Pastoor ook vas ná sakeman se moord

Ntau Lucas Mokoena (Foto: Facebook)

’n Pastoor het Maandag in die landdroshof in Bloemfontein in die Vrystaat verskyn in verband met die moord op die plaaslike sakeman, Ntau Lucas Mokoena.

Volgens lt.kol. Thabo Covane, woordvoerder van die polisie, is die pastoor (31) Vrydag deur die Parkweg-polisie in die stad in hegtenis geneem. Hy is die tweede verdagte wat in verband met die moord op Mokoena (51) verlede maand in hegtenis geneem is.

Maroela Media het vroeër berig ʼn familielid is kort na die moord in hegtenis geneem op aanklag van sameswering tot moord. Die familielid is sedertdien geïdentifiseer as die oorledene se vrou, Kelebogile Louisa Mokoena (51).

Mokoena is in Julie vanjaar in sy huis in Schenagelsingel in Fichardtpark doodgeskiet. Sy vrou was die betrokke aand in die hoofslaapkamer en hy in die badkamer toe hy deur twee gewapende mans oorval is. Hy is na die slaapkamer gesleep waar hy voor sy vrou in die kop geskiet is.

Sy word daarvan verdink dat sy twee mans gehuur het om haar eggenoot te vermoor.

Covane wou nie in die stadium meer inligting bekend maak rakende die pastoor se verbintenis aan die moord nie aangesien die ondersoek in ʼn sensitiewe stadium is.

Covane het wel gesê die verdagte se aansoek om borgtog is gister in die hof uitgestel. Hy sal weer op 8 Augustus in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Wegbly ·

Moet nou nie van kerk af wegbly omdat pastore en dominee sonde doen nie ons gaan nie kerk toe vir mense nie maar vir God

Nee Wat ·

Nie gebreinspoel nie

Dit is nie alle kerke nie jy veralgemeen nou. Die kerk is vir sondaars of huigelaars of wie ookal.

Gert van Wierdapark ·

Elke tweede ou roep hulself deesdae mos ‘n Pas-Toor as hy ‘n dosyn volgelinge het, en’ n “Quick Buck” wil maak!

Mic ·

Baie waar Gert. Crash course van 6 maande en jys ‘n pastoor

# ·

Pastoor word verdink/betrokke by nog ‘n huurmoord op n ander dorp

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.