Ouers soek nóú antwoorde oor Enyobeni-treurspel

Leë kiste is by dié gedenkdiens vir die slagoffers van die Enyobeni-taverne-tragedie uitgelê. (Foto: Phill Magakoe / AFP)

Byna ses weke ná die dood van 21 tieners in ʼn taverne in Scenery Park in Oos-Londen, weet hul ouers steeds nie wat hul kinders se dood veroorsaak het nie.

Altesame 17 tieners is in die Enyobeni-taverne dood en nog vier op pad na hospitale nadat hulle simptome soos ʼn toegetrekte bors, braking en kopseer begin ondervind het. Die kinders was almal tussen 13 en 17 jaar oud.

Ouers het die regering gekap vir hul hantering van die saak en sê hulle word nie ernstig opgeneem nie.

Hulle het Woensdag geëis dat die uitslae van die toksikologietoetse wat op die jong slagoffers gedoen word, op die laatste teen Vrydag aan hulle beskikbaar gestel word.

Oscar Mabuyane, premier van die Oos-Kaap, het ʼn week gelede al gesê dat die provinsiale regering die uitslae ontvang het. Die families van die oorledenes sou daaroor ingelig word, waarna die uitslae ook aan die publiek bekend gemaak sou word.

“Ons het by ons laaste vergadering met die families gesê ons gaan die uitslae self na die families neem. Die besonderhede oor wat gebeur het, kind vir kind, sal na die families geneem word. Ons gaan nie weer ʼn vergadering byeenroep nie,” het Mabuyane toe gesê.

Ouers sê hulle het sedertdien nog nie weer ʼn woord gehoor nie en moes in die eerste plek in die media verneem dat die toksikologie-uitslae afgehandel is.

“Hoe kon ons oor die radio hoor oor die beskikbaarheid van die uitslae oor ons eie kinders? Ons is bekommerd want dit lyk nie of die owerhede begrip het oor hoe sensitief hierdie saak is nie; hoe persoonlik dit is,” het Ntombizonke Nkangala, een van die ouers, gesê.

Volgens haar lyk dit of die owerhede die uitslae van die toetse het, maar dit bloot nie aan die ouers wil gee nie.

“Tog dink ons ons is die mense wat veronderstel is om die uitslae eerste te ontvang. Ons is nie gelukkig hiermee nie. Ons vra wie ook al die gesag daarvoor het, om die uitslae vir ons te gee.

“Ons wil dit teen nie later nie as Vrydag hê,” het Nkangala gesê.

Volgens haar kon ouers nog geen berusting ná die tragedie vind nie. Sy het ook gesê dit moenie by hul huise aan hulle gegee word nie omdat dit hulle geweldig traumatiseer.

Vroeër is berig daar was moontlik metanol in die kinders se bloedstroom tydens hul dood, maar daar was geen afdoende bewyse oor wat die presiese oorsaak van die sterftes was nie.

Yonela Dekede, woordvoerder van die provinsiale gesondheidsdepartement, het aan SAUK gesê die situasie is “ingewikkeld” en dat die uitslae bekend gemaak sal word sodra die verslag daaroor afgehandel is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

FJ ·

Sy gaan drink met haar pa se toestemming. Toe sy nie soos gewoonlik in die vroeë oggendure kom klop nie het hul bekommerd geraak. Dit is in media gepubliseer.

Swerwer ·

As die minderjarige kinders se ouers nie nalatig was om hul toe te laat om hul jeugde ouderdom tarvernes te besoek nie, sou dit nie nou nodig gewees het om teen die regering op te staan nie.

Kokerboom ·

Ouers in meeste Swart gemeenskappe het geen beheer oor hul kinders. Disfunksionele gesinstrukture vererger ook probleem. Dis ‘n tikkende tydbom

Keelvol ·

Daardie tipe verslae vat tot vyf jaar. Dit word deur die departement van gesondheid gedoen.

lodewyk ·

Dit verduidelik hoekom daar laas jaar meer as 980 000 tiener meisies swanger geraak het tussen die ouderdome van 10 tot 18 jaar en die skool verlaat het,en hulle gaan defnetief aansoek doen vir kinder toelae,wat soek die kinders daar en ons weet wat gebeur as hulle onder die invloed is,maak soos ma,oom ,boetie en sussie,hulle het nie geld vir drank gehad nie en drink toe enige iets wat aan hulle gegee word net om op n stasie te kom??En kan jou wed die ouers gaan nog probeer om geld te bekom van die regering oor iets wat hulle fout was -Jammer vir die families oor hulle verlies,maar dit moes nie gebeur het nie!!

Herman ·

Jy is heeltemal reg Lodewyk. Albert Schweizer het dit jare terug al bevind nadat hy sy lewe gewy het om Afrika te probeer ophef, kersten en alles nog wat anders probeer het… Alles nuttelose tydmors. ‘n Mens word in ‘n sekere kultuur gebore, jy word groot in daardie kultuur en daarna leef jy daardie kultuur uit. Geen mens mag ‘n ander se kultuur probeer verander nie, want dit druis in teen menseregte. Die tienerswangerskappe, lae vlak van opvoeding, onverantwoordelike ouerskap, drankmisbruik, dwelmgebruik, tavernes (mooi woord vir sjebeens), moord, roof, brandstigting, verwoesting en alles wat te doen het met chaos en wanorde is deel van hulle kultuur en ons moet dit maar net so probeer verstaan. Ons gaan niks daaraan verander kry nie. Dit was nog altyd so en so sal dit vir altyd bly. Ons moet net waak daarteen dat ons kultuur nie deur hierdie kultuur verswelg word nie. Ongelukkig kan ons in hierdie bedeling ook niks doen aan die staatstoelaes nie. Dit word gegee deur ‘n regering van

Keelvol ·

Daar’s nie geld vir mos nie, maar o wee geld vir drank.

Keelvol ·

Toksikogiese verslae vat tot 5 jaar vvordat dit aan die ondersoek beampte verskaaf word. Die ouers sal moet geduldig wees.

Dandeleen ·

My broer sin na ses jaar steeds nie terug nie en hulle wil weet na ses weke.

Janine ·

Wil weer geld maak. WDF het jul 13-17 jarige kinders daar gedoen? Sies, man!

Wildemien ·

“Die uitslae moenie by hulle huise aan hulle gegee word nie”. Nou waar dan as jy dit persoonlik wil/moet ontvang?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.