Oudgenl. Constand Viljoen oorlede

Oudgenl. Constand Viljoen, Foto: Ian Barbour/Flickr/Commons Wikimedia

Die voormalige hoof van die destydse Suid-Afrikaanse Weermag en stigtersleier van die destydse Vryheidsfront, genl. Constand Viljoen, is Vrydag in die ouderdom van 86 jaar op sy plaas naby Ohrigstad oorlede.

Constand Laubscher Viljoen is op 28 Oktober 1933 in Standerton gebore en het aan die Hoërskool Standerton gematrikuleer. Hy het ʼn graad in militêre wetenskap aan die Universiteit van Pretoria behaal en vinnig opgang gemaak in die weermag, en het in 1977 hoof van die leër geword.

In 1980 het hy genl. Magnus Malan opgevolg as hoof van die weermag, ʼn posisie wat hy tot in 1985 beklee het. As generaal het Viljoen meermale in die voorste linie geveg tydens die Angolese bosoorlog. Dit het by sommiges baie ontsag afgedwing omdat hy gedoen het wat hy van ander verwag het, terwyl ʼn tweede denkgroep gemeen het ʼn generaal is onverantwoordelik om homself aan spervuur bloot te stel. Ander het gemeen geen Suid-Afrikaanse soldaat – Viljoen inkluis – hoort nie in Angola nie.

Viljoen het hom min aan die kritiek hieroor gesteur en het by geleentheid vertel hy het sy gedrag geskoei op die voorbeeld van Israeli-generaals soos Moshe Dayan. In die tydperk tussen die opheffing van die verbod op die ANC in 1990 en die demokratiese verkiesing van 1994 het Viljoen by die politiek betrokke geraak, aanvanklik as deel van die destydse Volksfront, ʼn organisasie waarby verskeie regse organisasies wat teen die verkryging van ʼn grondwetlike demokrasie in ʼn verenigde Suid-Afrika gekant was, aanklank gevind het

In Maart 1994 het die president van die destydse tuisland Bophuthatswana (ʼn samevoeging van losstaande stukke grond in die huidige provinsies Noordwes, Noord-Kaap en die Vrystaat) dr. Lucas Mangope, laat blyk hy gaan nie toestem tot die inlywing van sy tuisland by ʼn demokratiese Suid-Afrika nie.

Weens die bevolking van Bophuthatswana se begeerte vir demokrasie – en die vrees dat staatsdienssalarisse en staatstoelaes nie uitbetaal sou word nie – het ʼn opstand in die tuisland uitgebreek, en die tuisland se weermag het gemuit.

Mangope het die Volksfront om hulp gevra en Viljoen het ʼn ontsettingsmag na die lughawe van Bophuthatswana se hoofstad, Mmabatho, gelei. Die Afrikaner Weerstandsbeweging (AWB) het ook van die situasie te hore gekom en het die tuisland binnegeval. Viljoen het geweier om sy ontsettingsmag saam met die AWB te ontplooi. Na skermutselings met die veiligheidsmagte van Bophuthatswana het die AWB onttrek, met verskeie ongevalle.

Op die laaste dag van registrasie vir die eerste demokratiese verkiesing het Viljoen ʼn party genaamd die Vryheidsfront by die Onafhanklike Verkiesingskommissie geregistreer. Die party sou hom beywer vir ʼn Afrikaner-volkstaat. Die party het sowat 400 000 stemme nasionaal getrek, wat 2,2% van die totaal was en nege setels in die Nasionale Vergadering beteken het. Viljoen het as leier aangebly en in 2002 uit die politiek getree.

In die parlement is Viljoen deur alle partye baie hoog aangeslaan, maar hy was rusteloos en ontuis daar aangesien hy in hart en niere ʼn soldaat was.

Immer aan sy sy, en absoluut altyd teenwoordig in die galery wanneer hy ʼn parlementêre toespraak gelewer het, was sy vrou, Risti. Uit hul huwelik is vyf kinders gebore.

Die huidige leier van die VF Plus, dr. Pieter Groenewald, het by navraag sy meegevoel getuig met die familie, met wie hy reeds in kontak was.

