Oudvoorsitter van UJ-raad vas vir beweerde bedrog

Prof. Roy David Marcus. (Foto: X)

ʼn Voormalige voorsitter van die Universiteit van Johannesburg (UJ) se raad word daarvan beskuldig dat hy en twee ander persone dié akademiese instelling uit meer as R14 miljoen bedrieg het.

Prof. Roy David Marcus (76) het homself Vrydag by die Valke se eenheid vir ernstige kommersiële misdaad in Johannesburg oorgegee en het sedertdien in die Palm Ridge-handelshof verskyn op aanklag van bedrog.

Kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die Valke, sê Marcus word saam met Andries van Schoor, visekanselier van finansies by UJ, en Andrea Spilhaus, direkteur van die maatskappy Clarify Investment Corporation, daarvan verdink dat hulle saamgespan en fakture by die universiteit ingedien het vir dienste wat nie deur die betrokke diensverskaffer gelewer is nie.

Van Schoor en Spilhaus is reeds einde Augustus in hegtenis geneem en sedertdien borgtog van R10 000 toegestaan.

Marcus is op waarskuwing vrygelaat.

Hy moet weer op 4 Desember in die hof verskyn.

Mogale sê daar word beweer dat die geld “deur een van die medepligtiges” goedgekeur en aan drie maatskappye betaal is sonder dat behoorlike verkrygingsprosedures gevolg is.

Marcus was die direkteur van die maatskappye aan wie die tenders toegeken is.

“Marcus het nie die magtiging gehad om sulke betalings goed te keur nie en het dus die gedragskode van die Universiteit van Johannesburg oortree,” sê Mogale.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Delia ·

Hierdie manne kry groot geld in salarisse. Wat beweeg hulle tot oneerlikheid?

Joan ·

Hulle he die hele regering as voorbeeld . . . . . en daar word almal net oorgeplaas na ‘n ander departement.

007 ·

Dis maar hoe dinge werk in SA, van No 1 af tot onder. Wonder net of hulle ook so maklik gevang en gestraf gaan word.

melaney ·

Jare gelede was akademici meestal bo verdenking. Hulle was hul “sertifikaat” werd. Deesdae moet mens twee keer dink alvorens jy die dokter besoek, of in sekere kerke plek inneem, ens. ‘n Spesialis het al vertel ek het kanker. Toe die onkoloog my daarna sien, het hy die teendeel bewys. Hoe dan nou?

Karoo ·

Ai…. om op hierdie ouderdom vasgevat te word vir bedrog. En dit is nie eers baie geld nie. Was dit dan die moeite werd? Is sit ooit?

Anonymouse ·

Sjoe, weet nie waar jy vandaan is nie maar in my wereld is 14 miljoen nogal baue geld.

Karoo ·

14 Miljoen gedeel deur 3…. dis nie die moete werd. Al die “goed” wat jy gedoen het is vir sente uit gekanseleer.

Roek ·

Nou moet jul die rooi jasse dra in die hof ! Geld is .n euwil , wie sou nou kon dink !

Pieter ·

Geld is nie die euwil nie, maar die liefde vir geld (gierigheid) is die euwil

david ·

This case has just started and now you all comment as if these men are definitely guilty?
Look how many so called ‘guilty’ people have appeared in this same publication, only to be found not guilty and after having been subjected to a false vilification campaign seemingly led by so called journalists from this publication who seek publicity for their articles! Lets just wait and see and tell me I am wrong in a year’s time!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.