Pa skuldig aan moord op vermiste Liam Nortjé

Liam Nortjé se pa, Nantes, is skuldig bevind aan sy moord, al is die seuntjie se liggaam nooit gevind nie.

Nantes Nortjé, wat volhou sy vermiste seuntjie, Liam, leef steeds, is in die rondgaande hooggeregshof in Harrismith skuldig bevind aan die moord op die kleuter.

Benewens dié aanklag, is Nortjé ook skuldig bevind aan die aanranding op sy gewese vrou en sy twee dogters.

Liam, toe drie jaar oud, het in November 2017 saam met Nortjé (48) verdwyn en is sedertdien nog nie weer gesien nie. Nortjé is in Julie verlede jaar in Ladysmith in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem, maar daar was geen teken van Liam nie.

Nortjé het destyds gesê hy het die kind vir mense gegee wat nie kinders kan kry nie, maar het geweier om enigsins meer inligting bekend te maak. Ten spyte van herhaalde pleidooie van Liam se ma, Cheinelle, het hy steeds verseg om te sê waar die seuntjie is, of selfs net ʼn bewys te lewer dat hy nog leef.

Nortjé het ook onskuldig gepleit op die aanklagte teen hom en het nie tydens sy verhoor getuig nie, het sy regsverteenwoordiger, Peter van der Merwe, gesê.

Nortjé se instruksie aan sy regsverteenwoordiger was dat hy hom sou berus by die hof se besluit. Hy het reeds aangedui dat hy nie teen die uitspraak gaan appelleer nie.

Regter Corné van Zyl het bevind die staat het bo redelike twyfel bewys dat klein Liam vermoor is en het hom, ten spyte van die afwesigheid van ʼn liggaam, skuldig bevind.

Die staat het gevra dat Nortjé lewenslange tronkstraf opgelê word. Van der Merwe het gesê hy het die hof gevra om af te wyk van dié vonnis, gegewe Nortjé se ouderdom. Sou hy lewenslange tronkstraf opgelê word, sal hy naastenby 75 jaar oud wees wanneer hy weer vrygelaat word.

Van Zyl sal Nortjé na verwagting Donderdag vonnis.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

lanie ·

Hoop hy vrot in die tronk. Hoe kan jy so iets aan n onskuldige kind doen.

Al ·

As hy 75 uitkom, dan leef hy nog.
Dis iets wat na bewering nie vir Liam beskore is nie.

ja en ·

Ja en op wie se nek kom lê hy op 75, hy kan nie werk nie……. dan wil hy rekonsilieer met sy kinders, hul moet vergewe, want Pappa is gerehabiliteer en oud. Ek stem tot die laaste asem uit is soos sy seuntjie sin!

Vonkprop ·

As hy die seuntjie vir mense gegee het, hoekom kom die mense nie na vore nie? So dit sê vir my die seuntjie is dood. Hy moet in die tronk sit tot sy laaste asem

LD ·

So ñ pragtige seuntjie! Lyk soos ñ 80’s flim sterretjie. Arme ma het seker slaapelose nagte oor waar haar kleine kindjie is. Hartseer verby!!!

Regtig! ·

Geen persoon wat ‘n lewe geneem het, het ‘n reg om vry te wees nie.
Hy het nie net sy kind se lewe geneem nie, maar klein Liam se ma en sussies die reg ontneem om deel van sy lewe te wees. Hulle kon nie eers behoorlik afskeid neem nie! Laat hom klippe kap tot sy laaste asemteug.

Kas ·

Dit is by waansin verby.Siener sê vir die mamma waar haar kind is as jy dan sê die kind lewe nog.As die kind wel nog lewe sal hy eendag vrae vra.Die polisie het bo redelike twyfel bewys dat die kind dood is.Enige regdenkende mens met ‘n gewete sou al lankal na vore gekom het as hy of sy of hulle die kind het.Bure of vriende of familie sou onraad gemerk her as daar skielik ‘n vreemde kind is.Mamma niemand sal ooit jou hartseer kan verstaan nie en niemand sal jou kan raad gee nie net vertroosting.Ek glo onwrikbaar dat jy jou seuntjie eendag wèr sal sien mamma

Agter die skerms ·

Se net vir die ma lewe klein Liam nog. Dis al wat sy wil weet. Sy sal nooit ooit berusting vind nie – nooit nie. Sy gaan altyd altyd wonder. Hy gaan in die tronk maar leer en miskien in die tronk pla sy gewete hom want defnitief doen dit nie nou nie.

James ·

Ek dink hy kon dalk die seun vir mensehandelaars gegee het.

Spook ·

Hy het seker ń plan om geld te maak gaan tronk toe onskuldig as hy dan nie die kind vermoor het nie sit ń ruk in 5 ster hotel en bewys dan sy onskuld????????????ou wêreld is boos…..

Herby ·

Ek sal se hy moet sit tot hy sy laaste asem uitblaas dis net regverdig. Die kind het hom geen skade berokken nie en waar is daai “kamstige” ander mense. Hoe kan jy as ouer jou eie kind ook net wil “weggee”

Scalla ·

Die man is skuldig, hy sal nie lewenslank gaan sit as hy kan bewys die kind lewe nie.

wiehan ·

As hy die kind vir mense gegee het wat nie kinders kan he nie sal hulle nie uitkom nie, want hul pleeg ook ‘n misdaad. Dis duidelik, dat indien die kind wel nog leef dat hy sy gewese vrou baie, baie hard “straf”. Dit moet hel wees om nie die waarheid aangande jou kind te weet nie. Sy koppie haak lekker uit, hy se hy berus hom op watter straf die hof hom ook gee. Net ‘n bewys, hy will glad nie he sy gewes vrou moet berusting kry nie. Sy sal hom ook NOOIT kan vergeet nie.

Magda ·

Laat hy vrot in die tronk. Wat moes die arme kind deurmaak. Geen genade vir so ‘n persoon

Pietertjie ·

Waarom kan doodstraf nie terug gebring word nie? As daar ‘n regverdige verhoor en skuldigbevinding is . Hang sulke mense want die kind is nie begenadig nie.
.

VanAfrika ·

Eers wou ek vloek, toe wou ek skreeu, nou het ek nie woorde nie. Mens se siel moet so donker wees as jy jou eie kind vermoor, (as hy vermoor is)

Al sit hy nie lewenslank nie, gaan sy tyd in die tronk vir hom uitgelê wees nog voor hy deur daardie hekke stap. Hy gaan iemand daarbinne se wyf word en dan begin sy nagmerrie. Hy gaan dan jammer wees dat hy nie geveg het vir sy vryheid of sê waar sy seun is nie

George ·

.”..sal hy naastenby 75 jaar oud wees as hy vrygelaat word.” Nou verduidelik asseblief vir my (of ek moet onnosel wees) wat beteken die woord LEWENSLANK???

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.