‘Paraatheid’ red Vrystaatse leeuboer se lewe

Pieter Swart (Foto: Facebook)

Paraatheid en vinnige optrede deur medeboere en die polisie het waarskynlik Pieter Swart, die leeuboer wat Donderdagoggend op sy plaas naby Kroonstad aangeval is, se lewe gered.

Só sê Jakkals le Roux, voorsitter van Vrystaat Landbou se veiligheidskomitee.

Swart is Donderdagoggend deur vier mans oorval toe hy sy voordeur op die Boskoppie-leeu-en-tierreservaat op die Edenville-pad (R34) oopgemaak het. Die vier mans het na bewering ʼn deur na die huis probeer oopbreek om toegang tot die huis te verkry.

Swart is met ’n mes in die nek en kop gesteek voordat hy sy vuurwapen in die hande kon kry en skote afgevuur het. Drie van die aanvallers is noodlottig gewond.

Swart het in ’n stemboodskap hulp ontbied.

“Ek is aangeval deur vier rowers. Ek het onmiddellik hulp nodig. Hulle is nog op die perseel. Ek het hulp nodig. Ek het drie geskiet. Ek self is gewond. Ek het onmiddellik hulp nodig,” sê ’n uitasem Swart in die stemboodskap wat sedertdien versprei word.

Maroela Media het vroeër berig Swart is ná die voorval “met ’n ernstige meswond” na ’n hospitaal geneem.

ʼn Man wat vermoedelik elders wag gestaan het terwyl die aanval plaasgevind het, is glo ure later in hegtenis geneem. Die vierde aanvaller is in dié stadium steeds soek. Maroela Media kon egter nog nie die polisie in die hande kry om dié feite te bevestig nie.

“Boere kan nie meer bekostig om weerloos te wees nie.” sê Le Roux. “Vrystaat Landbou doen ʼn ernstige beroep op boere om by hul naaste veiligheidstrukture betrokke te raak en hulself, hul gesinne en werkers te bemagtig.”

Vrystaat Landbou het Donderdag ná die aanval in ’n verklaring gesê hy hoop dat pres. Cyril Ramaphosa tydens sy staatsrede die kwessie van landelike veiligheid sal erken en daaraan aandag sal gee.

Die president het egter nie ’n woord daaroor gerep nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Louis ·

En net so wil die regering ons mense ontwapen sodat dit makliker is vir hul krimenele om ons aan te val

Genis ·

Ja ou CR it is your people… daar is bloed op jou en die EFF se hande… Ek weet presies hoedaar sekere wetgewing vroeer jare was…

Werner ·

Volgens ou Cyril bestaan daar nie iets soos plaasaanvalle nie hoekom sal hy n woord daaroor rep?Hierdie boer het nou vir almal gewys wat werk dra jou wapen en weet hoe hy werk.As jy kan hou hond byderhand om jou n vroe waarskuwing te gee.

kolonel ·

Hulle het die tydelike met die ewige verwissel. Die vasstelling van presiese ligging sal bloot spekulasie wees.

Zacahara ·

Maak dit werklik saak? Ten minste sal hulle nie weer ‘n boer aanval nie!!

Heinrich ·

Jammer vir Pieter dat hy deur so iets moes gaan, geen beskaafde mens hoef so blootgestel te word nie. En Cyril sal natuurlik niks sê nie; hy is dan drie stemme kwyt!

Tino ·

Wel gedaan!

Baie bly dat jy oorleef.

Mense moet kennis neem van die lafhartigheid. Altyd 4 tot 5 maal teen een opdaag

Hennie J ·

Baie bly en dankbaar dat jy paraat was en dat jy n ondersteuningsnetwerk in plek gehad het. Word gou gesond!!!

Mia ·

Nou gaan die een aanvaller wat oorleef het op borgtog vrygelaat word en die arme boer gaan vir moord aangekla word. Dit is mos hoe ons nuwe regstelsel werk.

