Pasgeborene buite kompleks gekry

Die liggaam van die pasgebore baba is in ‘n plastieksak in ‘n asblik gekry. (Foto: ER24)

Die liggaam van ʼn pasgeborene is Dinsdagoggend in ʼn asblik buite ʼn kompleks in Lindhaven in Roodepoort gekry.

Russel Meiring, woordvoerder van ER24, het gesê nooddienswerkers was net na 10:00 op die toneel.

“Paramedici het die baba toegedraai in ʼn plastieksak in die asblik buite die kompleks gekry, maar daar was niks wat hulle vir die baba kon doen nie.”

Die kindjie is dood verklaar.

Meiring het gesê die polisie was ook op die toneel en ondersoek die voorval.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Mathilda ·

Dis absoluut onmenslik!!!! Hoekom nie eerder die baba gee aanneming nie. Dis so hartseer

Lizanda ·

Skokkend – nogsteeds leer die mensdom nie, al leef ons in hierdie tye.

Sonneblomkind ·

dit is bitter hartseer…daar sou n huis en gesin vir die baba wees

Anel ·

Jammer vir die kleintjie maar hoekom nie voorbehoeding gebruik nie, of moet sommer nie omgang hê nie. Maar nou ja, in hierdie land word dit aangemoedig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.