“Dit was vir my ʼn voorreg om genl. Viljoen as leier te volg – as soldaat en as politikus. Viljoen se grootste strewe was na Afrikaner-eenheid. Hy was ʼn gemakliker soldaat as politikus, en sy integriteit is nastrewenswaardig,” het Groenewald gesê.

Dr. Pieter Mulder, voormalige VF Plus-leier, het ook hulde aan Viljoen gebring. “Hy was ʼn hoogs intelligente persoon en ʼn baie goeie militaris. Dit het geblyk uit die blinde lojaliteit wat soldate op die grens vir hom gehad het. Die rede was omdat hy nie gehuiwer het om saam met hulle in die voorste linies op te tree nie.”

Volgens Mulder het dié eienskap Viljoen ook later nuttig te pas gekom in sy rol as politikus. “Hy het tegnies afgetree, maar hy was bereid om terug te kom en ʼn belangrik rol te speel. Hy het in daardie moeilike tyd gehelp om Afrikanersake soos selfbeskikking op die agenda te kry.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Kokerboom ·

‘N groot seder het geval. As militaris en persoon het ek die grootste respek vir hom gehad.
Baie hartseer. Rus sag Generaal Viljoen

Astrain ·

Groot gees en briljante militere kenner ~ sy kaliber is baie skaars! Saluut Generaal

Raadslid ·

Nie een persoon wat sê hy was ‘n verraaier kon dit aan my bewys nie.

Gert69 ·

Vra die duisende Boere wat hy in BOP bymekaar gekry het en hulle toe net daar gelos het en die nuwe bedeling ondersteun het, Ek is seker hulle voel anders oor die saak.

Dubbelloop ·

Geben, as jy so sê hoop ek jy staan aan die kant van held. Want hy was geen verraaier nie.

Cherokee ·

Nogal met trots waarmee ek jou ‘n duim-af gee. Die laaste deel van jou sin oor Constand Viljoen, geld vir jou.

Gert69 ·

Hmmm n Afrikaner sal my n verraaier noem Ek verwag niks minder nie. Geseend.

Pieter ·

Baie hou nie van jou opinie nie Gert nie, jy word as verraaier gebrandmerk. Net soos Jesus voor Pontius Pilatus gebring is deur die ongelowiges en politieke agenda drywers. Laat die feite vir hulself spreek.

Suid van Ohrigstad, voor Verraaiersnek en Krugerspos, is die ou plaas van Carel Trichardt, seun van die Voortrekker Louis Trichardt. In dié area is ek in 1996 meegedeel dat die generaal in die politiek gedwing is om sy skuld te vereffen agv sy boerdery en besighede in Ohrigstad. Die verraad van die generaals is duidelik in die boek Volksverraad deur adv. Pretorius. Vandag huldig die Nelson Mandela stigting vir genl. Viljoen. Om sy as te plaas by die Voortrekkermonument/Sontempel wys waar sy opvattinge lê. Dit sal immers moeilik gewees het om hoof van die weermag te word en nie deel te wees van die onheilige 3-eenheid nie: NP, NG kerk en Broederbond. Deur sy toedoen het die Afrikaner deel geword van hierdie kriminêle bestel en afstand gedoen van selfbeskikking.

Pieter ·

Goed om ‘n traan te vee vir die manne wat in BOP afgeslag is, maar ironies:
Eugene Terreblanche sterf 3 April 2010
Genl. Viljoen sterf 3 April 2020.

Die generaal en korporaal.

MakersMark ·

As jy van die AWB gespuis praat wat BOP probeer “inval” het, deur Genl. Viljoen oorreed is om terug te keer SA toe en op pad terug deur die BOP weermag geskiet is dan vee ek geen traan weg nie. Hul het op burgerlikes geskiet en het die prys betaal. Plaas dat hul na Viljoen geluister het en ophou skoorsoek het. Daar is geen parallel te trek tussen Viljoen en Terreblanche nie Viljoen was nie ‘n lafaard qnie.

