Ouers van peuter wat in hospitaal sterf gesoek

hospitaal

Argieffoto: Erkan Utu/Pexels.com

Die polisie is tans op soek na enige inligting oor die ouers van ’n peuter wat vandeesweek in ’n hospitaal in Port Elizabeth dood is.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, woordvoerder van die polisie, het gesê ’n onbekende man het gister teen 15:40 ’n tweejarige seuntjie by die Livingstone-hospitaal in die Baai aangebring.

Die man het aangevoer dat die kind van ’n bed geval het en dringende mediese behandeling benodig.

Dit is nie in dié stadium duidelik met watter beserings die seuntjie na die hospitaal geneem is nie, maar hy het egter kort daarna aan sy beserings beswyk terwyl dokters besig was om hom te behandel.

Toe mediese personeel die man in kennis wou stel van die kind se dood, het die man egter laat spaander.

Volgens Janse van Rensburg is die man sedertdien soek. Daar is ook geen inligting rondom die man óf die seuntjie bekend nie.

ʼn Geregtelike doodsondersoek word nou gedoen hangende die bevindinge van ʼn nadoodse ondersoek.

Die polisie doen ’n beroep op enigiemand wat moontlik die kind se ouers ken om ao. Neil Hendricks by die Gelvandale-polisie by 082 442 1816 of Stop Misdaad by 08600 10111 te bel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Johanna ·

Hoe ongelooflik tragies. die arme kind was seker mishandel. Rus in Vrede klein ding. jy is nou veilig in Jesus se arms.

Tanya ·

Waarom vra ek dit is nog n klein seuntjie. Kom na voor on te se wie die ouers is. Hy nou veilig in God se Hande.

ne ·

Hoe kan die hospitaal die kind opneem, en geen besonderhede verkry nie?

Michelle ·

100% how does that happen, you need to fill in the forms before you can see the doctor’s or been admitted, very strange, PLEASE PUT A PICTURE OF THE BABY ON THE NEWS SO WE CAN HELP!!!! I know he passed on, but it can help finding the parent’s, and Maroela you do not mention the race that can also help!!!!!!!!

Anoniem ·

Stem saam mort tog opname vorms jnvul mrt adre,telnr, ens ens ens

MissDemeanor ·

Dit beteken die hospitaal het besluit om eers ‘n beseerde kind te help, voor hul tyd mors op admin. Mens hoor soms van hospitale wat eers geld wil he of mediese fonds details. Die feit dat hul onmiddelik die kind gehelp het is goed. Dit gan nie lank vat voor daardie ouers opgespoor word nie… ‘n Buurvrou of n ouma/oupa gaan hul aangee…

Cherokee ·

Medical treatment is (especially sometimes) more important than paperwork. Start thinking logically!

Karen ·

Die liewe kind was mishandel soveel so dat sy liggaampie ingegee het Rus in Vrede liefste kindertjie jy is verlos van baie slegte omstandighede – die ma en -ek wed- stiefpa sal die prys betaal kom wat will Reg en Geregtigheid sal geskied met of sonder opname-dokumente. … u can run but u can not hide

toy ·

Seker ‘n Staatshospitaal. Hulle mediese personeel het seker die kind gevat om dadelik aandag aan hom te gee en gevra die man ‘n leer solank gaan oopmaak, en dus toe hy laat spaander. Hy is dalk die pa wat iets aan die seuntjie gedoen het.

Nettie ·

@toy – ek dink jy is reg. Die kind was 10/1 in ‘n kritieke toestand, heel waarskynlik as gevolg van mishandeling, hetsy een enkele keer, of dalk ‘n hele paar kere. Die man – dalk nie eens die kind se bloed-pa nie (want dit is wat meesal gebeur: kinders wat nie hul eie is nie, word deur ‘n stiefpa of nuwe boyfriend aangerand) – het paniekbevange geraak en toe die kind hospitaal toe gevat – en verdwyn met die eerste geleentheid wat hy gekry het. Ons hoop maar dat daar êrens ‘n bekommerde ma of grootouers is wat navraag sal doen.

@Michelle – wat het RAS met die saak uit te maak? ‘n KIND IS DOOD, FOR HEAVENS’ SAKE, moet julle altyd ras by alles betrek? Of is dit nou weer ‘n geval van “ons mense sal nie so iets doen nie”, menende witmense mishandel nie hulle kinders nie. Word wakker en ruik die koffie, Michelle!

JSG ·

@Nettie. Ek het jare vir die polisie uitgehelp en ras is belangrik wanneer jy ‘n verdagte soek. Dis geensins om rassisties te wees.

Kobie Welgemoed ·

Maklik kan inligting gemis word. Die hospitaal het eties korrek opgetree. Die kind was definitief kritiek en is dadelik gehelp ipv inligting versamel. Dit was toe dat die man wat die storie geken het, homself vinnig uit die voete gemaak het. Dit gebeur gereeld orals.

