Pa, ma, kind beseer weens ‘nalatigheid’

Die ongeluk het tussen Postmasburg en Kuruman plaasgevind (Foto: Verskaf)

Die polisie in die Noord-Kaap ondersoek ’n saak van roekelose en nalatige bestuur ná ’n gesin van drie, onder wie ’n kind, ernstig beseer is in ’n ongeluk tussen Postmasburg en Kuruman.

Volgens AO Nomvuyo Makoloi, polisiewoordvoerder, was die familie – ’n pa, ma en kind – Vrydag omstreeks 10:45 onderweg na Kuruman van Postmasburg toe die ongeluk plaasgevind het.

“Dit word vermoed dat ’n vragmotor besig was om ’n Toyota-sedan verby te steek toe ’n voorwerp van die vragmotor se vrag geval en op die Toyota se voorruit beland het,” sê Makoloi.

“Die voorruit van die Toyota het gekraak en dit het die bestuurder gedwing om van die pad af te trek. Die Toyota het aan die brand geslaan, maar die passasiers kon betyds ontsnap.”

Volgens Makoloi het die vragmotor weggejaag.

Enigiemand met meer inligting oor die ongeluk, kan kapt. Anna de Bruin by 082 495 0796 kontak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

miche ·

Roekelose en nalatige bestuur, ja verseker.
Ek dink egter nie die bestuurder was eens bewus dat van sy vrag afgeval het nie. Hy was seker te besig op sy selfoon.

Toy ·

Van die trokdrywers ry roekeloos, as hy ‘n gewete het dan sal dit hom seker pla. Gelukkig is die gesin veilig, maar die trokdrywer moet vasgevat word. ‘n Trok is nie ‘n speelding nie dit maak dit gevaarlik op ‘n pad.

Carol ·

N voorruit kraak en die Toyota slaan aan die brand!
Wat het van die vragmotor afgeval? n voorwerp wat n brand veroorsaak?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.