Paasnaweek-padsterftes bykans helfte minder

Argieffoto. (Foto: Wes-Kaapse verkeersdepartement)

Die getal padsterftes was die afgelope Paasnaweek bykans die helfte minder as gedurende dieselfde tydperk verlede jaar.

“Ek is bly om te kan aankondig dat die getal sterftes met 48% gedaal het van 309 sterftes in 2018, tot 162 in 2019. Dit is ʼn afname van 147 sterftes. As regering is ons egter steeds bekommerd, selfs al sterf net één mens op ons paaie,” het Blade Nzimande, minister van vervoer, in Pretoria gesê.

Die meeste sterftes is in Limpopo (32) en KwaZulu-Natal (37) aangemeld. Vyf groot ongelukke oor die Paasnaweek het boonop tot 41 van die algehele getal sterftes gelei, het Nzimande gesê.

Altesame 128 ongelukke is in die tydperk aangemeld, ʼn daling van 46% sedert 2018, toe 238 ongelukke aangemeld is.

Die grootste bydraende faktore tot ongelukke is menslike gedrag, roekeloosheid en bande wat bars, het Nzimande gesê.

Nzimande het weer sy medelye met die slagoffers en hulle naasbestaandes betuig. Die minister het gesê die Padongelukfonds (POF) het reeds 84 kennisgewings vir begrafnissteun gekry en ʼn gemiddeld van R22 200 word per slagoffer vir ʼn begrafnis uitbetaal.

Hoewel Suid-Afrikaners die prys van brandstof betreur, dra die brandstofheffing in dié prys weer by tot die POF, wat ʼn groot rol speel om slagoffers van padongelukke by te staan – veral in ʼn land met so ʼn hoë getal ongelukke, het Nzimande gesê.

Hy het wetstoepassers, verskillende staatdepartemente, betrokkenes in die privaat sektor én motoriste bedank vir hulle bydrae om die Paasnaweek op die paaie minder dodelik te maak.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Diana ·

Omdat helte minder mense gery het as gevolg van die regering se uitspattige petrol pryse!

Wielspore ·

Na my mening was daar minder verkeer op die paaie as gevolg van die duurder brandstof prys, minder voertuie, minder ongelukke!

ANDRE ·

Die aantal voertuie was ook die helfte minder…………..nie n vreeslike prestasie nie.

Thomas ·

Don’t fool yourself. Ons het geleer om by die huis te bly as gevolg van jul onbevoegtheid om ons paaie veilig te maak. Ja, daar was verbeteringe, maar jy hardloop voor jouself uit.

Wessie ·

Dis nou die minister wat praat van jou bloedtelling in jou alkoholvlakke?

aj ·

Soos die matriek uitslae! … te goed om waar te wees!

Wettelose mense, wettelose land en liegende politici!

Louis ·

Syfers is geduldig. Dis duidelik dat die getal ongelukke en sterftes nie teen verkeersvolume gemeet is nie. Hulle bluf hulself. Eintlik is die syfers uiters ongeloofwaardig.

Louis ·

En nou klop hulle hulself op die skouer. Hierdie syfers is uiters ongeloofwaardig, want die aantal ongelukke en sterftes is nie teen verkeersvolume gemeet nie. Effe “stoopid” sou ek sê

Chris Ws ·

Ek moet saamstem met die komentare sover.Hemelhoe brandstofpryse , verhoogde tolgelde wat reeds te hoog is ,die gevaar wat ‘n rit op ons paaie bring ,duur verblyf het almal bygedra dat die helfte minder mense op ons paaie oor die paas naweek was. Ek wonder of die Minister kan sommetjies maak en syfers vergelyk met vorige jare oor hoeveel voertuie daar op ons hoof roetes was.Die’ laer sterfte /ongeluk syfer is niks om oor bly te word nie.Om van ons paaie gebruik te maak is nog net so gevaarlik.

Dink weer ·

Daar is elke jaar minder mense op die paaie agv verskeie redes, maar daar was definitief nie die jaar skielik die helfte minder nie. Dan moes brandstofpryse verdubbel het om dit in perspektief te plaas. Gee bietjie eer waar dit toekom! Die verkeerspersoneel was baie meer sigbaar en het hul uiters goed van hul taak gekwyt. Welgedaan!

IK ·

Wonder waar ‘werk’ die verkeersmense intussen tot die volgende langnaweek?

Alida ·

As die bestuurder dronk was moes die passasiers dit gesien het. Die POF moet dan niks betaal nie.

Jan Alleman ·

Is hier dalk ‘n reuse ekonomiese ongeluk aan die broei? Een wat die syfers verklaar? Waar is die dieper analise?

Was daar beduidend minder mense op vakansie?

JoeV ·

Mens moet ook die hoeveelheid voertiue wat op die pad was in ag neem om te kan vergelyk persentasie gewys. Daar was dalk baie minder voertuie op die pad vir een of ander rede.

Kerrie Vlamskiet Briekstreep ·

.
.
Jy kan nie verwag die mense wat laasjaar oor Paasfees gesterf het moet hierdie jaar weer sterf nie.
.
.

Louise ·

Seker omdat die helfte minder padverbruikers geld gehad het om iewers heen te gaan!

Minder padverbruikers ·

Omdat helfte minder mense met vakansie gaan … eerstens ekonomiese druk en tweedens hulle veiligheid op paaie .. so ja . dit is te verstane.

Francois Joubert ·

Die syfers is ‘n gelieg. Net in die Weskaap is 38 mense dood. Maklik om goed te lyk as jy self die statistieke bepaal.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.