Pasiënt oorgeplaas ná sy matras aan die brand steek

Argieffoto

ʼn Pasiënt wat ʼn matras by die Verre Oosrand-hospitaal in Springs in Gauteng aan die brand gesteek het, is na die Sterkfontein- psigiatriese hospitaal oorgeplaas.

Dr. Constance Ndobe, ʼn dokter van die Verre Oosrand-hospitaal, het gesê hulle weet nie hoe die vrou die brand gestig het nie. “Sy is na Sterkfontein-hospitaal geneem vir waarneming.”

Ndobe het gesê niemand is beseer nie, maar van die personeel is vir rookinaseming behandel toe die matras in een van die sale aan die brand gesteek is. “Sommige pasiënte is na ander hospitale en na ander sale oorgeplaas.”

Jack Bloom, DA-woordvoerder van gesondheid, het gesê hy is dankbaar dat niemand beseer is nie. Hy is besorg dat dit vanjaar reeds die tweede groot brand is by ʼn Gautengse hospitaal ná ʼn brand by die Bheki Mlangeni-hospitaal in Soweto verlede maand. “Ek hoop dat alle hospitale hul brandveiligheid- en voorkomingspogings sal opskerp.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Adrian ·

Het iemand anders dit dalk aan die brand gesteek … Wonder net

Bekommerde ·

Dankie tog die brand is betyds ontdek
– dit moes vir almal baie traumaties gewees het.

Ons hoop dat die dame nie onskuldig gestraf word nie.

Sterkte aan all verpleegpersoneel – julle vriendelikheid maak siek mense sommer gouer gesond & laat die families minder bekommerd wees.

Baie dankie ook aan dokters wat so mooi geduldig verduidelik wat met die pasient aangaan. Ons weet almal werk onder geweldige druk en lang ure.

Bid maar vir ons hospitaal personeel van die skoonmaker tot die kok – julle is almal deel van die ketting to gesonde mense.

Janine ·

Ek glo nie, hoor! Vir BAIE jare nou al vrek sigarette sommer in mens se hand. Terloops; geen stompie gaan ‘n petroltank laat ontplof nie. Foeitog. Almal het deesdae internet….maar steeds te onnosel om te gebruik. UHG!

Hans Richardt ·

Pasiënte mag rook en dus is daar GEEN geheim dat psiagiatrie agterwee bly by Verre-Oosrand en ander staatshospitale.
Regtig, nie nuus nie.

Francois ·

Wonder of daar rook verklikkers is en waar was die verpleeg personeel wat aandiens moes wees ? Indien daar is, werk dit duidelik nie want dan sou dit vinnig onder bedwang gebring kon word.

Gert van Wierdapark ·

Sy gaan seker n “warm” ontvangs Sterkfontein kry!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.