Oudste man (113) sterf in sy slaap

Masazo Nonaka was met sy dood Sondagoggend die oudste man ter wêreld. Foto: Facebook

Die wêreld se oudste man is tuis oorlede op Japan se noordelike hoofeiland, Hokkaido. Hy was 113 jaar oud.

Sy familie sê Masazo Nonaka het Sondag in die vroeë oggendure sag heengegaan in sy slaap aan natuurlike oorsake in die herberg in Ashoro wat sy familie al vier geslagte lank bedryf, berig The Guardian.

Nonaka is op 2 Julie 1905 gebore en het in ʼn groot gesin grootgeword. Hy het sy ouers opgevolg as bestuurder van die herberg, wat sy kleindogter nou bedryf. Nonaka het sy vrou en drie van sy vyf kinders oorleef.

“Die verlies van dié groot figuur is vir ons ʼn skok,” het sy kleindogter Yuko gesê. “Hy was gister maar soos altyd en is dood sonder dat hy vir ons enige ongerief veroorsaak het.”

Ná sy aftrede het hy dit geniet om sumostoei op TV te kyk en lekkergoed te eet.

Japan het een van die wêreld se hoogste lewensverwagtings en het die man opgelewer wat die langste ter wêreld geleef het: Jiroemon Kimura is in 2013 oorlede, kort ná sy 116de verjaardag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Daan Erasmus ·

Ek is baie banger vir ouderdom as vir die dood. Dankie nie daardie ouderdom vir my is nie.

Johan ·

Ek hoor jou Daan maar Japan het baie respek vir sy ou mense en kyk besonders na hulle.Anders as hier waar hulle baie gou vergeet word.Hulle word so oud oor hul dieet.Omtrent net vis met af en toe hoender,groente,rys en noodles met omtrent nooit rooivleis nie.☹️

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.