Parlement moet Eskom-korrupsie ondersoek, maan DA

(Argieffoto: GCIS)

John Steenhuisen, leier van die Demokratiese Alliansie, het Dinsdag die speaker van die nasionale vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, skriftelik versoek om dringend ʼn ad hoc-komitee aan te stel oor ernstige bewerings van ANC-korrupsie by Eskom.

“Die voormalige uitvoerende hoof van Eskom, Andre de Ruyter, se onthullings verlede week in ʼn onderhoud met eNCA dui op ʼn korrupte netwerk van ANC-kartels by Eskom-kragstasies, die hartklop van die land se ekonomie. Sommige bewerings dui op die betrokkenheid van individue wat tans in pres. Cyril Ramaphosa se kabinet dien.”

Steenhuisen sê die land moet die volle waarheid weet. “Die bewerings dui daarop dat die ANC sistemies die land se kragnetwerk saboteer om sy eie korrupte doelwitte te bereik. As dit die waarheid is, kom dit neer op hoogverraad – onvergeeflike optrede deur die regerende party.”

Steenhuisen meen die parlement moet die voortou neem en ʼn deeglike ondersoek van stapel stuur na die volle omvang van die ANC se kriminele kaping by Eskom. “ʼn Ad hoc- parlementêre komitee sal die mag hê om enige individu te dagvaar om voor hom te verskyn en vrae te beantwoord, insluitend mnr. De Ruyter self. Die ondersoek sal die mag hê om aanbevelings te maak vir verdere optrede, gebaseer op getuienis en bewyse.”

Die vraag oor of ʼn ad hoc-komitee aangestel moet word, sal op 16 Maart gedebatteer word en ʼn stemmery sal uitgebring word.

“Die ANC het luidkeels betrokkenheid in korrupsie by Eskom ontken. As die regerende party inderdaad onskuldig is, dan sal hy beslis die DA se versoek ondersteun om ʼn ad hoc-komitee aan te stel – om sy naam te herstel en ook om die ware skuldiges te onthul. Dit moet die eerste tree wees om die kriminele kaping van ons instansies en staatsbeheerde ondernemings deur die ANC en die ANC-geskepte beurtkragramp tot ʼn einde te bring.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Termiet ·

So, die skelms moet hulle self ondersoek? Verstaan ek nou reg?

Republikein in die Wes Kaap ·

Jip, ons het tot ‘n baie lae vlak gedaal. En ons gaan nog verder daal.

JohanR ·

Dit is soe Termiet. ANC ondersoek ANC en vind ANC nie skuldig. Lekker ne!

Althes ·

Komitees op komitees om ANC kaders te ondersoek wat miljoene rand aan salarisse verdien en veronderstel is om hul werk te doen.

Delia ·

Ondersoeke, bla bla arrestasies, borg. WAAR IS DIE TRONKSTRAF. THATS MY QUESTION

Suid-Afrika Eerste - Vrydenker Vlakvark ·

Viva vir die ANC se rommelbestrooide besoedelde Mafia Varkhok Mzansibabwe waar almal gelyk is maar die ANC-Mafia Ingelyf se aandeelhouers gelyker is as die eerbare Suid-Afrikaners. Wat het in Suid-Afrika geword van wedersydse respek gebaseer op die waarheid, eerbaarheid en geregtigheid? Cyril Ramaphosa, ek het geen vertroue in en respek vir u as leier nie. Finish en klaar.

Chris ·

Daar bestaan nie woorde soos wedesydse respek, waarheid, eerbaarheid en geregtigheid in hul woordeskat nie. Belastingbetalers moet maar net weer uithaal en wys vir die kommittees

Owlie ·

Onafhanklike ondersoek met geen party lede moet in gestel word. Hoe kan men’s die wat oostaan teen bekendmaking van korrupsie aanstel om hulaelf te ondersoek?
Afriforum en Valke hoort hier saam te werk

Amelia ·

Ag wat help ondersoek op ondersoek gaan dit weer ma ar verloop soos met zumpie

anko ·

Valke??? Liewers heeltemal iemand onafhanklik al is dit ook iemand van oorsese wat geen bande het met regering moet Eskom ondersoek

gpsa ·

Kanse is beter dat die kultuur minister van Kazakstan hierdie verder sal ondersoel as ons parlement

Wildemien ·

Ag toggie, DA. Die “parlement” kan nie eens sy eie stoelgang ondersoek nie.

annie ·

So draai die wiel, nê? Die ou VP het die NP’s gepeper met tamaties tydens politieke vergaderings. Waarom bring die DA nie nou hul tamaties na die parlementsittings nie? Dit sal mos lekker jolig gaan, veral so in die ou stadsaal wat seker nog die goeie ou dae kan onthou … Die EFF sal sekerlik meedoen?

Kensy ·

Dus soos om te vra die blinde moet nie swak siende uit die moeilikheid uit lui… Die Parlament IS die probleem by ESKOM! as die Staats presedent se dat dit nie SO SLEG is om op die gryslys geplaas te word nie, moet daar erenstige ROOI LIGTE begin flikker!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.