Parlement móét werk voortsit – Steenhuisen

Dei DA sê dit is belangrik dat die parlement sy werk ten spyte van die tragedie voortsit. (Foto: Stad Kaapstad)

Verskillende betrokkenes moet ophou om die skuld vir vandeesweek se verwoestende brand by die parlementêre kompleks in Kaapstad op iemand anders te wil pak en moet aanspreeklikheid vir hul onderskeie rolle begin aanvaar.

“Wat ons oor die afgelope paar dae gesien het, is heelwat blaamverskuiwing,” sê John Steenhuisen, leier van die DA.

“Ons moet uitvind hoekom die brand uitgebreek het, hoe dit versprei het en hoekom dit so ongebreideld versprei het. Watter stelsels het gewerk en watter nie?”

Oor die inhegtenisneming van ʼn verdagte in verband met die brand het Steenhuisen gewaarsku dat daar nie ʼn sondebok van iemand gemaak word nie. Hy sê ná die opspraakwekkende inbraak by die kantoor van die hoofregter vroeër is verskeie hoëprofiel-inhegtenisnemings gedoen. Daar het volgens hom uiteindelik niks van die sake gekom nie.

Steenhuisen het Dinsdag gesê dit is uiters belangrik dat die parlement sy werk voortsit en dat die staatsrede soos beplan gelewer word. “ʼn Werkloosheidskoers van 42%, ʼn parlement wat afgebrand het en ʼn ekonomie in ʼn spiraal. Die parlement moet sy sake voortsit sodat die kwessies wat die meeste vir Suid-Afrikaners saak maak, getakel kan word.

“Dit is belangrik dat sake nie deur hierdie tragiese gebeure ontspoor word nie. Soos ʼn feniks hoop ons dat ons parlement ook uit die as herrys.”

Nie net is die parlement die tuiste van talle kunswerke, artefakte en literêre werke nie, dit is ook die setel van nasionale debat en ʼn plek waar geskiedenis gemaak word. Sommige van die land se beste oomblikke – en sommige van die slegste – het daar afgespeel. Die DA-leier sê indien die brand soos sommige aanvoer ʼn aanval op die demokrasie is, is die beste teenvoeter daarvoor dus om te verseker dat demokratiese stelsels voortgesit word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Mieliestronk ·

Zip Zap Sirkus tent daar naby as hulle ‘n dak soek

SlinkseKoljander ·

Niks sal van dit kom nie die ANC sal alles onder die mat in vee, en dan een van hulle families aanstel om die gebou teen R1 biljoen reg te maak. Ons wereld sal soveel beter wees sonder die mense op ons aarde.

Philip ·

Waarom al die moeite doen laat maar eerder GODSWATER oor GODSAKKER loop hoe vinniger die algemene publiek ophou om hulle te verknies oor sulke gebeure hoe gouer sal algehele en totale ineenstorting plaasvind.

Pablo ·

So op die vooraand van die Zondo Kommissie se verslag oor bedrog en diefstal. Dit laat n mens wonder.

Johanncb ·

As die inbraak agv gebrekkige sekuriteit was, moet daar teen die betrokke partye opgetree word.

Johan ·

Ek hou van die opskrif, het die parlement al ooit “gewerk” :) jammer die gespuus wat in die parlement werk het nie ook maar vergaan nie. Al ooit gedink wat sal gebeur as die regering, parlement en al oornag verdwyn: dit sal orde dele beter gaan!

Martie Smartie ·

Wat n joke. Binne minder as n jaar brand en plunder die volkie die helfde v Natal en die ANC sirkustent af. Who cares anyway. Daar is so te se sweet blou all oor van wat tot en met 1994 opgebou is. So gaan maar voort, leef die african dream my volkie

Deon ·

Maklik, gebruik julle ander gebou daar in Gauteng tot hierdie een weer reg is…. Julle gaan aan asof alles in ons land rondom die gebou gaan, alhoewel dit tragies en n slegte ding is wat gebeur het, is dit regtig nie die einde van die wereld nie…. Kom asb net by en hou op om dit so krom te trek.

Nie Verbaas ·

En Steenhuisen blah blah blah alweer. Net nog n ANC pion.

annie ·

John vra nou vir ‘n onafhanklike ondersoekspan wat mens laat wonder of daar al klaar weer nepotisme in omloop is en rampe vir maatjies tot voordeel. Om sulke gebeure reg te evalueer is nie ingebed elke opportunis se etos nie hoewel dit groot geld beteken. Die minister loop op dun ys. Sy moet oppas.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.