Partye gereed om NGV op alle vlakke te beveg

Foto bloot ter illustrasie. (Foto: Kenny Eliason/Unsplash)

Verskeie partye en organisasies het aangedui dat hulle gereed is om alles in die stryd te werp teen die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV).

Die Wetsontwerp oor die NGV is Dinsdagmiddag in die parlement goedgekeur.

Solidariteit het gesê hy berei voor vir ʼn groot hofsaak teen die regering  se planne vir die NGV.

“Die jongste wetgewing gaan beslis in die hof uitgedaag word. Solidariteit het reeds sy kommentaar op die voorgestelde weg in die vorm van regstukke opgestel. Ons het van die begin af besef dit gaan waarskynlik in die hof getoets word,” het Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, gesê.

“Die regering se planne om gesondheidsorg te kaap is onbekostigbaar en nie uitvoerbaar nie. Dit gaan lei tot ʼn groot uitvloei van gesondheidspraktisyns. Die regering het reeds misluk met die openbare gesondheidsorgstelsel en wil nou op nog ʼn groter skaal misluk. Hulle het ʼn geskiedenis van mislukking van staatsondernemings en daar is geen rede waarom hierdie poging nie ook tot groot nadeel van Suid-Afrikaners sal wees nie. Dit gaan ʼn reusehofsaak wees.”

Die burgerregteorganisasie AfriForum het die parlement se besluit om die nuwe wetsontwerp oor die NGV te aanvaar, ten sterkste veroordeel. Dié organisasie het ook reeds ʼn span van die land se topregskenners, ekonome en mediese kenners saamgeroep om die wetgewing op alle moontlike vlakke teen te staan.

Volgens AfriForum is die NGV net nóg een van die lugkastele wat die ANC-regering gebou het met die doel om stemme te werf vir volgende jaar se nasionale verkiesing.

Die huidige openbare gesondheidstelsel is besig om aan sy ANC-toegediende wonde te beswyk, tog wil die regering nou alle landsburgers dwing om nog verder afhanklik te raak van die staat met hul kultuur van wanbestuur.

Die resultaat gaan wees dat medici die land verlaat, pasiënte sterf en kaders verder verryk word deur korrupte mediese kontrakte.

“Mense het gedink beurtkrag is erg, maar hierdie beleid gaan lei tot beurt-gesondheidsorg,” sê Jacques Broodryk, woordvoerder vir AfriForum.

“Boonop is daar geen manier hoe die reeds oorbelaste belastingbetaler die staat se nuwe droom sal kan finansier nie. Dink jy vir een oomblik die parlementslede wat die wetgewing deurgevoer het, gebruik staatshospitale wanneer hulle siek is? Nee, hulle gebruik net die beste privaat hospitale of reis selfs oorsee vir mediese behandeling.”

Sakeliga het gesê hy beskou die wetsontwerp as nie uitvoerbaar nie, onwerkbaar en skadelik. “Dit ondermyn die ekonomie, gesondheid en die samelewing in geheel.

“Ons beklemtoon dat vasberade teenstand deur organisasies in die sakewêreld en burgerlike samelewing die NGV se vordering met jare kan vertraag en genoeg tyd kan wen om die inwerkingstelling daarvan te voorkom,” het Piet le Roux, uitvoerende hoof van Sakeliga, gesê.

“Tussen die wetsontwerp se inwerkingstelling lê nie net vele verdere wetgewende prosesse nie, nie slegs verskeie politieke verkiesings nie, en nie alleen verskeie rondes van litigasie nie, maar uiteindelik die onwrikbare opposisie van verantwoordelike sake- en ander burgerlike organisasies wat opstaan soos nooit tevore nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

KatjieDeKat ·

Die NGV bedreig die lewens van die miljoene wat vir n mediese fonds moet betaal om kwaliteit mediese sorg te kry. Ek dink n klas aksie deur al daardie miljoene behoort ook te help om hierdie lewensgevaarlike waansinnigheid te stop. As ons dit nie nou doen nie, is ons kinders en kleinkinders verlore. Kan Solidariteit hul asb daarop toespits? Ons wat betaal vir mediese fondse het die reg op kwaliteit diens by privaat hospitale, ons betaal daarvoor, Plus inkomstebelasting – wat die staat in die eerste plek moes gebruik het om staatshospitale op pre-94 vlak te gehou het!! Dis nie ons skuld dat hulle so aangejaag het dat staatshospitale nou pateties ontoereikend is nie!!

Toergids ·

Ek is gewoond daaraan om in toue te staan om ‘n suster te siene te kry, met NGV gaan ek of by ‘n privaat hospitaal kan instap vir 5 ster diens, of ek gaan baie interessanter geselskap kan in die tou ry

Cherokee ·

Anders gestel, jy is heel opgewonde daaroor dat ander wat beter beplan het as jy, gedwing word om in dieselfde boortjie te vaar as jy. En dan sal jy in die ‘tou ry by beter geselsskap’ voorgee dat jy ook daarheen gedwing is.

Nicholaas ·

Jy is heeltemal reg tot en met dit ook alles in duie gestort het dan gaan ons almal weer in lang rye staan vir patetiese behandeling.

