Pa, boetie voor agtjarige doodgeskiet

(Argieffoto: Kent Williamson)

Die polisie in Lusikisiki in die Oos-Kaap is op die spoor van minstens twee verdagtes ná ʼn raadslid en sy seun Vrydagaand in hul huis doodgeskiet is.

Polisiewoordvoerder Tembinkosi Kinana sê minstens twee mans het die aand omstreeks 20:30 by die huis van ʼn 49-jarige raadslid in Slovo Park ingestorm en skote gevuur.

“Die 18-jarige seun is noodlottig gewond. Die raadslid is ernstig beseer en hy het later in die hospitaal aan sy beserings beswyk. Die raadslid se agtjarige dogter is nie beseer nie.”

Die motief vir die aanval is nog nie bekend nie. Die name van die oorledenes sal bekendgemaak word sodra alle naasbestaandes in kennis gestel is van die voorval.

“Die polisie ondersoek twee sake van moord. Niemand is nog in hierdie stadium in hegtenis geneem nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Harley Davidson ·

Die kriminele is nie bang nie as die useless polisie hulle miskien vang wat baie skraal is is die vervalle regstelsel nog daar wat hulle suksesvol moet vervolg en volgens statistieke weet ons almal hoe skraal die kans daarvoor is.

Di ·

En so maai die kaders mekaar af – politieke geweld onder mekaar oor poste, TRAGIES

Kerrie ·

..n pos in die munisipaliteit of staats-instansie is soos om die lotto te wen.

Swerwer ·

Ai die Politiek van die Republiek van Suid Afrika het in ‘n koue oorlog ontaard.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.