Oudhoof van SAID wil OB óók hof toe sleep

Openbare beskermer Busisiwe Mkhwebane (Foto: Jonisayi Maromo/ANA)

Oupa Magashula, die voormalige hoof van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID), het ook sý regspan beveel om openbare beskermer (OB) Busisiwe Mkhwebane se bevinding oor die aftrede en heraanstelling van sy oudkollega Ivan Pillay tien jaar gelede, te laat hersien.

Sy regspan sê in ʼn verklaring hulle is opdrag gegee om op ʼn dringende basis met die hersieningsaansoek in die hooggeregshof te begin.

“Die onbetaamlike haas waarmee die openbare beskermer haar bevindings op 24 Mei 2019 bekend gemaak het, is na ons kliënt se mening ʼn aanduiding dat min of geen waarde geheg is aan die bewyse en bykomende voorleggings nie.”

Magashula se regspan voer aan Mkhwebane se bevinding spruit uit ʼn “verkeerde toepassing van die feite en ʼn verkeerde begrip van die wet”.

Magashula se besluit volg kort op dié van die minister van openbare ondernemings, Pravin Gordhan, wat óók Mkhwebane se bevindings wil laat hersien. Die OB het bevind Gordhan is skulding aan wanbestuur vir sy destydse goedkeuring van Pillay se vroeë aftrede met volle voordele. Pillay is daarna op kontrak heraangestel. Gordhan was toe die minister van finansies.

Mkhwebane het aanbeveel dat pres. Cyril Ramaphosa tugstappe doen teen Gordhan en dat die geld wat uitbetaal is, terugbetaal moet word.

Die minister, Magashula én Pillay hou voet by stuk dat die goedkeuring wettig was.

Die regsorganisasie Freedom Under Law (FUL) het intussen gesê hy is “ontsteld, maar nie verras nie” deur die OB se jongste bevindings.

“Dié poging om ʼn koue gereg weer warm te maak en aan die publiek te probeer opdis as bewyse van verkeerde optrede is kommerwekkend. Maar dat die OB haar verslag uitgereik het skaars twee dae nadat sy reaksie van die betrokke party gekry het – en dus versuim het om behoorlik na die terugvoer te kyk – maak ʼn bespotting van die selfs die mees basiese beginsels van geregtigheid,” het Nicole Fritz, uitvoerende hoof van FUL, gesê.

Fritz het gesê die OB doen dit boonop in ʼn week waarin ʼn hof bevind het sy het in nóg een van haar ondersoeke “niks gedoen om die publiek te verseker dat sy die saak behoorlik oorweeg het of minstens probeer het om by die waarheid uit te kom nie”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

humor ·

O dit was so heerlik knoesig onder die vleuls van z, maar nou raak die lewe koud en ongenaakbaar.

Trol ·

Nou sal alles wat voorheen in die media sirkus afgelag was, weer opgediep en voorgesit word. As die froog gesuigde bene weerban die tafel gevee word, gaan sy (g)absa/volkskas weer opwarm sonder pap of slaai

Ronnie ·

Die gekose elite hierdie land verdien dit hou net àan.met ANC

Cherokee ·

…en júlle wat destyds baniere geswaai het om ghordhan as president te laat verklaar, is tjoepstil.

Valkoog ·

Die OB het geen respek by die publiek nie. Watter korrupte staatskapers het sy al ondersoek? Hopenlik raak die president binnekort van haar ontslae!

Neels ·

Nie n derde mag nie maar n duistere MGZ mag wat die nuut verkose regering wil sink voordat dit nog behoorlik begin het . O ja en die huidige NI waar is die

BlinkStephaans ·

Oupa jy sal moet gou spring… die ry van ouens wat busisi se bevindinge wil betwis gaan baie vinnig baie lank raak… opskud hoor.

Adri ·

Ek lees eers jul kommentaar en dan die berig. Julle moet liewers vir julle ‘n HAT koop en leer spel. Min van julle bemeester die skryf en spelkuns. Ek geniet dit as ek sien hoe stomp julle as potlode is.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.