Die polisie in KwaZulu-Natal ondersoek ʼn saak van moord, poging tot moord en roof nadat ʼn gesin vroegoggend in hul huis in die noorde van Westville buite Durban oorval en aangeval is.
ʼn Man is dood en sy vrou en tienerseun is in ʼn hospitaal opgeneem.
Kapt. Nqobile Gwala, woordvoerder van die polisie, het aan Maroela Media gesê die vrou het omstreeks 05:30 die honde by die huis laat uitgaan om ʼn draai te loop toe sy oorval is deur twee mans met balaklawas.
“Die verdagtes het hulself in die huis ingedwing en ʼn struweling het tussen die verdagtes en die gesin ontstaan.”
Die 53-jarige pa is tydens die struweling met ʼn skerp voorwerp in die bors en sy seun (18) in die regterdy gesteek waarna die verdagtes met ʼn selfoon en ʼn beursie op die vlug geslaan het.
Garrith Jamieson, ʼn paramedikus, het gesê paramedici is vanoggend na die huis ontbied waar die man op die toneel gestabiliseer is voordat sy hart gaan staan het. Die man het ondanks die pogings van paramedici en dokters by die hospitaal aan sy beserings beswyk.
Volgens Jamieson het die ma en seun matige beserings in die voorval opgedoen. Albei is ná die voorval vir mediese behandeling na ʼn hospitaal vervoer.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
21 Kommentare
Kan ons nie ‘n fonds stig wat spesifiek hierdie vergrype aan die buite wêreld bekend maak want dit blyk dat daar meer oorsese reaksie is. Vir die gesin kan ek net bid dat God berusting sal gee
Na aanleiding van die kommentare op Kevin Pietersen se skrywe op Sosiale media oor Plaasmoorde, dat dit nie net witmense is wat vermoor word nie, wil ek vra of MM nie asb. by elke berig oor Plaasmoorde en ander moorde die ras van die slagoffer/s en die ras van die aanvaller/s kan noem nie. Dalk sal die wat kan lees dan besef wat die werklike toedrag van sake is.
Die polisie kan nie verhoed dat jy deur misdaad geteiken word nie, hul kan slegs optree nadat die misdaad gepleeg is. Jy en jy alleen kan jouself beskerm. Jy is baie veiliger in n buurt waar mense wettige vuurwapens het, selfs al besit jy nie n vuurwapen jouself nie.
Ek bly oorsee, nadat my man en seun vermoor is, aan gesien ek nog 5 kinders het, het ek be sluit om te trek ipv wag om te sien wie is volgende, ek het nie geld gehad nie, ook nie kosb are besittings nie, dit wat ek gehad het, het ek verkoop. Met 1 maand se huur en 1 maand se inkopies geld het ek gegaan, dit was baie swaar, maar die moeite werd, moenie sit en wag en hoop vir beter dae nie? Daar gaan nie wees nie, en hou op om te dink julle kan nie spore maak… Lees meer »
En weereens is die waarde van ‘n mens se lewe ‘n SELFOON……
Goeie hemel……!!