Passasier se ysingwekkende video van Pta-vliegramp

‘n Skermskoot uit die video. Die video volg onderaan die berig.

ʼn Ysingwekkende video het aan die lig gekom van verlede week se noodlottige vliegtuigongeluk in die noorde van Pretoria.

Maroela Media het by verskeie betroubare bronne die video gekry wat deur een van die passasiers geneem is kort voor die Convair 340, met 19 mense aan boord, verlede Dinsdag omstreeks 16:30 naby Montanapark neergestort het.

Christo Barnard (54), ʼn pa van twee dogters en ʼn vlugingenieur van Sinoville, is op die toneel dood en die res is beseer. Drie mense wat tydens die ongeluk in die Moorddrift-melkery was, is ernstig beseer.

Die ongeluk het plaasgevind kort nadat die vliegtuig by die Wonderboom-lughawe opgestyg het. Op die video kan gesien word hoe rookwolke uit die vliegtuig se linkerenjin borrel voor dit neerstort. Die vlieënier wou kort ná die opstyging terugdraai na die lughawe toe, toe dit neergestort het.

Van die 19 mense aan boord was 16 passasiers en drie bemanningslede, naamlik twee vlieëniers en ʼn vlugingenieur [Barnard]. Daar was drie mense van Nederland, 14 Suid-Afrikaners en twee Australiërs aan boord.

Die burgerlike lugvaartowerheid (BLO) het ʼn volskaalse ondersoek na die oorsaak van die ongeluk van stapel gestuur en het ʼn beroep op alle rolspelers en die publiek gedoen om die ondersoekspan die ruimte en tyd te gun om die oorsaak van die ongeluk behoorlik te ondersoek. ʼn Voorlopige verslag word binne 30 dae verwag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Ben ·

Dit is erg maar kan maar net binne my lag… Dit is tiepiese boertjie – vliegongeluk, stap uit en het seker ‘n bier of twee gaan geniet… Ek was al oral in die wereld maar ons volk verstom my altyd aan ons sterkheid, dapperheid en saamstaan (in nood).
Daar is nie nog so ‘n volk soos ons s’n nie..!

Jane ·

Net baie bly daar was so min ongevalle. Tog sleg van die man wat wel gesterf het .. sterkte en simpatie aan sy gesin.

Willie ·

Ja nee kyk did angs bevange, en skote petoors regte boer seun wat moet afneem

wilma ·

Dit is net genade dat die vliegtuig nie in ‘n meer beboude gebied neergestort het nie. Indien dit langer in vlug was, sou die lewensverlies seker 100% gewees het. Innige simpatie aan Mnr. Barnard se naasbestaandes en baie sterkte aan die beseerdes.

Anoniem ·

Christo Barnard se koelkop optrede het gehelp dat daar nie meer sterftes was nie. Hy het as ‘n held gesterf.

Nadia ·

sjoe nee ek sou skree van bo tot onder hulle hanteer dit baie goed.

Lizelle Gibson ·

Dit lyk vir my na n baie rustige crash, ek het verwag om gille te hoor. As ek n passasier was sou my gille kilometers ver gehoor kon word. Baie dankbaar, dit kon soveel erger gewees het.

Emrina Holder ·

Holy moly!! Ek sou gegil het soos nog nooit van te vore nie!!!

My mening ·

Ag aarde! Iemand het ‘n video geneem omdat dit ‘n pragtige gesig is as die vliegtuig opstyg, en die vlerk in die video maak dit meer spesiaal. Hoe het hy geweet daar gaan ‘n ongeluk gebeur? ‘n SAner het ‘n video gemaak van ‘n vliegtuig wat in die see geval het, en hy is betaal vir die video!

Peanut1 ·

So n video kan waardevolle inligting verskaf aan onder soek beamptes veral as dit noodlottig was, en ons kan almal ook iets leer Die kalmte vd passasiers het ook gehelp dat daar nie groter lewens verlies was nie

RM ·

Haai julle, kyk net hoe sterk is Boere mense regtig. Hulle hou kop en bly kalm terwyl die vuur uitbreek. Ek was al in vliegtuie waar mense skree en sukkel om asem te haal vir ‘n bietjie onstuimigheid.

pieter ·

Jitte mense, nie elke dag dat iemand lewendig uit n vliegtuig ongeluk kan stap nie

Cherokee ·

Jy is heeltemal reg, pieter. Nie elke dag nie, soos jy sê. Weens genade van Bo het ek dit twee keer gedoen.

Rina van Zyl ·

Dit moet angswekkend wees jy weet jy gaan val en tog weet jy nie wat jy gaan oorkom nie. Mens kan nie se wat jy sal en kan doen in so n situasie nie

Doris Gouws ·

As ek hoor van vlieg ongelukke soos hierdie vliegtuig dan wonder ek hoe het die polisie
wat in 2010 in daardie SAP Helikopter was wat het hulle in die laaste oomblikke gedoen en te kere gegaan toe hulle sien daar is geen beheer oor daardie helicopter en hy gaan die grond tref en ontplof. Dit moet hart verskeurend gewees het. Ek kan net vir die naasbestaandes se my innige meegevoel.

JAN ·

Oeee baie erg. Meganiese probleme van ou tegnologie.
Die vreeslikste vrees is dat die loods per abuis die verkeerde enjin se brandstof toevoer gesny het. Dis nog altyd ń fobie onder ons vliegtuigmense. Self 1500 vliegure
Ai! Tog!

humor ·

Daai oomblikke is dit nie tyd vir gil nie. Laat sak jou kop en bid en vertrou jy sal op die regte plek weer jou oopmaak. Baie eer aan ons VADER en hulde aan die loods,

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.