Paneel wat Ramaphosa gaan ondersoek bekend

Pres. Cyril Ramaphosa (Foto: STEFAN HEUNIS/AFP)

Die drie lede wat gekies is om in die paneel te dien wat pres. Cyril Ramaphosa gaan ondersoek rakende die Phala Phala-sage, se name is bekend gemaak.

Sandile Ngcobo, oudhoofregter van die Konstitusionele Hof, is as voorsitter van die paneel aangestel. Die twee ander paneellede is oudregter Thokozile Masipa en prof. Richard Calland, medeprofessor in publiekreg aan die Universiteit van Kaapstad.

Volgens Nosiviwe Mapisa-Nqakula, speaker van die Nasionale Vergadering, sal die paneel met sy werk begin sodra verskeie administratiewe prosesse afgehandel is. Die paneel is deel van die artikel 89-proses wat moet bepaal of die parlement ʼn afsettingsproses teen Ramaphosa moet begin.

Mapisa-Nqakula het Woensdagaand die drie lede van die paneel aangekondig nadat politieke partye altesaam 17 kandidate benoem het om moontlik in die paneel te dien. Elf van die benoemdes is afgetrede of dienende regters, terwyl die res advokate en regsgeleerdes is.

Die reëls bepaal dat die paneel uit drie geskikte, bekwame, ervare en gerespekteerde Suid-Afrikaanse burgers moet bestaan, wat ʼn regter kan insluit, en wat gesamentlik oor die nodige regs- en ander bevoegdhede en ervaring beskik om die voorlopige beoordeling van die mosie uit te voer.

Die onafhanklike paneel se funksie is om ʼn voorlopige beoordeling van die mosie en bewyse te doen en binne 30 dae bevindings en aanbevelings aan die Nasionale Vergadering te maak daaroor of voldoende bewyse bestaan om te wys dat die president enige van die oortredings wat in die mosie gespesifiseer is, begaan het.

Sodra die paneel se werk afgehandel is, sal dit in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê word vir oorweging en ʼn besluit.

Indien die bewyse gevind word, kan die proses in die Nasionale Vergadering ingevolge artikel 89 van die Grondwet gevolg word om die president van sy amp te onthef.

Die Openbare Beskermer (OB) is ook besig met ʼn ondersoek na bewerings dat Ramaphosa die etiekkode vir lede van die uitvoerende gesag geskend het.

Ramaphosa word daarvan beskuldig dat hy ʼn inbraak in 2020 op sy plaas waar diewe na bewering $4 miljoen gesteel het, probeer geheim hou het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Pietertjie ·

Ek wonder hoeveel jaar, en hoeveel miljarde Rand gaan híérdie “ondersoek” opslurp. Zondo vers twee?

Di ·

Hoop dat die waarheid sal uitkom. Mens weet nie meer WIE jy kan vertrou is die korrupte land nie. Boetie sorg vir boetie daarom val als uitmekaar

Nie Verbaas ·

Kan die koste vir die paneel asseblief van Ramaphosa en nie belastingbetaler nie verhaal word? Hier sal in elk geval dadels van kom.

ES ·

Lekker. Die staat stel ‘n ondersoekspan aan om die staat te ondersoek. Kom ons hoop hulle bly onpartydig.

Papsak ·

Ek dink laat die staat betaal los bietjie die belastingbetalers nou uit by sulke gemors

Samuel ·

Net nog ‘n verkwisting van belastingbetalers se geld en mors van tyd. Dit is net ‘n show.

SjN ·

Nog n ondersoek wat miljoene gaan kos en ons weet mos klaar wat die uitslag gaan wees!!

Peter ·

Lol, en ons weet wat die uitslag gaan wees : “not guilty as charged your honor”. Dieselfde soos Mkhize.

domheks ·

hy sal so nooit as te nimmer skuldig bevind word nie – het genoeg tyd gehad om alles toe te smeer. Net ‘n mors van geld. Ek persoonlik dink dit is werkskepping in die vrot land.

Kiewiet ·

Kom ons hoop dat daar iets van hierdie ondersoek gaan kom..ek is nie positief nie!

Johan ·

Ek weet nie of dit goed of sleg gaan wees as (en dis ‘n groot as) hy skuldig bevind word nie. Wie gaan hom opvolg???

Hennie ·

Nog ‘n useless ondersoek deur swart kornuite wat ook 10 jaar gaan vat voor die resultate met STYL oorhandig sal word… Die €tterkoppe moet uitgestem word

Owlie ·

Kom ons kyk hoe lank dit gaan neem om hierdie saak af te handel, hoeveel keer daar nou weer vorentoe en agtertoe beweeg word, hoe onpartydig dit hanteer word en hoeveel vsn die blasting betaler se geld weer gemors gaan word

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.