hoofsaaklik toegeskryf kan word aan die regering se onvermoë om onwettige mynbou in Suid-Afrika hok te slaan.

“Ten spyte van talle noodlottige voorvalle by myne en herhaalde versoeke van Solidariteit dat die regering daadwerklike stappe teen die misdadigers doen, het onwettige mynbou-aktiwiteite in die land toegeneem en behaal die regering geen oënskynlike sukses daarteen nie,” verduidelik Mardon.

“Die rol wat die regering in hierdie verband speel, hetsy weens ʼn gebrek aan bevoegdheid of ʼn afwesigheid van die wil om by kwessies in te gryp, kan nie sterk genoeg beklemtoon word nie. Hierdie kwessies is nie blote teoretiese beleidskwessies nie. Dit hou tasbare gevolge in en werknemers kan nie langer met hul lewens boet vanweë ʼn onverskillige regering wat sy voete sleep nie. Ons eis onmiddellike, duidelike en beduidende stappe. ʼn Verdere gesloer sal nie geduld word nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Danie ·

As hulle so bietjie krap dan sal ek nie verbaas wees as daar n regerings amptenaar agter die onwettige myn bedrywighede sit

Hasie ·

Ons regering kan nie hul slaapie in die parlement in kry as hul , hul werk doen nie ….siestog hul is Soooo oorwerk .

Nie Verbaas ·

Wel dit is wêreldwyd bekend dat die ANC korrup en totaal en al onbevoeg is. As ek my naam so krater moet maak soos hulle sal ek nie eers my huis verlaat om n roomys te koop nie.

Di ·

Dit is SKOKKEND dat ‘n REGERING nie die nodige stappe neem om hierdie hordes ONWETTIGE MYNERS in hegtenis te neem nie! Ons land is OORGENEEM deur onwettige immigrante wat meer regte as ons landburgers het EN hulle is ook die OORSAAK dat misdaad die hoogtes ingeskiet het. Op ander nuusblad gelees dat daar sprake is van polisielede wat ook hierby baat

Frank John ·

Ek kan duidelik sien dat die huidige regering en al hul volgelinge soek hierdie gaos. Dit is wat hul wou hê van die begin af. Hulle wou beheer hê oor alles sodat hulle kan roof,plunder en moor. Hulle opdragte ontvang hulle van die vader daarvan. Lees maar Joh. 10:10. Duidelik uitgespel. Jy kan dit nie anders sien nie, hulle word beheer deur hul leier.
Nou kom ou Rampies se dinge ook aan die lig.
Hy kan nou maar sê net wat hy wil hy is deel van die selfde Zuma maniere en hul planne.

Gogga ·

Hierdie is baie hartseer. Dis ‘n mens wat sy werk voluit gedoen het, altyd met ‘n glimlag en meer as behulpsaam. My hart gaan ook uit vir die ander mense wat tans in die hospitaal aansterk. Sterkte vir elke persoon wat deur die onnodige aanval geraak is.

Eden ·

Die zama-zamas is soos politici en taxi-bestuurders ‘n wet op hul eie in die land.

Waarnemer ·

Ek sal nou net graag wil weet of hierdie Zama Zamas ook van moord aangekla gaan word soos die veiligheidsbeampte wie die rower die lewe uit gehelp het?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.