Pasgebore baba by hospitaal gesteel

Chris Hani Baragwanath-hospitaal Foto: Thabiso Makelo, Panoramio (Gelisensieer onder Creative Commons)

’n Pasgebore baba is Donderdag uit die Chris Hani Baragwanath-hospitaal in Soweto, Johannesburg, gesteel.

Volgens Lesemang Matuka, woordvoerder vir die gesondheidsdepartement in Gauteng, wys beeldmateriaal van kringtelevisiekameras by die hospitaal hoe ʼn vrou gistermiddag gedurende besoektyd in die hospitaal sonder ʼn baba rondgedwaal het. Later word sy egter gesien waar sy met ʼn baba, toegevou in ʼn pers kombers, uit die kraamsaal van die hospitaal loop.

Die vrou word dan ook saam met twee moontlike medepligtiges in die beeldmateriaal gewaar waar hulle na die OTM’s van die hospitaal loop en dan die baba se kombers met ʼn ander een omruil. Die vrou verdwyn hierna met die pasgebore baba uit die hospitaal.

Die verdagte het ʼn blou denim, wit langmou-hemp en visplakkies tydens die voorval aangehad, het Matuka in ʼn verklaring gesê.

Dr. Bandile Masuku, nuutaangestelde LUR vir gesondheid in Gauteng, het gesê hy is teleurgesteld met die veiligheid by die hospitaal en het onderneem om geen steen onaangeroer te laat op soek na antwoorde rakende die baba se ontvoering nie.

“Ek het ook reeds die ma [van die baba] en haar familie ontmoet en berading sal aan hulle gebied word. Ek is hoopvol dat die verdagte vasgestrek sal word en die kind ongedeerd gevind sal word,” het Masuku gesê.

Die beeldmateriaal is reeds aan die Diepkloof-polisiestasie oorhandig waar ʼn saak aanhangig gemaak is, het Matuka gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Nel ·

Enige ma se ergste nagmerrie! Hoop maar die baba word gevind.

Johan ·

Publiseer die beeldmateriaal op sosiale media dat almal kan sien hoed die vrou en haar mede skurke lyk dan sal sy vinnig opgespoor word

spore ·

Presies wat ek ook gedink het Johan!!!
MAROELA MEDIA, STUUR ASB VIR ONS DIE BEELDE SODAT ONS ALMAL KAN HELP SOEK, DIS ONTSETTEND WREED, DIE ARME ARME MA, EN ARME ARME BABATJIE, MAAK DIT VINNIG ASSEBLIEF, VOOR DIE KIND NA EEN OF ANDER GENESER TOE GENEEM WORD!!!!!!

SwartBees ·

Ooits, My vrou het gister n blou denim, wit toppie en bybel boots aangehad, ek hoop nie sy is n verdagte nie? (Hahahaha)

Cherokee ·

Ja, selfs mense wat eerder mercurochrome benodig, word beraad.

Lindtjies ·

Dankbaar die baba is gevind. Maar die personeel moes meer op hulle hoed gewees het toe ‘n vrou sonder ‘n baba daar rondgedwaal het. Ek weet in sekere hospitale kan vreemdelinge nie in die kraamsaal in gaan nie net naaste familie soos die pa en oupas en oumas word toegelaat. My voorstel is sit ‘n sekuriteits wag en kameras voor die deur.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.