Koos 100 ·

Indien jou opmerking nie sarkasties bedoel was nie, gaan lees gerus op. Bykans geen doktor in hierdie land aanvaar BAD pasiëente nie. Hoekom nie, want die staat betaal hulle nie. Nou gaan ALLE doktor deur die staat betaal moet word. Malheid!!!!

lodewyk ·

Dit sal nie werk nie,dit gaan n groot ramp wees -Kry eers die staats hospitale en klinieke reg,raak ontslae van die bedrog spul en klomp mense wat nie wil werk nie,voor julle eers daar aan wil dink cANCer…

Moedeloos ·

Dis juis wat hul beplan met hiedie wetgewing. Ons aan vir n ruk lank n verpligte premie betaal om mediese staatsorganisasies te upgrade en dan eers baie jare later kan die landsburgers van hierdie diens gebruik maak. Die ANC is uitgeslape en praat nie reguit hieroor nie.

Anel ·

As die staatshospitale op standaard gehou was, sou dit nie nodig gewees het ngv nie. Gratis medies is klasr vir almal bedkikbaar maar waar kom die geld vandaan? Almal wil alles verniet hê, maar iewers moet die geld vandaan kom. Universiteite moet gratis wees maar waar moet die geld vandaan kom om die dosente te betadl? Hulle gaan nie verniet werk nie. So ook die medies personeel. Sal die regering verniet “werk”? Vat ‘n bietjie daardie buitensporige “salarisse” en voordele weg en kyk wat gebeur?

Philosopher ·

Ek hoor, maar ek verstaan nie. Die huidige mediese stelsel werk ook nie. Wie se mediese fonds hou langer as 3 maande? Meeste mense is net op ‘n hospitaal plan!!!! Eenvoudige en herhalende prosedures word nie gedek nie, maar is onbekostigbaar duur. Jy vrees om enigsins siek te word as jy nie kan betaal nie word jy vir die wolwe gegooi jy moet eers betaal voor jy versorg word. Seker is dit reg val die regering aan want hulle is korrup maar kom met ‘n beter voorstel. Ek koop medisyne 5 maal goedkoper oorsee en sonder ‘n dokters voorskrif????? Daar is verseker in die mediese stelsel iets drasties verkeerd. Dit is defnitief nie ‘n wen wen situasie nie. Die publiek word uitgemergel en die medici word net ryker????? Elke antwoord skep ‘n moeiliker vraag????

Republikein in die Wes Kaap ·

Almal word geboor. Dié met mediese fondse en dié wat op die staat steun.

Cherokee ·

‘Wie se mediese fonds hou langer as 3 maande..’ vra jy? Ek is nou vir 33jaar by dieselfde mediese fonds. Was sowat 2 jaar gelede in St Augustines vir ‘n operasie, en die koste was meer as R20,000 per dag vir verblyf alleen. Bykomend moes die spesialis betaal word wat ‘n adisionele ± R10,000 was. Totale koste (3 dae verblyf) was ± R70,000.
Mediese fonds tarief bietjie meer as R5,000 pm vir 2. Dit is meer bekostigbaar om maar die 5000 pm te betaal.

Anel ·

Weet nie in watter land jy is nie, maar ons kinders op die oomblik in 2 verskillende oorsee se land. Kan niks so der voorskrif kry nie en alles amper onbekostigbaar! En dit is met ‘n mediese fonds. Sonder medies, dieselfde! Niks is verniet nie!

annie ·

Die ANC met sy marxistiese beleid wil die bankrekeninge van private mediese dienste leeg suig. Ons weet dit is rede agter alles. Die party glo ook dit sal groot hoeveelhede kiesers inbring vir die voortploeter en ‘oorlewing’ van die party. Howe kan net beveel wat die grondwet toelaat maar dit waarborg ook niks. Die ‘ander partye’ wil ook oa kiesers wen en probeer nou met die donderweer kompeteer. Dit sal in ‘n stink spul eindig. Ons weet dit ook.

Johan ·

Selfs met die wonderlike mediese Wetenskap wat die mens tot hul beskikking het in huidige dae, moet eerlike mense erken dat baie hospitale in Suid Afrika n plek is waar jong mense sieker uitkom en ouer mense uitgedra word in baie gevalle. En dit sluit n paar privaat hospitale in. Sou die regering alles oorneem, sal selfs die duiwel sy kop in skaamte sak.

Wonder ·

Hoekom los hull nie die “privaat medies” uit nie en konsentreer om die staat hospitale reg te ruk nie, nee want hull wil nie net n gedeelte koek hê nie.

Koos 100 ·

Die privaat hospitale se geld moet die staatshospitale red. Dan as die geld op is, is beide in hulle dinges in.

Truthful ·

Dis Sal nie gebeur nie… Anc probeer… HIGHCOURT will. Sort them out….

Koos 100 ·

Dis net bitter jammer dat bykans alles besluite van die regering hof toe moet gaan. Hulle voel ‘n veer vir onse mense, en doen alles on stemme te werf, om ‘n mandaat te kry om verder te plunder!

richard ·

Hoop net as die wets onwerp in gestel word dat almal dit moet gebruik nie in die buiteland mediese help soek nie

Papsak ·

Jammer staan op maak julle stem duk keer dit dit onmenselik wat hulle wil doen nou regtig hulle gaan nou te ver ontoelaatbaar asb

Yvonne ·

As daar maar net EEN sukses verhaal was?????? Maar daar is nie……my gebede is met julle wat so veel doen vir ons land se behoud….STERKTE

Lillian ·

Hierdie sal nie werk in SA nie. Soos alles anders gaan hierdie ‘n gemors wees en die belastingbetalers moet die gelag betaal. Die enigste rede hoekom die patetiese regering dit wil instel is om stemme te verseker vir die vlg verkiesing in 2024. Dit ís nie volhoubaar nie. Kry dit in jul koppe!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.