Dup ·

Ek glo nie enige boer,(en sy gesin) wil die hele tyd gewapen rondbeweeg en op die uitkyk vir gevaar wees nie.Dit sal op een of ander tyd ñ negatiewe uitwerking op so n gesin hê.Maar dit is waaroor terrorisme gaan,ontsenu die teikens in so ñ mate dat hulle breekpunt bereik en hulle plase,(grond) verlaat,verkoop of vir die terroriste agterlaat.Ek dink die plaasaanvalle in SA is niks anders as goed beplande terrorisme nie.

Werner ·

Ons is al die laaste 25 jaar heeltyd bewapen.Jy raak dit gewoont .Liewer gewapend as dood

Janee ·

Glo nie daars iemand wat geglo het die pres sal een woord daaroor rep. Ongelukkig wil ek meer sê maar dan is ek die tannie waarvan niemand hou…..
Sterkte aan jou Pieter…moet sê….3 is goed genoeg!

Maggies ·

“Ons sal self” onself moet beskerm want niemand anders gee regtig om nie.
Knap gedaan jong man. Jy is ‘n goeie voorbeeld vir ons almal om meer paraat te wees.
Mag jy vinnig herstel.

Alet ·

Ja nee ek veol jou pyn. EK moet ook partykeer hard kners om nie daai tannie te wees nie. :-)

Casper ·

Rampie,die dag as een van jou familielede aangeval en vermoor word sal jy die erns van geweld in jou korrupte besmette land besef .Maar natuurlik, julle het mos lyfwagte waarvoor ons betaal.

Vanessa ·

Prys die Here dat hy dit oorleef het. Boere moet hul wapens by hulle dra en gebruik maak van dit. Daar is geen genade van hul kant af nie. Dis ongemaklik om heeldag met die wapen te loop, maar dit kan jou lewe red. Gebruik die ding as jou lewe in gevaar is. Die rowers/moordenaars word in elk geval nooit gevang nie so op die einde van die dag is jy net nog ‘n statistiek.

Illa ·

Alla maggies, dis nou ‘n feel good Friday berig!! Baie bly jy is ok!!

Erika ·

En plaaswerkers word waarskynlik geintimideer om Informasie oor mense in huis te kry sodat Hulle dit kan gebruik tot hulle voordeel waneer hulle die moord pleeg
Cyril Weier om plaas aanvalle te erken en iets daaraan te doen of skuldiges aanspreeklik te hou -As jy integriteit openbaar kan jy nie n draad sitter wees of half in een kant of Half in ander kant wees nie. .Aanspreeklikheid is n ou probleem van die Spul

E ·

Pieter Swart jy is self ‘n leeu. Om so te kon optree in ‘n baie slegte situasie. NOTA aan inbrekers/aanvallers en/of moordenaars, moenie moeilikheid soek met ‘n leeuboer nie. Maar ja ek is trots en bly dat jy dit gemaak het. Natuurlik is ons dankbaar vir ons hemelse Vader wat jou in die posisie geplaas het om te kon oorwin.

Adri ·

Meer sulke suksesverhale gaan mebring dat aanvalle afneem. Vrees is al wat die misdadigers gaan afskrik.

Alet ·

Baie mooi so! Sê net. Hierdie tannie kan lekker bak en brou. Sal vir jou kom huishou tot jy gesond is. Jy is ‘n seun so na my hart. Sterkte en hoop jy herstel sommer vinnig.

Casper ·

Iets maak nie sin nie.Hy het 3 geskiet.’n Ander man wat elders wag gestaan het is ure later in hegtenis geneem.Die vierde verdagte is nog soek.Die slagoffer is met ‘n mes in die nek en kop gesteek.In ‘n ander berig word die slagoffer vir 3 moorde gearresteer en drie ander mense vir sameswering om moord te pleeg.Die slagoffer is in die hospitaal opgeneem.As die vier hom aangeval het kon hy mos skiet of mis ek iets.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.