JR ·

Hoe onverantwoordelik van die personeel om die man te laat gaan n kind wat van n bed afval met sulke ernstige beseerings bid jou aan Rus in vrede God is met jou

Riaan ·

As n pasient kritiek by n hospitaal se E.R in gebring word,is daar nie veel tyd om vrae te vra nie. Onthou dit is n twee jarige seuntjie. Eintlik nog maar baba. Ek neem aan dit is nog n staats hospitaal ook.

Uilspieel ·

Beskryf die kind, skraal, velkleur, of hare kleur. Selfde met di man wat di kind ingebring het. Watter taal het hy gepraat ens. Hoe moet mens nou weet hoe om te help. Ek kon dalk langs die man gestaan het of gesien het in watse voertuig hy gery het. Gee asb meer inligting

Mark ·

Hoekom het ons nog nie cctv kameras by hospitale nie maar elke jan rap en sy maat het een by hul huise…

PietM ·

@ Michelle en Uilspieel. Julle is net nuuskierig. Ek glo nie een van julle twee kan/gaan help nie, al het julle die inligting waarna julle so smag.

JM ·

Dit maak nie saak of dit ‘n staatshospitaal is nie, ek was al met my 1jarige by ‘n Life hospitaal se ongevalle en hulle het my gehelp sonder dat hulle enige besonderhede van my kind gehad het omdat dit ‘n noodgeval was.

Verwag mens regtig dat daar eers papierwerk gedoen moet word wanneer ‘n kind se lewe op die spel is.

Rus in vrede seun :(

Kobie Welgemoed ·

Geen kammeras word toegelaat op sekere plekke nie. Daar is wet op privaatheid. Gaan kyk die poppy act. Al is daar genoeg geld, kan daar nie voldoende beheer wees oor wie en wat op sekere tye in ‘n hospitaal ingaan nie.

Alida ·

Gewoonlik by n hospitaal word jy uitgevra tot by jou groot groot ouers voor hulle enigsins na jou luister. Ek verstaan die kind was kritiek maar n ander personeellid moes die man vergesel het na die opname afd. Arme kind.

Kobie Welgemoed ·

Regtig? Duidelik was jy nog nie in ‘n besige ongevalle nie. Daar is skaars mense om die pasiënt se lewe te red. Almal sit oorsee.

honourable member ·

Die arme kind het verseker nie net van n bed afgeval nie. Hy is seker weer aangerand deur die pa.

jp ·

Francois Laubscher…. God is nooit laat nie!!! Elke mens het sy eie keuses wat hulle maak en dan word God die skuld gegee vir hulle nalatigheid!!!! Regtig!!!

$ ·

God is nooit te laat nie; Hy is God en ver bo my en jou en enige van ons se opinies verhewe. Hy hoef nie aan jou of enige ander mens te verduidelik nie (Spreuke 25:2).

smurfie ·

Hi Francois
Wat bedoel jy met jou stelling? Sal graag wil verstaan? Dalk verstaan ons jou verkeerd

Blommie ·

Ai nee GOD was nie te laat nie!!!! HY is in beheer selfs voor jou geboorte WEET HY ALS wat gebeur. Rus sag in SY ARMS KLEINDING, van waar en wie jy is maak nie aan HOM saak nie.

Koos de Meyer. ·

Jare gelede het ons buurvrou haar stief dogtertjie van 4 jaar oud so mishandel dat sy in ‘n koma ge gaan het. Toe haar man by die huis kom sê sy vir hom die kind het van die bed afgeval. By die hospitaal het die dokter die polisie gebel en op die ou einde is bevind dat sy die kind se ribbes gebreek het, haar koppie teen ‘n muur verbruisel het. Sy is ook binne ure die aand oorlede.

Verwonderd ·

My kind is allergies vir bysteke. Ons was op die pad toe ń by die venster inkom en my kind steek. Onmiddelik angel uitgehaal. Nodige medikadisie gegee en toe hospitaal toe gejaag. Alle pasiënte het pad gegee dokters en personeel almal gelos en gesê ons kan later vorms voltooi. My kind was gered en lewe steeds. Ja dit was ń staatshospitaal

emily ·

Watse hospitaal is dit, wat geen besonderhede benodig nie.
Liewe hemel dis swak hoor.

Hanlie ·

Hoekom is daar so baie wreede mense in ons midde?! Arme onskuldige ou kindjie – rus in vrede seun. Dit maak my siek!!!

Heidi Lundie ·

Wat laat julle dink dit was die pa, kon net sowel die ma ook wees, die pa het dalk die kind so gekry toe hy tuis kom en hom hospitaal toe geneem. Wat laat mense dink vrouens is minder geweldadig as mans? BOG.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.