Parlement diep bekommerd oor SAPD

Argieffoto Foto: SAPD, Facebook

Die parlementêre portefeuljekomitee vir polisie sê hy is diep bekommerd oor die “onstabiliteit” wat binne die Suid-Afrikaanse polisiediens (SAPD) heers.

Tans heers onder meer kommer oor ’n kritieke dog vakante pos in die polisiediens sowel as korrupte polisiebeamptes op senior bestuursvlak. Die komitee het Donderdag sy mond hieroor uitgespoel ná ’n inligtingsessie van die minister van polisie, Bheki Cele, en die senior polisiebestuur voor die komitee.

Tina Joemat-Pettersson, voorsitter van die komitee, sê in ’n verklaring haar komitee is veral bekommerd oor die pos van afdelingskommissaris van die polisie se misdaadintelligensie-afdeling wat tans vakant is.

Dié pos is sedert Desember vakant nadat die betrokke persoon na ’n ander afdeling oorgeplaas is.

“Dit is net logies dat wanneer jy iemand uit so ’n kritieke posisie verplaas, die persoon binne redelike tyd vervang word,” sê Joemat-Pettersson nou.

Dit is ook in die inligtingsessie bekend gemaak dat daar sedert Mei 2011 altesame 12 waarnemende aanstellings in die betrokke pos gemaak is. Joemat-Pettersson het dié feit as “onrusbarend” bestempel.

Probleem lê by bestuur 

Die parlementêre portefeuljekomitee vir polisie het voorts gesê te veel grootkoppe in die polisie benadeel die res van die polisiestelsel.

Volgens die komitee is daar te veel polisiebeamptes in senior bestuursposte en hopeloos te min op voetsoolvlak – by polisiestasies – wat veroorsaak dat die polisie nie sy mandaat doeltreffend kan uitvoer nie. Luidens die verklaring is daar tans net een polisiebeampte vir elke 327 Suid-Afrikaners terwyl die polisie misdaad met al minder geld moet bestry.

Maroela Media het vroeër vanjaar berig die SAPD se begroting sal oor die mediumtermyn van R99,6 miljard in die 2020-’21-boekjaar tot R97,1 miljard in 2023-’24 daal.

Joemat-Pettersson erken dat daar wel vordering gemaak word met die herstruktureringsproses van die SAPD en die komitee is vol moed dat die proses sal lei tot ’n nuwe organisasie wat in staat is om sy mandaat doeltreffend uit te voer.

Die komitee het ook sy kommer uitgespreek oor kriminele elemente binne die SAPD – veral op senior bestuursvlak. Joemat-Pettersson sê die komitee verwelkom pogings om korrupsie binne die polisie uit te roei en is ook tevrede met die afdanking van 12 senior bestuurders.

Die komitee het diegene as “vrot appels” bestempel wat die geloofwaardigheid van die SAPD negatief beïnvloed.

Die portefeuljekomitee het ook gesê daar is nog hopeloos te veel uitdagings wat die polisie se verskaffingskettingbestuur te bowe moet kom.

Die komitee het Donderdag gevra dat die wysigings aan die Polisiewet in die parlement ter tafel gelê moet word sodat die komitee bydraes kan lewer oor die Wysigingswetsontwerp en die verhouding tussen die minister van polisie en die nasionale polisiekommissaris kan bestuur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

37 Kommentare

Persheks Adri ·

Raak ontslae van Cele en julle BEE dan gaan dit klaar beter wees!!!

Anel ·

Hoeveel van die in bestuursposte was regtig in die polisiekollege? Hoeveel van hulle het behoorlik deur die range gevorder? En hoekom word blankes nie gekeur nie? Die psigometriese toetse is in elje geval ‘n klug. So begin by werwing en opleiding. Dit is waar die probleem lê. Hoekom word blankes nie bevorder nie en hoekom word hulle nie meer in senior poste aangestel nie? Al die kundigheid is besig om te verdwyn. Maar nou ja. Vroeër jare het lede van alle rasse in harmonie saam gewerk en was nie skaam om by mekaar te leer nie en om mekaar te ondersteun nie.

Casper ·

Die vrot appel wat alles vrot maak moet verwyder word.Oom met die hoed was as kommissarisse afgedank a g v korrupsie en woerts warts word hy minister.So dit lyk my as jy stout is in die SAPD kry jy bevordering.To many chiefs no slaves to do the real job.

Kokerboom ·

‘n Vis vrot van sy kop af!Hierdie verrotting kom NIE van gister af!Dank die hele topbestuur van Polisise asook nuttelose ministers af !!! Daar is in elk geval hopeloos te veel generaals wat nikswerd en nutteloos is!!Hoekom neem besluite tot aksie soo lank!!Dit het reeds onberekenbare skade aan land veroorsaak!

Pieter J ·

Solank as wat die huidige minister en kommisaris aan bewind is sal daar geen verbetering plaasvind nie.