Wielspore ·

Estranged by political beliefs, the Viljoen twins found themselves in different political camps in 1990. Abraham, who was among the group of Afrikaners who had met the banned ANC in Dakar in 1987, was working for the Institute for a Democratic Alternative for South Africa. Constand had come out of retirement to head the Afrikaner Volksfront, a right-wing organisation started by Afrikaners opposed to majority rule. At that time, the Volksfront could call on an estimated 100 000-strong well-armed and trained militia.
Realizing that a civil war would destroy South Africa, Abraham went to see his brother and urged him to consider an alternative to war: talks with the ANC. What followed was a series of secret meetings and negotiation
Source: BROTHERS IN WAR AND PEACE – DENNIS CRUYWAGEN

Raadslid ·

Nog ‘n groot boom het geval. Ons eerste ontmoeting was 1981 in Angola. Dit wat dr Pieter hier sê het ek daar persoonlik ervaar. Ons ontmoetings sedert 1994 in politiek het my respek vir hom net groter gemaak. Sterkte aan die familie. ????????

Jacobus ·

Die dinge wat ons in staat gestel het ‘n weermag soos min in die veld te sit. ‘n Meester – nooit genoeg krediet gekry. Het hom seker geskaam vir wat oorgebly het. Saluut Generaal. Het nooit geskroom om by jou in die veld te sit en te vra wat ons beter kan doen………..

Boortor ·

Voorwaar slegte nuus. Rus in vrede Generaal. Jy was n MAN onder die manne. Nie n bang haar op jou kop gehad nie. Simpatie aan die familie veral sy seun. Ons het saam gewoel onder die vyand.

Jax ·

Rus in vrede oom Constand. Sterkte aan tannie Ristie en res van die familie in hierdie moeilike tyd. Ek dink aan elkeen van julle

Schalk N ·

Ek Salueer U Genl Constand Viljoen. R.I.V. My innige simpatie met U familie. ⚔

Jan Seerot ·

Ek het onder hom gedien in die elite magte. Wat ‘n soldaat, wat ‘n mens!

Jannie van Niekerk ·

Ek het die voorreg gehad om hom te ontmoet toe hy nog ‘n Brigadier was. ‘nOpregte beroepssoldaat

Joe Olivier ·

Rus in vrede Generaal. Ek salueer u met die respek wat u verdien het. Baie sterkte aan die familie

marius ·

Sy groen infanterie sweetpak baadjie en opvou kolf R2 tussen die troepe in ‘n loop graaf . Hy en Kmdt Chrisjan Serfontein saam het seun soldate leeu harte gegee . Dis hoe ek hom sal onthou.

Hitler ·

Respek!!! Saluut!
Mag sy nageslag en voorbeeld voortgesit word met mening en geseen word met groot oorwinning!

Jr ·

Niemand in vandag se weermag is werd om daai man se skoene te dra. Briljante militere brein

Sarel ·

Genl. Constand Viljoen …een van SA se Groot seuns en die wat onder en saam met hom gedien het kan net met die grootste respek van hom.praat.
As Militaris en as mens.
Staaltjie in die gange van Grootfontein beweer dat ‘n troep( wat bietjie stadig was).die Generaal eendag beskryf het as ‘n ” PTI Majoor” .

Flip ·

Groot respek vir n man wat in die voorste linies geveg het en geweet het hoe om die vyand aan te vat. Die mense hier met hul duimpies na onder is sekerlik die manne wat eers n brannas en coke vat voor hulle met n .38 wil gaan oorlog maak.

Belisarius ·

JanJan, jou stelling dat diegene wat Viljoen gesteun het teen ‘n grondwetlike demokrasie was spreek meer van jou politieke vooroordeel as die feite. Ons was juis vir so stelsel, maar het bloot nie gedink dit kan hier werk nie. Die afloop van gebeure het ons reg bewys- want uitkomste tel meer as propaganda oor bedoelings. ET en span was nooit verteenwoordigend van ons nie- net die luidrugtigste- en vir ons ‘n verleentheid. Hier moes ‘n federale bedeling gekom het, dan kon hier ‘n werkbare demokrasie gewees het- nie ‘n demografiese demokrasie. Hoe kan jy steeds aan hierdie mislukking vasklou? Dis rassisties om te verwag dat die ANC ‘n Westerse liberale model moet bedryf.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.