Oudwerkers vas ná transitorooftog

Argieffoto ter illustrasie (Foto: ANA)

Twee voormalige werkers van Fidelity Security Services is die afgelope naweek in hegtenis geneem vir hul beweerde aandeel in verskeie transitorooftogte, waaronder ’n rooftog wat in Oktober verlede jaar in Soshanguve, noord van Pretoria, plaasgevind het.

Kapt. Ndivhuwo Mulamu, woordvoerder van die Valke, sê die verdagtes het na bewering gedurende hul tyd by Fidelity belangrike inligting oor geldwaens se bewegings uitgelap wat tot aansienlik meer transitorooftogte in Gauteng gelei het.

Die verdagtes is onlangs met die betrokke transitorooftog in Soshanguve verbind en is Vrydag in hegtenis geneem is.

Die verdagtes, onderskeidelik 30 en 39 jaar oud, sal na verwagting vandag in die Soshanguve-streekhof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Wielspore ·

Daar was so ‘n tyd gelede ‘n program op Carte Blanche waar dieselfde maatskappy se werknemers pin kodes van alarm stelsels aan inbrekers verskaf sodra die huis eienaar op vakansie vertrek. Ons het kameras in die huis installeer wat begin opnames maak indien hy bewegings optel. Die opnames word by ‘n eksterne stelsel gestoor. Beeld is duidelik en in kleur, ons het toegang tot die kameras op ening plek waar daar data toeganklik is.

Casper ·

Hoekom gee hulle die pinkodes vir die sekuriteitsmaatskappye.

Casper ·

Daar is lankal bespiegel dat daar van hulle eie mense betrokke is nou is dit bevestig.Hoeveel is daar nog wat inligting”verkoop”.Dink hulle nie aan die moontlike lewensverliese nie.

Thea ·

Casper, geen krimineel dink aan sy nagevolge nie, wat nog te sê aan lewensverliesse.

quartus ·

Die ‘assistente wat by firmas werk wat diefwering en alarmstelsels installeer en in stand hou, bedank sodra hulle behoorlik opgelei is. Dan word hulle die inbrekers want hulle weet presies hoe die stelsels werk

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.