Stephanus ·

Hoekom moet komitees nou begin om die werk van die ministers te doen? Gaan daar, soos in die geval van Zuma, eers gewag word totdat daar soveel skade aangerig word dat Cele se onbekwaamheid ook deur n ander Zondo ondersoek moet word. Lyk ook meer en meer asof Cyral nie die ruggraat het om besluite te neem nie en net meer geld mors op ander organe om namens hom te regeer.

Heinrich ·

Die verotting kom vanaf die ANC en EFF en die waardes uitgeleef van bo af. Die voorbeeld wat deur alle staatsdepartemente gestel word is swak, die werksetiek deur alle staatinstellings is net so afgewater. Why worry…the boss is doing the same…

Werner ·

Hulle moet eers by die parlement begin en van die hele lot ontslae raak voor iets in hierdie land sal verbeter

Delene ·

My oorlede eggenoot, ‘n trotse en gerespekteerde Offisier, draai in sy graf om, oor die hedendaagse SAPD……..

Persheks Adri ·

“Luidens die verklaring is daar tans net een polisiebeampte vir elke 327 Suid-Afrikaners terwyl die polisie misdaad met al minder geld moet bestry.”

Nog ‘n rede dat hulle ons nie kan beskerm nie en nie mag ontwapen nie!!! Ons kan na onsself ook kyk hoor!

Anoniem ·

Gaan daar daadwerklik iets rondom dit gedoen word? Twyfel, want as dit top struktuur wankel, dink hoe val diè onder dit!

Misky ·

Dis nie nuus vir ons nie, Mev Joemat Pettersson. Ons, die gewone publiek het dit al laaaankal geweet en gesê

Tino ·

Nou eers, wonder wat het nou skielik verander?

Julle het hulle dan aangestel, salaris trekkers met geen kwalifikasie nie onder die dek mantel van SEB

ES ·

Die probleem is ALLE bestuur by die polisie – maar veral Cele. Hy is totaal onbevoeg vir sy pos.

Herman L ·

Dit is ‘n positief dat die parlement begin besef dat daar geen vordering gemaak sal word met die uitroei van korrupsie en diens aan wetsgehoorsame burgers nie, tensy die vrot appels van bo af uitgeroei word. Hopelik sal hulle nou begin om werk te maak daarvan.

Anoniem ·

Dit is in baie gevalle veel makliker om van vooraf te begin as om te probeer regmaak, so begin van vooraf met behoorlike keuring, opleiding en aanstellings. Raak ook ontslae van al die nuttelose bagasie wat julle ronddra, veral die minister en sekere kommissarisse.

Pieter ·

En sou hou die ANC sirkus aan en ons moet hulle selarisse betaal. Tyd dat ons wakker skrik en die ANC se geld krane begin toe draai.

Johann ·

Afrika Tyd…… Dit gaan baaaaaie lank vat…. as dit ooit gaan gebeur, HOE gaan hulle dit doen???? Dis hulle tjommies, ons sal onsself kyk en beskerm.

Dup ·

Al die sogenaamde komitees is “verbaas”oor die onstabiliteit in die SAPD.Ons is egter glad nie verbaas nie….ons is eerder verbaas oor die feit dat dit so lank geneem het om by daardie punt uit te kom.Die meerderheid van staats en semi staatsinstellings is lank reeds verby die punt dat hulle enigsins gered kan word.Die land sink net al hoe dieper in die moeras van onbeholpenheid in.Noem ñ mens n ding op die naam word jy ongelukkig as rassisties of “counter revolutionary” uitgekryt.Die waarheid maak baie seer!

Johannes ·

Komitees on ondersoeke te doen en aanbevelings te maak n ander manier om nog pelle in diens te neem

Corrie ·

Hulle is meer bekommerd oor die verkiesing as die korrupsie.

KB ·

Nóú eers?
Ek is al bekommerd sedert die aanstelling van die minister!

Nie Verbaas ·

Net 12 afgedank. Wat van die minder ywerige en korrupte beamptes by die polisiestasies?

Deon ·

Ek is diep bekommerd dat dit die parlement so lank vat om diep bekommerd te raak

annie ·

CR is net ‘n ligte briesie wat hier en daar ‘n blaartjie roer en dan weer verder speel. Geen diepte nie. Hy is te verhewe om hom met gewone probleme te bemoei. Dis die taak van sy eerste minister wat hy nog net nie aangestel het nie… Hy dink nog. Cyril beweeg net in die kring van wêreldleiers wat hom as ‘my friend’ aanspreek. En so sal die windjie waai totdat alles in rook opgaan.

Jack ·

Nou ja pettersen se reputasie is ook nie so wonderlik nie. Om nou na byna 30 jaar bekommerd te wees oor die polisie is natuurlik lagwekkend maar ook maar net wat ons kan verwag van kader ontplooing en korrupsie wat hand aan hand loop.

Sarel ·

Rerig ???? Toe gevra is dat van Cele ontslae geraak moet word was niks gedoen nie. Die Zuma kamp beskerm hom steeds saam met Dlodlo en die Minister van Verdediging. Vraag is sal die Polisie…die Weermag….en Suid Afrika ooit kan herstel

Douw ·

Ek was jare terug baie trots om my polisie uniform te dra!! Vandag sal ek te skaam kry om blou te dra!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.